Soos ballas aan ‘n

In Briewe deur griffinRek jou bek

 

Heita Tjina

Ek smaak maar ek drop vir julle 'n hoesit. Net om te sê hoe dit deesdae in Jo'burg hang. En weet julle wat? Dit HANG! Soos ballas aan 'n stoetbul.

Julle sien, hierso maak die mense nie lekker uit van 'n vleisie tên en 'n kap maak nie. Nee, hulle hang. By die malls, by die checkers, in Melville… En die lani jup-gatte doen dit in Rosebank en Hyde Park. Maar almal is altyd fokken oorals, so ek scheme daar is niemand by die huise nie.

G'n wonder een of ander bergie het net die anner aan my chariot se agterruit gebreek net om my boombox te gaps nie. Met my fokken Kenny Rogers CD daarin! Die poes het tien teen een nie eers geweet ek is by die huis nie. Hy't seker gedink het hang êrens.

Op 'n ander tune…

Ek hang die ander dag saam met 'n paar gabbas in 'n bar uit. Ordentlike geselskap – jy weet, die voor wie jy saggies poep, maar nog steeds smile as hulle wonder wat de fok stink nou so? Maar hulle is almal mense met grate en regte jobs. Slim etters.

Toe scheme ek ek gaan smart wees en vir hulle 'n joke tune. 'n Lekker vuile om die poepholle bietjie te relax. En ek gooi een wat ek op julle saait gelees het. En ek maak seker om 'n paar "fokkens" by te las en te eindig met 'n lekker "Poes!" vir dramatic effect. En almal as doodstil – soos dit hoort. Maar in plaas van 'n stunned silence gevolg deur 'n natpis-lag, is dit net stil.

En almal kyk vir my of ek op vier van my fokken fiets afgeval het en my kop te hard vir die tarmac 'n hoezit gegooi het.

Toe scheme ek maar hulle smaak nie van vuil grappe nie. Totdat die een ou sy keel skoonmaak en my saggies aan my arm vat (soos die dominee op die kerkkamp wat vir jou sê "Ek verstaan hoe jy voel"):

"Dis bietjie oud, bra, dit kom uit die vorige issue uit…"

So, net sodat julle weet: Ons lees julle, en ons dig julle lekker.

Lekker chinas!

Groete uit Gemorra. Geniet Sodom.

Bra Sieb

 

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSoos ballas aan ‘n

Gooi Comment