Egoli: Roadshow bereik nuwe laagtes

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Sommige van ons het die misfortune gehad om een Maandagmiddag net voor gewone Egoli-tyd die TV aan te hê. Lekker bose dag by die werk gehad, maak die broek los, sit die voete op en daar het jy dit.

Skaamteloos oopgevlek op ons screens: Die Egoli Roadshow wat onlangs in Sasolburg gehou is. Jirre ouens, nie so nie.

Die eerste waarskuwingsklokke kom toe ek agterkom die tragedie het in Sasolburg afgespeel. (Bietjie agtergrond: Die sogenaamde Vuildriehoek bestaan uit Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg waarvan Sasolburg by verre die kakste is.)

Nogal 'n statement, ek weet, maar die blote waarheid. Ten minste is die ander twee plekke nog aan die regte kant van die Vaalrivier (en die ou ZAR treinspoor).

Nou kyk, ek is mal oor Egoli. Dis uithaler televisie en buitendien kyk almal dit of hulle dit nou erken of nie. Maar 'n roadshow in Sasolburg … soos Thomas van ouds het ek begin twyfel.

En dit was nie ongegrond nie. So desperate gegryp na substance het ek seker laas op e-tv se sitkoms soos "Big Okes" en "S.O.S." gesien. En die drek op TV was die highlights. Bid jou aan.

Die arme akteurs het probeer sing en dans, van Neil Diamond songs tot Broadway. Zef musiek deur zef mense vir zef mense. Now there's a novel idea.

Om die lightweight entertainment aan te vul, is "bekende" name as gaste ingesluit. Dis nou china's soos André Schwartz en Yvonne Chaka-chaka. En autographs is by die duisende gesign. Nie net vir die kinders nie.

Nie net vir die kinders nie. Need I say more?

Maar hey … hey … die zefters in die audience het hulle se gate uit geniet. Lekker handegeklap (daai oumens handeklap so heen en weer), snorre gewikkel, saamgesing, bewonderend toegekyk en sommer net 'n lekker gesinsaand gehad.

Kyk Egoli het Sasol geskud. En die mense is daar weg met sterretjies in hulle oë.

Sterretjies van goud.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieEgoli: Roadshow bereik nuwe laagtes

Gooi Comment