snotstories

Sit dit af, sit dit af: SA ads wat vieslik voël suig

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Advertising se main doel is om mense te kry om hulle hand in eie boesem te druk en jou kak ou produk te koop. Dit leer elke idiot wat sy Bemarkingsdiplomatjie doen by die Technikon.

Deesdae, however, skiem ek is die hek oop en die hond kak in die straat. Iemand maak lelik droog. Meer en meer ads kry dit reg om my van iets anders te oortuig, naamlik om nooit weer die donnerse lame-ass company te ondersteun nie.

Die ads is of so fokken stupid, of so fokken irriterend dat ek amper my Corolla / couch omgooi elke keer as die ad op die FM of TV opkom. En êrens ry iemand met hulle Renault Megane convertible Sandton toe vir 'n latté met die geld wat hierdie ads kos.

Nooit ouens.

Kom ons kyk na die culprits:

  • Samsung (TV): Mense in weird lappe, sashes en top hats wat oor die stad vlieg op borde. What the fuck were you thinking? Appeal hierdie tot die hardcore crack junkie mark, want fok weet, gewone mense verstaan dit nie 'n fok nie?
  • Nedbank (TV): Why the seahorse? Who goes to Helsinki? Dis redelik duidelik dat Nedbank die snobistiese ryk rondnaaiers van die land target maar ek twyfel of selfs hulle so donners vlak is. Kom by, die ad piss almal af.
  • Halls Sugar Free (radio): Loshande een van die irriterendste klanke imaginable is iemand wat kak sing in die stort. Dit maak mense naar en laat hulle op hulle dashboards brul in peak hour traffic. So hoekom sou mens dan die produk wil koop na dese? Hoekom de fok?
  • Red Bull (TV): Die mees nonsensical, pleinweg dom en meestal net annoying reeks ads seker uit op TV. As Play en V nie so kak geproe het saam met hardehout nie, het ek lankal geswitch.
  • Axe (TV & radio): My utmost meegevoel met enige iemand wat al die Ali G radio ad moes deurmaak. Of meer spesifiek, die Suid-Afrikaanse swart dude met local aksent wat poeshard probeer om iemand na te maak wat al eenkeer van Ali G gehoor het. Of iets. Kak ad.

    Dan ook natuurlik die loser TV ads met al die meisies wat net simpel FHM-lesende outjies soek en in manlike stereotipes praat. Hoe lank het dit gevat om uit te dink? Vier minute, vyf selfs? Fok man.

  • Mazda (TV): Die company sukkel om hulle karre te laat uitstaan tussen die ander. Hulle soek iets wat net Mazda kan bied, iets uniek, iets wat almal soek en nie sonder kan leef nie. En daai iets is … Zoom, zoom, zoom. "Het jy gehoor, Briek se nuwe kar het aircon?" "Dis fokkol man, my kar het zoom, zoom, zoom." Lekker blind Mazda, kanselleer my kopie.
  • Nashua (radio): Kakgedoende aksente is iets wat sonder fail gebruik word in die SA advertensiewese. Nashua se fastest colour sprinter ad is 'n case in point. Jamaican se moer man, en selfs al is die ou regtig Jamaican – wat dan? Dan is dit snaaks? Ek fokken dink nie so nie.

Dis maar net 'n paar, daar's duisende ander en elke dag word nog 'n kakker idee uitgedink. Wel, ek het die lyn getrek. Fok companies met kak ads, I'm taking my business elsewhere. In die groot scheme of things maak my paar rand seker nie veel saak nie, maar dit gee nogal persoonlike satisfaksie om 'n stupid ad te kyk en te weet jy boikot die stupitte asshol company.

So, dis dan 'n vriendelike message van die middeklas aan adverteerders: Kry dit reg of fokof, ons is moeg vir julle kak "creativity." Blerrie dose.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieSit dit af, sit dit af: SA ads wat vieslik voël suig

    Gooi Comment