Interview met Soil7T7 van Sliverton

In Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

grifF het by Soil7T7 gaan draai skiet en 'n paar vrae gelos om oor te peins. Diep vrae.
Hieso is die hele gedoente vir julle.

grifF: Eerste dinge eerste: Wat kyk jy?
S7T7: Kyk na die rekenaar skerm en probeer uitsas wat die fok gaan ek antwoord op hierdie weird maar seker op 'n snaakse manier interessante vrae. O, en kyk na die drama chicks en wonder of hulle vir my ook n spesifieke rol sal speel. Iets met sex en swepe te doen maar is nog nie 100% seker hoe ek dit gaan inwerk nie.

grifF: Stel julleself voor aan die watkykertjies en sê vir hulle wie wat doen in die band.
S7T7: Die F of anders, Franco Jamneck, doen die homey rapper ding en slaan die snare van sy guitar asof dit nooit uit tune uit sal kan gaan nie, maar dit doen wel.
Jay die bedonerde Bolton tokkol die funky bass lines en probeer sy longe bars deur te kyk hoe hard hy sy vocal cords kan project.
Bertus van Zyl a.k.a Bets.v.Z, bliksem die dromme en breek stokkies (dis as hy op tyd is). Daar is honderde "drummer jokes" – ons los dit maar vir n volgende keer.

grifF: Julle maak heavy uit van Silverton. Is dit 'n cool posse om na skool dagga te rook en die duiwel te anbid soos in V-Town, of is daar iets meer aan Silverton?
S7T7: Maak nie saak waar jy dagga rook nie, dit is altyd befok solank jy net nie deur die kase gevang word nie. Duiwel anbidders – ek weet nie so mooi nie, maar as daar is, kom hulle seker van Witbank af. Meer aan Silverton? Daar is n hoerskool vol chicks.

grifF: What's up met die Oros dude op julle CD cover? Die outjie lyk of hy 'n paar kakke agter is. Waar kom hierie blaar vandaan?
S7T7: Nog 'n Silver"tonnner". Ha. Hy bly so stuk pad van Bets af en was saam met sy broer in die kleuterskool. Wanneer die prefekte hom wou kantoor toe vat op laerskool (hy was fokken stout) het hy net gaan sit en dan kon hulle niks maak nie. Julle sal hom nog baie sien in CD shops en net sy Soil t-shirt – dis 'n grote!!

grifF: Hou julle meeer van roomys of koeldranmk? Hoekom?
S7T7: Moet sê altwee, solank dit 'n Black Lable of Tequila smaak het is ons happy. Rum floats is ook nie nie te kak nie, solank dit Black Label of Tequila roomys is. Altwee het sy tyd soos 'n tyd vir seks en 'n tyd vir blowjobs.

grifF: Julle CD se production klink poescool. Hoe lank het julle record en hoeveel arms, bene en skrotums het dit julle gekos?
S7T7: Ons was vir so maand in studio. Befokste tyd in ons lewens. Moenie spot oor skrotums nie want ons mis so paar.

grifF: Wat moer harder – die polisie of die brannas wat hulle drink?
S7T7: Die polisie en die brannas wat ons drink – dit gaan net nie saam nie. Hulle kry die oorhand want hulle naai ons daarin (ore, that is).

grifF: Hoe en wanneer het julle band begin en waar kom julle aan die weird naam?
S7T7: Die band Soil 7t7 bestaan nou al so drie jaar. Ons het ontstaan deur Jay se side project waar hy saam met 'n klomp buddies in Boogie Nights gespeel het waarvan Franco ook deel was. Jay en Franco het geblend en besluit om 'n band te maak waar so paar weke later Bets.v.Z genader was om te join. Die naam wel 7t7 was eerste want ons werk in sewes en toe volg Soil want ons is maar nederige outjies en wil ons voete op die grond hou.

grifF: Wat doen elkeen van die bandmembers deur die dag as hulle nie draties kap nie?
S7T7: Franco doen klank en beligting, Jay deel vir mense drankies uit in Sidewalk Café en Bets.v.Z slaap en droom oor mooi meisies.

grifF: Wat was julle beste gig ooit? (behalwe nou virrie CD launch – dit was piele)
S7T7: Almal was befok, maar Woodstock 2002 staan uit en Easter Oppikoppi 2000 seker omdat ons so lekker geparty het. Maar wag, ons party altyd lekker.

grifF: Watter track op julle CD is die coolste een?
S7T7: Koop die CD dan besluit jy. Ek gaan nie my music in klasse gooi nie.

grifF: Hoeveel ronkyktwak pitte skiem jy lê agter in Jay se Volla Combi?
S7T7: Wat de fok kyk jy man? Is jy 'n polisieman? Seker genoeg dat ons 'n paar plante in Bagdad kan groei wanneer ons gaan.

grifF: Eks moeg daarvoor om poes musiek soos Tweak op die draadloos te hoor. Waar kan die Watkykertjies hulle vuil kloue op julle CD kry en hoeveel skille vra julle vir die meesterstuk?
S7T7: Top CD in Menlyn Park – R100. Seedy's in Hatfield – R100. Ons shows – R80 en die website van April af R80 + postage en shit.

grifF: Wat skiem julle van Watkykjy? Het julle ook 'n flaai websait wat die gabbas en die gooses kan uitcheck?
S7T7: Ons hou van bra's wat die naam van poes hoog hou, so julle website is nie onder hulle nie. Just kidding. Julle stories kook en julle originality kook oor. Bou voort op die china's en chikkies se disrespect en laat ons weet as ons moet opdress soos mechanics vir enige feature op julle site. Love and respect.
Check ons uit op www.soil7t7.com. So van iewers in April af kan julle ons nuwe site besoek.

griffinInterview met Soil7T7 van Sliverton

Gooi Comment