Daggies praat is duiwels raad.

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

As jy gescheme het die prys van eiers is duur in Londen oor die kak Rand dan moet jy maar weer dink voor jy lus raak vir 'n joint. Die trip gaan jou duurder terugsit as wat Mark Shuttletwerp se broadie om Pluto gekos het.

Vergange vir baie expats is die dae toe jy in Burnett Straat kon afcruz en Swazi of Malawi bankies koop vir R20 of 'n vuurhoutjieboksie vol vir 5. Sure, jy run die risk om saam met die pote 'n lift te hitch in 'n kaaswa, of kakmajad te rook en R200 se Apple Sourz op die pavement voor Van Schaicks te laat rip. Maar nogtans nie 'n te bad prospect vir bietjie gras nie.

Londen however, is 'n ander storie all together. Hierso kos dagga 'n plaas se prys – letterlik omtrent die gewig werd in goud. En as jy nie die regte connections het nie kan jy lekker gedroogde hondekak rook of in 'n paar dangerous liaisons betrokke raak. Soos wat 'n tydjie terug met my gebeur het.

Die wette in Engeland is besig om te verslap soos 'n stoned Tukkies student se grip op sy akademie. David Blunkett gaan binnekort 'n nuwe wet na die vleuel toe pass wat jou toelaat om te rook soos 'n skoorsteen solank jy net nie genoeg by jou het vir jou vriende ook nie. Die plan is om die gemene dealers vas te trek en onskuldige outjies soos ek en jy se ogies te laat traan van lekkerkry. Maar waar dan die dagga vandaan Mnr Blunkett? Tegnies beteken dit dis legal om dit te rook maar illegal om dit te koop. Iets laat my dink die staat het self hulle bong laat kook toe hulle hieroor besluit het.

Kyk vir dom is daar nie pille nie en vir al die dom plekke waar ek al gescore het is daar nie genoeg hare in Robbie Clay se nek nie. Een so mission was byvoorbeeld by die eerste Oppikoppi by 'n ou genaamd Mamba. Sure nou kan ons almal lekker saam lag en sê wat 'n kak naam, maar as jou shrooms dubble clutch en Battery 9 gee gas dan praat ons weer. Ander sketchy kere wat ek eerder probeer uiblok is toe ons 'n fly-sheet Purple Ohms saam met Skipper Glen by 'n gesinnetjie in Hillbrow gaan score het. Die feit dat die kinners op die mat gespeel het en ma staan en bobotie maak het het nie noodwendig vir Pa-dealer met die 9mil minder scary gemaak nie. Dan is daar die gay-bars (altyd die beste pille) met die drag met vrugte op sy kop wat die heeltyd wil hê ons moet vir hom 'n dora koop by die bar waar die VJ gay porn intercut met aussie rules football. Lekker vir niemand nie.

In Londen het ek nog nie baie gaan score nie want mens koop gewoonlik kak en my bankbestuurder by ABSA kan gewoonlik nie my huis gou genoeg as sekuriteit beskikbaar maak voor die deal nie. Ek het eenkeer in Walworth Road 'n bankie gekoop by 'n ou wat op straat gerol het. £10 later stap ek met 'n halfvol bankie weg so groot soos 'n micromachine en twak wat wel om die minste te sê kak was. Of wat van die keer toe ons in desperaatheid Brixton toe mission om vir die derde keer by dieselfde ou "Mitshubishis" te koop wat uit bordkryt gesculpt is. O om nie te vergeet dat hy vir 'n verdere £10 'n bolletjie gladwrap in my hand gespoeg het met 'n paar takkies in toe ons hom vra vir dagga nie. Foktog remind my om nooit weer te gaan score nie.

Nou die aand het ons lekker geskommel by Plan B in Brixton (moerse lekker bar). Na 'n paar skuimkoppe het ons die sidewalk geklap opsoek na die duiwel se raad. Verby die ou gedodge by Bug Bar wat 'n lucritive bordkryt besigheid operate het ek (lekker getrek) met die bouncers begin skouers skuur. Toe hulle verneem ek kom ook van Afrika het hulle lekker gelag vir my lili white ass wat ek seker vir hulle op daai stadium gewys het. Toe het die praat gedraai na al die kakmajad wat mens kan koop in Londen en hoe dit eintlik 'n mors van tyd is. Die doosgroot ou van Chad genaamd Chad het sumier een van sy buddies geroep en ons het afgespeed na Streatham in die dude se minicab.

Die ou was, soos meeste cabbies in London, Out of Africa. Hy is 'n qualified sielkundige by day wat moonlight as 'n minicab druglord by night. Needless to say 'n moerse cool ou. Hy't my ingevat by sy minicab office waar die ou agter die bulletproof glas die sekuriteitshek oopgemaak het. Verby so paar drivers wat op couches lê en slaap het. deur nog 'n deur. by die trappe af en deur nog 'n deur. Binnekant was daar 'n moerse party aan die gang. Die kamer was smokey met lekker beats. Dit het gevoel soos 'n swing club in Sofia Town en Londen was lank vergete. Ek sou die heel aand daar bly en party maar my goose het in die kar sit en wag. My taxi guide het die transaksie beklink en ek is voor my deur afgelaai met 'n sakkie goeie dagga; 'n night to remember en 'n sight for sore eyes.

 

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Daggies praat is duiwels raad.

    Gooi Comment