Zef Sketse druk hom in die rooi. Once.

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Viva die Zef, viva. Ek wou begin met 'n profound aanhef en dan die leser intrek met allerande literêre jakkalsdraaie. Maar helaas, al wat ek kan uitkry is dit: "Die show is poessnaaks." En moenie scheme hierdie is teater nie. Se moer man.

Dis fokken entertainment soos meeste lame-ass TV shows net van droom (a la die latest Casper Rasper show). Die pace is vinnig, die script is piele, die acting befok en die sound professioneel en net fokken cool.

Hierdie ouens rock. Retro rock ook blykbaar. For real.

Imagine 'n saamflansing van snaakse scenes oor mense wat so kommen is soos gras, almal van ons basically, in situasies wat al te familiar lyk. Die laaitie by die skool wat skelm rook en vertel van 'n anner laaties wat chicks zaber, pomp, brand en patla patla. Meisies wat "Gee lyn, gee lyn" sê op sulke oomblikke en die laaitie se ma wat hom corner na programme op TV oor dwelms, heavy metal en seks.

Ai, ons prille jeug darem.

Padskuim wat bedel by robots feature ook, brannas en Coke, onderwysers wat Bedryfs gee, en mense wat verslankingskure adverteer. "Vreet & vergeet" is die naam van die produk wat van die karakters gehelp het om maerder, maar steeds agterlik te bly. Met konstante winderigheid.

"Jy kan more dood wees" isse Monty Python tipe vibe waar die actors op 'n vrolike wysie vir die gehoor sing dat ons enige tyd kan kak. Sonder dat ons televisielisensies betaal is. Sublieme galgehumor.

En my favourite – 'n kamtig-abstrakte performance piece wat mens nie sal verstaan "behalwe as jy moer slim is nie". Volgens die show is mense van die suburbs of die weermag dan gefok. He he he.

Maar ek het dit verstaan. Elke woord. Moenie dink jy kan my uitmaak as fokken kommen nie…

Elke Afrikaanse mens moet Zef Sketse check. Dis poessnaaks.

(Check die ouens se websait uit by www.llama.co.za)

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieZef Sketse druk hom in die rooi. Once.

    Gooi Comment