Info oor infomercials wat jy behoort te weet: ‘n Vriendelike waarskuwing

In Snotstories deur griffinRek jou bek

CNN was op 'n stadium die enigste behoorlike TV wat mens kon kyk laat in die aande, maar deesdae trek hulle nogal poes op 'n mens. Al wat jy deesdae sien is George Poes wat verskriklik huilerig is omdat niemand hulle swieties met hom wil deel nie. Niemand wil met hom speel nie, behalwe sy enigste maatjie Colon Pow-wow. En terwyl hy hom moertjie strip, hom roomysie lek en hom snotneusie en traantjies met die dollar afvee, steel Noord-Korea sy BMX se handles uit sy agter yard uit. Boring.

Dank God vir die halfuur lange infomercial! Fok.

Hieso is so paar van hulle om oor naar te drink. Bêre jou kredietkaart, steek weg jou Nokia en sit jou leesbril op die punt van jou neus. We're going shopping.

Outsurance

Jy kry van die laagste maandelikse premies in die mark en dit word nooit opgeskuif nie! Ander befokte benefits: Jou interpersonal skills verbeter tienvoudig wanneer jy die eerste keer bel om te claim nadat jou huis rot en kaal besteel is. Jy kry ook insigte in ander medeburgers se beroepe, naamlik dat hulle jou soos 'n common skurk laat voel. Jou woordeskat in terme van die reg word aansienlik verbreed. Jy leer wat dit is om werklik geduldig te wees – ses maande is 'n lang tyd om vir jou uitbetaling te wag.

Jy het interessante topics om aan die etenstafel te bespreek soos: "Ek wonder wanneer ons nou van die ombudsman gaan hoor?"

Daai opblaasmatrasse wat kan double as 'n lilo vir jou swembad

Hiper kak advertensie van mense wat kwansuis kak slaap op hulle gewone beddens. Die matras het sy eie pomp wat binne 45 sekondes die ding kan opblaas of afblaas. Maar jy kan ook ander stuff vacuum pack met die verniet Jiffy's wat jy score. Once! Imagine 'n laaitie se gevreet as hy eerste pouse sy vacuum packed toeba wil eet en ma het per ongeluk Fransie se vacuum packed onna ingepak. Heavy sad. Verder ry hulle met vyfton stoomrollers oor die matrasse, so asof dit sal gebeur in die highly unlikely event dat 'n stray stoomroller deur jou slaapkamer se muur sal bars en jy en jou chick platter as Mugabe se logika ry. Dank God die matras sal oorleef. Kak man! Ek wil sien hoe een van daai matrasse virre naweek by Oppikoppi hou.

Big Green Clean Machine

Seker dié kakste naam wat mens vir 'n elektriese toestel kan uitdink. Dit rym so en alles. Sal my nie verbaas as Rikki Lake die naam uitgedink het nie. Sy kan ook mos rym. Mos. Wat hierdie toestelletjie so merkwaardig maak, is die feit dat hy begin werk voordat die onskuldige koper daarvan bewus is. Hy suig jou beursie leeg voor jy die kans kry om jou matte one-shot van die vloer af te suig saam met ouma se bal-en-klou stel wat jy inherit het. Die ding se engine is so poes sterk, jy kan dit gebruik om mee gras te sny. In die infomercial suig hulle 'n bowling ball vas en hang hom in die lug. As hulle 'n klein laaitie se kop vasgesuig het en hom laat hang het, sou dit snaakser gewees het en ek sou ver-fokken-seker een koop vir myself. Maar ongelukkig suig die advertensie beter as die produk wat hulle probeer smous.

Powerwash

Julle het dalk al van hierdie outjie vergeet, aangesien hy uit die Bedazzler se era dateer. Een van die eerste infomercials in die goeie ou dae toe hulle net 15 minute lank was en net na Loving op Open Time gebroadcast is. Skroef hom net vas aan die punt avn die hosepipe tesame met die een bottel chemicals wat verniet saamkom (as jy binne die eerste uur gebel het) en was jou kar, die hond, die bure se kinders en jou vuilbek mond uit. Die ding werk goed vir twee jaar lank tot die hond die nozzle opvreet of die die bottel met die wonder chemicals nêrens meer beskikbaar is nie. Lekker fast moving consumer goods. Vinnig van die fokken rak af sodra genoeg verkoop is om 'n klein tropiese eiland te koop en die oorblywende plastiek in die fabriek gebruik word om daai fokken simpel kak te press wat jou aartappels en komkommers so fokken oulik laat lyk in slaaie.

Remedy blue

Een van die nuwe produkte. Nogal oulik. Het jy dalk per ongeluk jou piep fokken hard in jou Escort se deur vasgeklap? Geen probleem, vra net jou goose om remedy blue op jou piel se swelling aan te wend as die swelling self nie vir iets opwindends aangewend kan word nie en jou pyn verdwyn soos diens by Telkom. Dit help ook vir enige ander pyn, asook arthritis, algemene simpelgeit, vallende siekte en werkloosheid.

Bioslim Fat Attack

Voorwaar 'n wenner. Verby is die dae van langs versadigde chicks wakker word. Chat die grootste girl op wat jy by Dropzone speck. Gooi drie Bioslim Fat Attack pille in haar cane, passion fruit & lemonade en vat haar huistoe gevolg deur agt ure goeie slaap. Die volgende oggend ry jy die vinnigste en nuutste model wolscooter. Jou vriende is vanselfsprekende jaloers. Daar is wel newe effekte, so slaap met met jou Nike tekkies aan. Jy mag dalk net wakker word langs Darren Scott of Isabel Jones.

Hair Fantastique

Ek was baie skaam en selfbewus gewees tot ek Hair Fantastique ontdek het. Sien, almal om my het pubes en holhare wat alle kante by hulle broeke uitsteek en my boude was verskriklik glad gewees. Danksy hierdie unieke produk kan ek brownies met selfvertroue in die publiek gooi sonder om aan 'n druppel alkohol te raak. In die eerste twee tot drie weke lyk jou skaamhare soos 'n krieket pitch, maar na slegs twee maande se volgehou gebruik lyk dit of jy 'n middelmatige wasbeertjie vir 'n onderbroek dra. Nice! Werk ook goed vir bra's wat sukkel om hulle mullets te groei. Aanvanklike toetse is op bouncers gedoen voor dit aan die publiek bekend gestel is.

Dial-a-bed

Een van die bestes wat ek nog gesien het. Hulle het 'n tolvrye nommer wat 24 uur beman word. Waar in jou fokken lewe het jy gesien dat iemand drieuur die oggend regtig so dringend 'n bliksemse bed nodig het?

"Oe ek is nou regtig fucked ouens, hieso is my credit card details. Laai asseblief 'n queensize bed met 'n Superman duvet af by die Fonteine sirkel, want ek kan nie verder ry nie omdat ek nog afkom van acid nadat ek by Truth try poes optel het."

"Sekerlik meneer, ons Dial-a-Bed trokkie is daar binne 45 minute, of jy kry jou matras verniet!"

Mega Memory

Jy moet regtig fokken desperaat of onnosel wees as jy jouself genoop voel om hierdie sogenaamde studie hulpmiddel aan te skaf. Die ou op TV lyk moerse impressive omdat hy die audience glo vir die eerste keer in sy lewe ontmoet en almal se name onthou. Dis TV mense. Skrik wakker. Ek probeer self nog om meeste van die mense by my werk se name te vergeet. Mega Memory werk blykbaar op die beginsel van assosiasie, bv die word "cat" sal iets soos "yellow" voorstel. Nou kom jy met jou mega geheue in die eksamen en moet die relativity theory verduidelik vir 50 punte. Skryf "hond". Dis mos wat jy onthou. Jy lyk soos 'n poes. Nie omdat jy dit verkeerd assosieer nie, maar omdat die lektor jou een punt gee uit pure jammerte.

Beta Learning Kit

Bid jou aan. Jy koop 'n spul CD's wat kak tunes speel en dit enhance glo sekere golwe in jou brein wat jou laat konsentreer, recharge en beter onthou. God, die arme outjie met die puisies en aknee (waarvoor daar by the way, ook 'n oplossing is) op die infomercial wat kamtig die storie gebruik het kan skaars sy fokken lines vir die advertensie onthou. Drank en Guns en Roses mix beter en jy onthou baie fokken meer wanneer jy moet swot.

Die Bauer range potte en panne

Fair enough, jy kan letterlik 'n pannekoek van die pan afblaas en niks klou aan die bodem vas nie, maar try die kos eet wat jy kook in die blerrie goed. Alles proe so fokken heilsaam, jy moet about 'n half lieter kookolie en 'n eetlepel sout in die kos doos net sodat dit darem na iets smaak. Die pan hou sy hitte so fokken lank dat jy hom eers volgende Dinsdag kan uitspoel. No thanks.

Shogun messe

Nou hierie outjie het sy voordele asook sy nadele. Dit sny deur enige iets: hout, yster, Coke blikkies, 'n draaibank, mense, 'n swaar gemoed en enige ander mes op die mark. Gevolglik beteken jou Gorilla Grip wat jy ook van die TV af bestel het fokkol. Ek laat my ook nie vertel dat vier messe jou R400 kos en die ander 24 is absoluut verniet nie. Jy betaal vir alles van die begin af. Punt.

Prolong

Construction workers, take note. 'n Halfliter van hierdie olie in jou engine en jy worry oor fokol verder. Vat 'n stuk sinkplaat en weld dit aan jou chassis vas onder die egine. Jy kan kan nou tweeton sand rondkarwy, een agterop die bakkie en een ton in die bonnet. Daai olie skrik mos vir fokkol. Daai blerrie bakkie!

Abflex

Die blerrie ding kos seker R40 om te vervaardig at most. Nou smous hulle hom vir dieselfde bedrag as 'n deposit op 'n tweedehandse Ford Fiesta. Fokken blind. Hoe de fok maak jy 'n halfuur lange advertensie oor 'n driehoekige stuk kak plastic wat met rekke werk? En dan kry jy allerhande stoopid aanhegsels en parte wat geruil kan word. Moet net nie die abs blokkies ding gebruik op jou chick se gat nie. Netnou kry sy blokkies spiere op haar ass en jy kry 'n poesklap. Gelukkig kan mens gewone rekke by CNA koop as joune verweer het omdat jy jou oefenapparaat drie maande buite in die reen en son laat lê het. Die halfuur instruction video kan gebruik word om Ali G te tape as jy die aand uitgaan om jou lewer te oefen.

Billy Banks se Tae-Bo Exercise tape

Jy kan drie episodes van Ali G tape op hierdie VHS of 'n fliek op M-Net. (e-TV se flieks het ad breaks tussenin en die tape sal dalk net te kort wees). Kyk die tape maar eers een keer deur voor jy begin tape. Daar is tannies in panties en leg warmers wat oefeninge doen.

Deel met jou tjommies!

    griffinInfo oor infomercials wat jy behoort te weet: ‘n Vriendelike waarskuwing

    Gooi Comment