Skakels, Mei 2002

In Skakels deur griffinRek jou bek

 

  Skakel Opsomming Ingestuur deur

Zeplins Donker club in 'toria waar die gotiese mense en ander hardebaard takhare uithang. Check hulle paartie pics of probeer uitfigure wat die "evil" navigation options beteken. Die bladsy het natuurlik 'n swart agtergrond. Mevrou Dominee

South Africans.co.za Gaap. Nog een van daai vervelige saits waar eks-patriotte mekaar kan opsoek en bande behou oor nasionale grense. CHopper CHarlie

Powell Skateboards Vir al die manne wat in die laat 80s / vroeë 90s "Skateboarding is not a crime" teen mure gespray het en by Margate downhill gery het. Powell Peralta se official websait. CHopper CHarlie

DIY Subwoofers Dis nou vir die manne wat serious is oor speakers bou vir hulle flaai rides. En ek bedoel serious, die page is highly technical en moer boring oor die algemeen. Gletser

Italiaanse koffins Surf bietjie op die sait rond en jy sal check dat hulle pinup modelle gebruik om kiste te probeer verkoop. Ook maar lekker creepy. Le petit mort, skiem ek. CHopper CHarlie

Pylvak Daar het jy dit nou – 'n Internetkoerant vir jongmense wat boonop "onbeskaamd Afrikaans" is. Heavy zef, kompleet met 'n artikel oor Kurt "Meisie, meisie" Darren. Nie so nie ouens, die Vader weet, nie so nie … CHopper CHarlie
Hierdie post is 4 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 303,873 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSkakels, Mei 2002

Gooi Comment