Wat’s inne naam?

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Wat's inne naam?

Die ou ontmoet hierdie girl en hy vra haar wat's haar naam.

"Carmen."

"Dis 'n snaakse naam. Waar kom jy daaraan?" wil die bra weet.

"It's because I like cars and I like men," antwoord sy. "But how rude of me, what's your name?"

"Bierpoes!"
 
Moeilikheid met die man

'n Ou oom lê in 'n plattelandse hospitaal met prostaatmoeilikheid. 'n Jong seun met 'n gebreekte been en 'n erge hakkel probleem word in dieselfde kamer as die oom opgeneem.
Die seun vra: "Wa-wa-wat m-m-makeer oom?"

Oom: "Prostaatmoeilikheid, ou seun."

"O-o-oom, w-w-w-wat-s p-p-prostaat m-m-m-moeilikeheid?"

Oom: "Ek pis net so swaar as wat jy praat!!!"
 
krimpies

Daar was so anner china wat moerse goed agter sy lyf gekyk het. Hy't elke dag 5k's gaan draf en was ten minste 'n uur per dagin die gym.
Eendag staan hy vir homself en kyk in die spieël en sien sy hele lyf is mooi bruingebrand, behalwe vir sy tril. Hy besluit om iets daaraan te doen en klap 'n toon af strand toe. Daar gekom begrawe hy sy hele lyf in die sand behalwe vir sy tril wat bo die grond uitsteek.

Later daardie middag stap twee krimpies op die strand en kom af op die scene. Die een tannie begin die ding bietjie rindwikkel met haar kierie en sê vir haar krimpie maatjie: "Weet jy, daar is geen regverdigheid in die wêreld nie. Toe ek twintig was was ek nuuskierig daaroor. Toe ek dertig was het ek dit geniet. In my veertigs moes ek daarvoor vra. Toe ek vyftig was moes ek daarvoor betaal. Toe ek sestig slaan het ek begin bid daarvoor. Teen 70 het ek daarvan vergeet. Nou dat ek tagtig is groei die fokken goeters soos kakiebos en ek is te donners oud om op die ding te squat!"

griffinWat’s inne naam?

Gooi Comment