Sit die pret terug 01: Harties is ‘n damn lekker dam

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Lewe in Pretoria is nie altyd so happening as wat mense glo in Londen en New York en Parys nie. Al wat jy op straat kry deesdae is lapswaaiers wat jou selfoon en menswaardigheid dief, die beste heroin in Gauteng of mense wat jou hulle kerk toe nooi.

Nou nie juis rock 'n roll nights nie.

So ons by Wat Kyk Jy? het besluit om die pret terug in Pretoria te sit met 'n reeks interessante goeters wat jy kan doen in en om hierdie wonderlike stad in die Boereworsbelt.

Dit begin met ons wat die naweek by die huis sit en wonder wanner grifFin gaan leer om nie vyfuur alleen dronk in Hatfield gemug te word nie. Met dié dat ek 'n nuwe cabbie het stel ek 'n roadtrip voor – Harties toe.

Ek dink ons almal suspect Hartebeespoortdam is 'n lekker dam na daai song. Damn kak song maar in elk geval. Prinses scheme nog dis 'n kak idee maar wat nou – Satrag is net so lank.

Ons gooi petrol, bier, biltong en CHopper gooi voet.

Daar aangekom gaan ons na so pannekoek plek toe waar mens in die boom sit en R10 'n bier betaal. Hier hoor ons dat erens 'n cover band aan 't spele is en ons gaan investigate. Ek en die Prinses maak bets oor of die vrou 'n denim gaan aanhê en dyed-blonde hare gaan hê.

Sy het, op altwee counts. Die plek se naam is Upper Deck en dis heavy flaai. Jy sit so lekker buitekant en check hierdie twee outies, 'n ou en 'n chick met backtracks, 'n tamboeryn en 'n sax.

Hulle doen fokken als, van Shakira tot Gerry Rafferty se "Baker Street" met die dude wat op die tafels klim en sax speel. Die chick gaan ook te kere op goed soos "Volare". Baie fokken nice.

Dit als terwyl sulke rooigebrande (dalk rooigedrinkte) Noord Wes seuns plastic glase vol lager wegslaan en rassistiese aanmerkings maak.

Ek sit en lag vir grifFin en die Prinses wat albei reken die girl flirt met hulle. 'n Blinde man kan sien sy't net oë vir een man ….

… haar klein seuntjie aan wie sy "Happy birthday" opdra voordat hulle losbars met 'n CCR track.

Moeggelag strompel ons brug toe en kyk bietjie na die actual dam wat so vol slyk is dat die Coke bottels daarop regop staan. Selfs ek kan op daai water loop skiem ek.

Dit raak tyd om 'n lange te gooi en ons spring in die kar en sit die Modern Talking aan. Hard, pappie. Fokken hard. Al die pad terug tot in Pretoria.

So skiet uit Harties toe virre luilekker Satrag. Dis cheap, naby (halfuur se ry) en fokken baie pret. Onthou om lekker CDs virrie kar te vat, asook bier en biltong vir die pad. Los maar die pannekoek plek en die actual dam. Laat die musiek jou lei …

Chopper CharlieSit die pret terug 01: Harties is ‘n damn lekker dam

Gooi Comment