Trane het geloop…

In Briewe deur griffinRek jou bek

Hoezit?

Nee, ek wil net se ek het sommer heel emosioneel begin sit en lag toe ek vanmiddag op julle site afkom!

Ek is al lank nou in New Zealand en het regtig lanklaas so lekker (en opreg!) gelag vir al die snotstories.

Die mense hier het nie humor nie, en EK SE NIE NET DIT SOMMER nie. Ek BEDOEL dit. Wraggies, as ek moet lag vir die "jokes" in hierdie kont-rei sal ek liewer huil. Verder is alles lekker hier, behalwe die mense is bietjie soos penguins en hulle sukkel ook om ons tipe grappige opmerkinkies te verwerk.

Hou so aan ouens!

(Of liewer: Nog! Nog! Julle bliksems beter nie ophou om julle site GEREELD te update nie. Ons soek NOG!)

Ciao,

Marlene (Landsveraaier)

Deel met jou tjommies!

    griffinTrane het geloop…

    Gooi Comment