Feeling yucky punk?

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Daagliks word ek gedwing om myself vrae te vra soos "Net waar presies het alles vieslik uitgefok?", "Moet ek eers draties kap of tande borsel?" en "What's up with punk these days?"

Wat inderdaad. Iemand, scheme ek, kak die pot lelik fokken mis.

Nie dat ek deur die heyday van punk geleef het nie. Lank voor my tyd het mense soos die Sex Pistols, Exploited, The Clash, Dead Kennedys en dies meer straight moere oral afgepiss met kak houdings, Hoenderman-hare en simpel klere.

Middel-negentigs het ek selfs van punk gehou en in 'n band gespeel wat punkliedjies gemaak het met die "fuck the system" lyrics, simpel klere en undercuts. Ag te pragtig. Ons het geweet van ouens wat skinheads opfok, doringdrade om hulle Doc's dra in moshes en dan was daar Face.

Face is aan my voorgestel as iemand wat vir my enige videomasjien kan "kry" vir R250. Dit was nou wel in 1996 maar die jirre weet – dit was donners goedkoop. Seker dié dat die ou sulke streng paroolvoorwaardes gehad het.

Anyway, Face was 'n punk en die naam was heel ironies veral as mens consider Face was supposed om die mooi ou in die A-Team te wees. Verder het die man 'n Mohican gehad wat skrik vir fokkol en tattoos genoeg vir twee.

Aldus die punk wat ek geken het.

Cut na vandag en die nuwe punks. Ai maats en dit maak vir CHopper hartseer. Dis darem nie reg nie. Die kinners van vandag …

En dit is kinners let me tell you. Mens sukkel om van hulle te kry wat puberteit bemeester het. Lyk my hoe jonger hoe beter deesdae. Geboorte, word 'n punk, laerskool en so loop hy ma'.

En netjies. Kyk jy kan die kinners deur 'n ring trek. Die broeke is nou wel bietjie groot en so maar dis altyd netjies gestryk, die haartjies gejel of vasgemaak in twee ponies en die T-shirts is blink en nuut soos Menlyn se vloere. Puisies is nog twee jaar weg so die velletjies is ook mooi glad en blink.

Dan die bands waarop die kinners hulle lewens baseer. McDonalds-tipe pop punk met irriterende melodies en minder substance as 'n (not so) Big Mac. Nee jirre ouens, die hele idée van punk musiek is juis nie om mooi te wees nie.

In 'n move wat glad nie verbasend is nie, dig ouers ook al hoe meer hierdie punk hits op die radio. Nou moet jy weet …

Case in point: Ons eie Weak. Sorry ek bedoel Tweak met hulle "We broke the rules, we broke the chairs at the local hotel." Asof die melkbaarjies erens sou kon inkom sonder 'n ID.

En dan later in dieselfde liedjie; "This one goes out to the 98 crew", en kak soos "turn down that stereo". Is hierdie kinners van die voorstede van California? Nee wag, hulle is rykmanskinners hier van ons eie backyard.

Maar tog sing hulle van die FBI wat hulle kom jaag oor 'n paartie. Die fokken FBI uitgeroep vir 'n Waterkloof kinnerpartytjie. Bid jou aan.

Twaalfjarige impressionable crap. Punk se fokken moer man. As jy hardcore of iets wil wees doen dit ordentlik. Steel darem 'n CD of jaag kak aan of iets. Of ry skateboard or rook crack.

Om netjies-gestrykde klere te dra wat jy met 'n ketting ophou en Britney Spears musiek met 'n kitaar in te luister maak jou nie punk nie.

Nie in my boekies nie, in any case.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieFeeling yucky punk?

    Gooi Comment