Dit is jammer

In Briewe deur griffinRek jou bek

Tertius Genis

Ek wil nie juis my tyd mors op julle niksseggende "site" nie, maar ek moet net byvoeg dat die briewe tot dusver is weereens 'n bewys dat Suid-Afrikaners, tuis of oorsee, niks het om op trots te wees met sulke klomp "commoners" soos julle wat die "site" ondersteun nie.

My tyd is verby met so 'n patetiese nikswerd site (Afrikaners).
 


Re: Dit is jammer
CHopper CHarlie

Gehate Tertius Genis,

Graag stuur ek 'n paar voorstelle aan oor hoe u selfs minder "tyd" kon "mors":

  • Nooit weer ons site te besoek nie omdat jy nie meer fokken welkom is nie
  • Nie "aan"halings"tekens vir elke fokken tweede woord te "gebruik" nie
  • Nie die Koningkryk te loop soek nie, kry liewer 'n werk, of gaan Margate toe
  • Woorde soos "Afrikaners", "trots" en "commoners" maar te los
  • Nie hierdie e-mail te lees nie
  • Verder wil ek jou graag net laat weet dat dit eerbaar is om op te staan vir jou waardes. En dis waaroor ons almal by WKJ? so heerlik skaterlag. Vir jou. En jou waardes.

Jy's doodreg. Dit is nogal hartseer. Snik.

Vriendelike groete,

Die Wat Kyk Jy? Complaints Commission

griffinDit is jammer

Gooi Comment