RE: Egoli Roadshow

In Briewe deur griffinRek jou bek

Jammer dat ek nou eers die storie van jou gelees het, oor die Egoli Roadshow, anders het ek al lankal vir jou terug geskryf.
Net meer inligting oor die Roadshow wat in Sasolburg gehou is.

Ek is nie 'n aanhanger van Egoli nie, maar het die geleentheid gekry om na die "show" te gaan kyk omrede ek 'n werknemer van Sasol is te Secunda. (en mag ek sê ook trots daarop)

Al die dames wat by Sasol werksaam is het uitnodigings ontvang om die geleentheid by te woon. Al was dit vir ons 'n lange pad na Sasolburg was ons trots om dit by te woon omrede die bestuur van Sasol 'n Wam fees aangebied het wat gepaard gaan met die herskepping van werk geleenthede en was die Egoli Roadshow maar net een van die meerdere "perks" wat aangebied is.

Dit was absoluut in baie goeie smaak en professionaliteit gereël. Van die Top bestuur van Sasol was van die ere gaste op die geleentheid, en kan ek met oortuiging sê dat al die ander personeel en ander toeskouers van SASOLBURG wat die geleentheid gekry het om dit by te woon het dit baie geniet omrede daar 'n baie hoë profiel gehandhaaf was met die reël van die skou.

Ek beskou dit as laag en gemeen om iets so af te kraak wat jy in elk geval net met gedeeltes op televisie gesien het. Daar is nie eers 'n persentasie van 20% gewys om televisie nie. En derhalwe is dit regtig nie nodig om die Vaaldriehoek wat ek nie eers 'n inwoner van is om so af te kraak nie.

Want sien sieniese kyker was dit nie vir Sasol en die Vaaldriehoek nie kon ek sweer sou jy een of ander tyd 'n probleem met brandstof gehad het, of sal ek ook noem die kers wat dalk mooontlik een of ander tyd in jou lewe wou gebruik of benodig nie daar was nie, want sien die was wat gebruik word om enige vorm van kers te produseer ook van Sasol (Vaaldriehoek) afkomstig is, of sou jy dalk een of ander tyd dokters behandeling benodig en 'n sekere produk wat gebruik word om in medikasie (narkose) nie beskikbaar wees nie.

Dan vir die mense in Sasolburg is dit nie vir hulle om daar te woon en werksaam is nie , sal daar nie 'n Sasol wees om al hierdie wonderlike produkte en dit is nie eens 'n druppel in die emmer nie, te vervaardig vir jou en my nie.

Wat die Egoli fees betref dit was stunning, en jy weet waaragtig nie wat jy gemis het nie, dankie aan Sasol, Sasolburg en WAM fees vir die lekker dag!!!

Lessingh, Liane


RE: Egoli Roadshow

Jirre jissis,
As trots 'n commoditie was wat brokers op die JSE kon lys, was jy nou poesryk.

Mooi so man!

Groetnis aan al die borskwaallyers daar in Sasolburg en Seskoenda. Ek sou graag verdere onsinnighede wou kwytraak rakende jou touching e-mail, maar ongelukkig moet ek myself nou aan my nubilator gaan koppel voor my longe infok van 17 jaar se onnodige indoktrinasie en habitasie in die Vuil Driehoek.

grifFin

Deel met jou tjommies!

    griffinRE: Egoli Roadshow

    Gooi Comment