Looney Tunes: Dis malkop in die maagwande van Londen se underground

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

Twee trappe trone en die beat ruk my terug na die hede. Ek voel hoe die rush deur my are filter en my lyf ontspan vir 'n nanosekonde. My oë begin vir die eerste keer in 'n lang tyd weer fokus. Om my sien ek arms en bene fladder op die maat van die musiek. Die bassline kruip weer nader en net toe ek my voete vind bliksem die beat my dat my maag by my poephol 'n draai maak en vra of hy lus is vir vleisiebraai volgende Saterdag. My hare staan regop en hoendervleis slaan soos masels op my lyf uit. My bene en arms beweeg, my kakebeen byt styf, my oë dop om … drie trappe trone, my varkies in die bone en die beat ruk my terug na die hede. Welkom by jou eerste Looney Tunes party.

Ek het die eerste keer van LT gehoor op die N35 nagbus wat van Camberwell in Souf Londen tot Liverpool Street in die Eastend gaan. Twee dudes en 'n meisie het daaroor gechat en die gesprek was iets in die lyn van: die eerste reel van LT is, jy praat nie oor LT nie, die tweede reel van LT is, jy praat nie oor LT nie. Ek het gescheme die ouens probeer cool wees en dat hulle mega uncool was om reeds reël een en twee te breek op 'n nagbus suid van die rivier. Ek was dronk en naar van die kebab wat 'n olierige snotstreep op my verhemelte agter gelaat het. Nietemin het ek geluister maar aanvanklik daarvan vergeet tot ongeveer 'n maand gelede.

Kom wat wou my radio wou nie opvang nie. Elke keer as ek amper op Xfm is dan skop 'n moerse interference in en "don't break my heart, my achy breaky heart," is ons weer op een of ander bisarre line-dancing radiostasie. Ek was net besig om handoek in te gooi toe ek 'n faint buzz begin kry saam met Billy Ray Cyrus. Bietjie links, bietjie meer, bietjie regs "Mental mental bopheads and krazy basspoppers it's time for another Looney Tunes party. Txt LT to 0799 555 555 now for when, where and why" Gsssssss foeweeeep … "I just don't think he'll understand"

Nou maak uit – ek wou nog altyd na 'n underground party in Londen gaan, maar min het ek geweet dit sou 'n Looney Tunes party wees.

Rumour in die scene meen dat LT 'n groep vriende is wat saam in 'n malhuis was. Die een ou is 'n katatoniese skisofreen, die ander is borderline en die derde is blykbaar semi-outisties. Hulle is al drie in hulle sestigs, het van die grootste partytjies in die wereld al gereël en vat nog hulle hele lewe lank soveel illegal en legal substances as wat hulle uitgeteerde lyfies kan vat. Mense sê dat hierdie ouens al saam met Ken Keasey en die Merry Pranksters partytjie het. Dat hulle sy inspirasie was vir "One Flew over the Cuckoo's Nest" en dat hulle saam met hom by die medical trials in San Francisco begin acid vat het. So mal soos hase het hulle 'n underground punk band in die laat 70s begin genaamd Sniffin Glue. Gedurende die 80s het hulle cocaine oor die toonbank in 'n apteek in South Kensington verkoop. En mense sê die begin van rave in die early nineties was grotendeels te danke aan hulle underground partytjies en illegal raves in Engeland se countryside. Daar word ook vertel dat hulle 'n nuwe designer drug ontdek het ('n konkoksie van suiwer menslike adrenalien en MDMA) en dat hulle besig was om mense reg oor die wereld daaraan bekend te stel. Nou ja, mense sê baie dinge …

Ek moes die adres twee keer check. 'n Ou warehouse in Shoreditch met 'n dilapidated heining om en nie 'n siel in sig nie. Ek het die directions wat na my getext is in detail gevolg en na drie foonhokkies en 'n dodgy crack dealer wat 'n map in my hand gestop het is ek finally hier. Kakbang maar domastrant klop ek aan die moerse staaldeur. 'n Bouncer maak die deur oop en ek join so groep van agt mense in 'n lang gang. Die vleispaleis wat die deur oopgemaak het lees ons die liviete voor en waarsku ons dat dit ons laaste kans is om om te draai en huis toe te gaan. Hoe erg kan dit wees scheme ek, en probeer myself oortuig … Was hy al by 'n watkykjy party? En met dit neem ek 'n tree vorentoe om myself te verseker. Hy was 'n GROOT bliksem, met 'n bouncer bomber jacket (van daais met die neon oranje voering) en 'n Cockney aksent. "Ok gov, suit yourself," en toe sluit hy die groot staaldeur oop. Agter my was die res van die nervous mense wat met groot oë toekyk toe die bouncer die deur agter my toemaak – en sluit.

Die portaal was lush en in rooi velvet uitgevoer van ceiling tot onder die sole van my Puma trainers. 'n Fietse meisie met 'n piepklein nurse outfit verwelkom my met 'n drukkie. Mmm … Nice scheme ek. Agter haar is 'n deur met blou velvet uitgevoer en twee dokters (of ouens met wit outfits) staan langs 'n hospitaalbed en smile vir my. Suster Kortrokkie lei my na die bed toe. Dis hier waar ek slightly die plot verloor. Is dit 'n droom of is ek besig om die kluts kwyt te raak? Een van die dokters hou 'n inspuiting met 'n naald so dik soos my fokken pinkie vas. Ek is stomgeslaan, ek wil hardloop maar my bene is lam en die meisie se rokkie is so kort. My voorkop druk teen die kussing terwyl die meisie my broek oor my boude trek. "This is gonna sting a little" en "Welcome to Looney Tunes" doen vlinderslag in my kop rond. Die naald prik – pa se groot seun! – en ek voel hoe die juice vinnig my been aan die brand slaan. Die bloed pomp en jaag die poison af tot in my tone en weer op by my naeltjie verby tot dit voel of ek die hele kamer met my lyf illuminate.

Eks helemal lost vir g'n mens weet hoe lank nie. Ek hoor die meisie se stem in my oor en voel haar vingers deur my hare. Hulle help my regop en ek is faintly, wobbly bewus daarvan dat die hele kamer nou blou is en die deur bloedrooi. In 'n oomblik van clarity zoom als soos 'n cheap sci-fi movie in fokus. Biedie biedie biedie, ohh ohh … My smile haak om my ore en my oë is so groot soos pierings. Als is furry en lekker en kielie my maag. Ek sit wankelrig die een voet voor die ander en die meisie, met een arm om my lyf, draai die handvatsel. Niks het my prepare vir wat agter die rooi deur wag nie. Suster ek dink ons kan gewoond raak hieraan. Trip 'n trappe trone en my varkies dans in die bone.

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Looney Tunes: Dis malkop in die maagwande van Londen se underground

    Gooi Comment