Taxi to V-Town – hoe om jouself totally op te fok met ‘n bike en leef om te vertel

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Raait maatjies, maak vas julle seatbealts en sit die helmets op. Hier kom iets wat onmoontlik klink, maar grifF het dit so paar jaar terug oorleef en vertel vandag die storie. Skuif nader aan die heater, haal die Black Label uit en skop daai bike se stand terug. Ware lewe, waarlik zef. Dis storietyd.

Wat jy gaan nodig hê:

'n 250cc Yamaha TW (die een met die electric start en die dik tekkie agter) Houtkopweg in V-Town met heavy padwerke en fokol straatligte 'n Rooi taxi teen 140 km/h 'n Dronk poes in 'n wit Alfa 'n Helmet wat verkieslik op jou kop kan bly na die eerste crash 'n Redelike vinnige ambulans 'n Corupt traffice met lang vingers 'n Mediese fonds wat skrik vir fokol 'n Ortopediese chirurg wat uitmaak bene aanmekaar sit soos wat Bertie van Egoli uitmaak van puzzles bou Baie morphine, naald, garings, kateters, titanium penne, een van daai hartmasjiene wat piep-piep maak en 'n rolstoel wat kan wheelie Ons vat hom sommer van die tweede robot af, want toe was my spoed op so 100 k's 'n uur gewees. Ek het die bike net oorgesit 5de gear toe, toe die dronk kont in die Alfa die stopstraat skip. Daar was omtrent twee sekondes voor impact en dis wanneer jou pupille groot genoeg raak dat jy omtrent alles agter jou kop ook kan sien. Ek kyk links en sien ek gaan myself om 'n lamppaal vou; ek kyk regs en sien lekker slote en dromme van padwerke. Dan onthou ek: "Jirre jou dom poes, die heavy gevaar is reg voor jou – die fokken dronk ou in die kar."

Dis wat jy alles dink in twee sekondes. Wetenskaplikes en ander mense wat daarvan hou om kak te praat sê mos mans dink heeltyd aan seks, so dit is moontlik dat ek dit iewers in daai twee sekondes kon indruk.

Dan besluit grifF: "Ek gly nie 'n fok onder daai zef wiele in nie, maar ek wil ook nie lyk soos iets uit World War II in daardie slote nie." Helaas maar besluit om die krane groter oop te draai en die kar maar te stormloop. Ten minste kan ek in die kant vasfok en bo-oor die fokken ding vlieg. Maybe sal iets van die bike deur die deur steek en die onverantwoordelike poesneus se tril afsny.

En jirre ek het veeeeer gevlieg.

Dan het ek nog twee sekondes om te check of ek my huis uit die lug uit kan sien. Ek kon nie – daar was te veel fokken bome wat die nice view versper het. Kont dan maar hard neer op die teer en weet nie hoeveel van wat jy gebreek het nie. Shatterproof liniaal se ma se e-pos.

Die dronk doos klim uit sy Alfa uit en tune: "Oh fuck! Fuck! Fuck! Are you OK!??" Ek lê half missionary oor die middel van die witlyn en druk myself met my gebreekte arm lat ek darem op my rug lê en kan asem kry en skiem: "As soon as I can move this arm, I'm gonna slap this bitch!" Dan kom jy ook nog agter jy nuwe hemp en broek is ook in hulle se fuck yous in. For vark steaks!

Toe ek weer sien pull die cops in. Ek sweer voor God die koeltekont se eerste vraag is: "Meneer, het jy 'n lisensie vir hierdie fiets?" en hy begin 'n kaartjie uiskryf vir R250. Dit was 'n ene sersant Wesley. Ek begin toe op die poes skree dat die fokken karre my gaan trap, want daar is fokkol ligte en die traffic is besig om op my blaasspiere te werk. Mens noem dit in elk geval 'n bike en nie 'n fokken fiets nie. Ek dink nie hy het geluister nie, want hy was besig om 'n fokken duur horlosie wat ek vir Krismis gekry het van my gesonde arm af te steel. Die aasvoëls in die towtruck het gesorg vir die bike se battery (al wat oor was, behalwe vir die seat) en my skoene en die helmet wat so 100 meter verder gelê het.

Toe is dit wêna u taxi driver se beurt. Die traffice met die lang vingers duik uit die pad en skree: "Lê plat!". Ek is natuurlik nuuskierig en sit regop want ek het mos nou ekstra adrenalien om te waste. Bad mistake. Ek kon toe al die fokken nommerplaat lees.

Taxi's het mos hierdie gewoonte om fokkol headlights te hê en minder brieke as rolstoele, so ek kan verstaan dat die ou my nie kon sien nie. Ek dink net dit was bietjie melodramaties van die ou om teen fokken 140km/h Good Year oor my lyf te skryf en sy taxi so tagtig keer te rol en uit te bliksem en niks oor te kom nie. Fokken skobo!

Mens sou dink dat ek op hierdie stadium al uitgepass sou wees. Noddefok china. Die ambulans outjies kom aan met masjiene en draagbare en God weet wat alles. Daai fokken sakkies met vloeistowwe en so aan. Ek is toe nog by my positiewe en sê vir die ou dat hy nie hoef te worry nie. My rug is nog fine en ek is nie verlam nie, want ek kan my tone nog sien wikkel want my regtervoet lê langs my gesig. Ek sou sê dit was 'n skoon breek, want daar het net skoon wit bene orals uitgesteek.

Imagine: Om deur 'n rooi taxi fucked gery te word en dan in een met rooi ligte gelaai te word vir die roadtrip to salvation. Can you feel it brother! 10 minute later jaag hulle my by ICU in. Toe is dit fokken X-rays hier en daar en orals deur mense met lood oorpakke.

Nog steeds pass ek nie uit nie. Ek lyk soos 'n Angola guerillasoldaat wat 'n landmyn getrap het, maar nie eers dit is genoeg om my te laat beswyk nie. Ek vloek almal fucked-up want hulle hou aan om anesthetics by my are in te jaag. Daai tipe wat jou knock na so vyf sekondes. Vyftien minute later luister hulle eventually na my en sit die gasmasker op. Ek trip my poes af en pass uit. Twee dae later word ek wakker in 'n ambulans oppad na 'n ander hospital toe. Toyota sou geld verloor het met hulle Hi-Ace adds.

My grocery lys het as volg gelyk aan die regterkant:

  • Enkel gebreek op drie plekke Tibia en fibula gebreek (die onderbeen-onderdele)
  • Knieg in sy poes in.
  • Femur kan net sowel gebruik word drums mee te speel, want nou het ek twee in plaas van een. Die vet wat aan die kant uitsteek kan gebruik word vir rugby braais of ander Naked Chef tricks in die kombuis..
  • Regterheup poeskas toe Pelvis oopgekraak soos 'n oyster. Dis oraait, ons gebruik net vier penne en crosslinks (Hoffman apparaat) om daai outjie uit te sort. Dra hom vir twee maande – baie handy om jou skinkbord op te rus as jy hospitaalkos tand.
  • Ribbes gekraak (ek kon ook nie hierdie een vertaan nie – kon die goed nie maar net afbreek en klaarkry en deur my rug steek nie?) Drie mediese terme vir drie vingers wat gebreek het. Kon darem 'n stukkie van die headlights terugkry uit een vinger so maand later – heel per ongeluk.
  • Radius en ulna in hulle se moer in (dis nou die gewrig en polsgoete)
  • Geen meer skouer aan die wiel sit vir my nie.
  • Kop hard genoeg teen die teer gekont die eerste keer dat ek vir ses maande TV in stereo kan kyk. (oogspiere of iets wat geskeur het)

En aan die linkerkant:

  • 'n Volstruis eier (thanks ouens)
  • 'n Hart wat gaan staan het (o nee wag, dit was daai keer met daai warm chick toe sy haar klere uitgetrek het en. nevermind)

Om 'n al reeds lang storie kort te maak: Ek het geleer om 'n rolstoel soos 'n pro te ry. Ek het ook geleer dat dit fokken stupid is om tennis te speel in 'n rolstoel terwyl alles in gibs is en jy dieslfde arm drie keer breek voor die ses weke grasietydperk oor is. Ook geleer dis moeilik om kar te bestuur as jy agt karre weerskante van jou sien terwyl daar eintlik net een reg voor jou is.

Life's a bitch and then you recover in eight months. Ek wou 'n poes wees en sê dat ek vandag vinniger as 'n parapleeg kan rolstoel ry, maar ook vinniger as een kan loop en dat dit lekker is om fokkol te makeer – maar ek gaan nie. Daar is nie tonnels met wit ligte en stemme wat jou roep nie: dis net voor jy in ICU wakker word van jou laaste 30 minute vakansie op morphine, so maak of elke dag jou laaste is.

Onthou om agter julle ore te was en al julle groente op te eet voor die taxi's julle kom haal.

Lekker slapies.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinTaxi to V-Town – hoe om jouself totally op te fok met ‘n bike en leef om te vertel

Gooi Comment