Polio: Die verhaal van die Verdiende Loon

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Verlede Vrydag het Audi en die Prince's Trust besluit hulle partytjie is nie kompleet sonder Watkykjy nie. "Jy en jou squeeze word kordiaal uitgenooi na 'n dag van polio, son en savier en natuurlik soveel sjampanje soos wat jy kan wegslaan in een middag", is wat die kaartjie min of meer gesê het. Die PR chickie van Audi het getune ons beter suits dra en smart lyk – dis nie Gezina se jaarlikse Mandjiedans by die stadsaal hierdie nie. O en die chauffeur kom ons Sondag oplaai en laai ons by die plek af.

Cool skiem ek en begin om 'n paar van my meer gesiene vriende te bel en te vra of ek 'n suit by hulle kan leen. Het ek gesê gesiene vriende? Ek bedoel ouens wat vir die staatsdiens werk. My een buddy het 'n suit gehad wat ek kon leen maar even Germiston se verkeerspolisie sou my in 1984 by hulle jaareindfunksie die deur gewys het as ek met daai silwer pakkie daar uitgeslaan het. Hulle sou my sommer nog 'n fine ook geskryf het oppad uit. So toe bel ek maar 'n ou wat ek ken wat 'n drug dealer is. Sure bra tune hy – wat soek jy Armani, Versace, Boss of custom? Custom skiem ek toe want mens wil mos nie soos al die ander mense lyk nie. (Respek en bigup vir die bra vir die sponsorship van sy suit, sorry oor die gat in die baadjie.)

Ok suit gesort en Sondagoggend park daar 'n splinternuwe Audi 8 voor ons deur met 'n drywer wat die deur vir ons oop hou. Mense loer by die vensters uit met oop monde. Leather upholstery, 'n TV screen, navigational system en 'n fokof enjin wat lê en purrr net agter die dash. Ons is daar weg oppad Sussex toe (so 60 myl buite Londen) en elke keer as ons 'n traffic jam strike dan kyk ons eers bietjie hoe Suid-Afrika die Tommies 'n krieketles gee.

Ons pull by die polio in en dis net perde en suits waar jy kyk, daars 'n paar fit merries maar hulle almal het gesigte soos perde so dit help nie. Watkykjy word met ope arms ontvang en ons beker sjampanje loop oor. Dis moer warm so ons drink ekstra vinnig om nie te dehidreer nie. Ons gaan sit vir lunch en daars goed wat nie lyk of jy dit in jou mond behoort te sit nie. Maar by grand mense wil mens nie lyk of jy niks gewoond is nie so ek eet maar.

Die volgende oomblik kom 'n chopper oor die bome gevlieg – dis Prins Charles en sy seun Harry Pothead. Hulle speel later die middag in die hoofwedstryd teen die Audi span. Ek raak so opgewonde ek skree kliphard "Kiaa! Let the gamesbegin!!!" – maar die hele marques val stil en kyk vir my. My vy pomp my in die ribbes.

Na die pudding haal al die lords en ladies hulle beursies uit want hulle gaan nou so bietjie kak goed koop vir charity. 'n Dronk oom staan op en begin kak Audi grappies vertel: Mier red Olifant se lewe en Olifant sê "Moerse thanks pel, as jy ooit in die moeilikheid is dan sal ek onthou om jou te help." Mier val toe wragtig eendag in 'n baie diep gat en kan nie uitklim nie. Hy skree "help help Olifant kom help my!". Olifant hoor vir Mier en sien wat gebeur het. Hy loop so wydsbeen oor die gat en laat sy eenoogmonster by die gat afsak. Mier klim teen die olifant se meneer op en is gered uit die gat uit. "Wats die moral of the story?" vra die dronk oom. "Die moral of the story is dat jy nie 'n Audi nodig het as jy 'n piep so groot soos 'n olifant het nie, maar as jy nie een het nie beter jy maar vir jou 'n Audi aanskaf". Ek skiem daai oom se piep was baie klein want hy besit die hele Audi company.

Anyway die ryk mense begin toe goed opveil vir charity. Prins Charles se onnerbroek waarmee hy laas naweek gespeel het, 'n grammafoon plaat en 'n kous sonder maat, 'n leë blikkie bier 'n verlepte angelier, 'n gelapte binneband en 'n ou koerant . die klas van ding. En fokkit die mense koop, £100, £200, £300 tot £2000 vir meeste van die goete. Toe hulle begin bie het was ek so bang hulle dink ek steek my hand op dat ek albei hande in my broek gedruk het en vir my cherrie gese het sy beter maar dieselfde doen as sy nie met 'n vrot pampoen wil huis toe gaan nie. £30,000 pond vir charity is ingesamel daai middag – wat 'n fokken amazing prestasie – dan moet jy natuurlik net 'n blindeye turn na die 2000 bottles Franse sjampanje teen £200 per bottel wat uitgesuip is, Prins se chopper fuel, ses perde se upkeep per speler, huur van die stalle, huur van een dronk seremonie meester, genoeg cocaine om Thailand se poppie plantasies te stroop . priceless. For all other things there's Mastercard.

Die polio match self was nogals cool. Raai wiet gewen? Ja die Royals se span het loshande gewen. Dit het my bietjie laat dink aan toe ons by Boksburg Meer teen ons manager by die Wimpy moes gaan putt put speel het vir die Werkswegbreekdag. Hy't sy bal agt keer in die water geslaan, ses keer teen die windpomp vas en twee keer het sy bal die rim getref en in die parking lot opgeeindig – hy't nogsteeds gemanage om te wen.

Na die polio match het almal Pimms (Happy together) gedrink saam met P Charles en Harry Pothead. Mense het intelligente vra gevra en toe meen ek om ook 'n vraag namens watkykjy te vra. "Dink u edele agbare dat die wereld charities soos die Prins se Trust nog sal nodig hê as daar nie sulke fokken ryk mense soos julleself was in die eerste plek nie?".

Wel wat kan ek sê, dit was 'n lekker dag al het die partytjie bietjie snuff gedraai aan die einde en ons uitgegooi is deur Royal security guards. Gelukkig was ons drywer nog daar – jy sien dis sy straf omdat hy so arm is dat hy die heeldag in 'n kar moet sit en wag terwyl mense wat ryk is polio kyk. Mens noem dit sy verdiende loon.

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Polio: Die verhaal van die Verdiende Loon

    Gooi Comment