Moenie met my padgemeen raak nie .

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

"Ek het 'n 1300 Corolla en is nie bang om hom te gebruik nie. Bestuurders van luukse sedans se ma se poes."

Dis die sticker wat ek vir my kar gaan maak. Dis nie dat 'n mens aggressief is nie, dis net…OK, maybe is dit omdat mens aggressief is. En omdat mense NIE FOKKEN KYK WAAR HULLE FOKKEN RY NIE.

Kan jy nie kyk voor jy fokken draai nie? Wat de fok is verkeerd met jou? Is jy fokken stupid of wat, jou dom poes? Ja, ek praat met JOU!

Jissis.

Die highway tussen Pretoria, Midrand en Joburg is blykbaar een van die drie besigstes in die Suidelike Halfrond lees ek noudiedag. No fuckin shit. Dis ook sekerlik die wereld se grootste versameling doosbreine in 'n 80km stretch.

Behalwe miskien die White House.

My spesies, dis nou gewone rustige mense met standard 1300cc karre, is onder konstante bedreiging deur 'n lot natnaaie wat losweg as volg uitsien:

Trokke is seker die bottom van die food chain. Die goed fokken raas, stink en poes altyd voor mens in as jou 1300 finaal daai elusive 4de rat kan betree.

Taxi's wat met cellotape en snot aanmekaargeflans is en 20+ mense dra op 'n enjin met meer as 300 000 k's op is volop. Mens vang hulle gewoonlik op 'n opdraende as hulle trokke wil verbysteek, en dan vir 2km langs die trok bly ry omdat hulle te goddamn swaar is om die eskader passasiers te dra.

Krimpies in karre werk nie. Dis nou hard en alles, maar die fok weet, as Al Qaeda hierdie metode gebruik het sou hulle baie meer mense kon uithaal. En mens kannie die krimpies blameer nie, want hulle is nie eers by hulle volle positiewe nie. Wat met Oldtimer's Disease en all…

Wingat werfetters in opgeboude Chicos, Corsas, Astras en die tipe van kak "funky" kar pomp almal se moet. As die damduiker actually deur al die tint en bandannas kan uitsien, kan sy kar dalk omslaan op die highway omdat die skirts en bodykits so fokken lag op die grond hang. En hierdie bliksems tailgate gereeld, in fact, hulle insist daarop. Wie gaan vir hierdie ouens sê caps is vir skoolkinners?

Rykgat opperklas slapkak lê op jou gat met SLKs, Zef 3s, Audis en ander sogenaamde luukse sedans. As jy flitsende ligte in jou spieëltjie sien dan weet jy. As hierdie ouens almal nommerplate kon hê wat sê FUCK THE SLOW, KILL THE POOR! sou hulle.

En mens weet dit gaan net erger word. Die goewerment praat van 'n Gautrans trein en tolpaaie en dies meer. Miskien moet ek 'n tollenaar word, dan kan ek heeldag sit en kyk hoe al hierdie fokken padskuim verby my ry sonder om self die gevaar te loop om 'n aar in my vrotsiek brein te bars.

"Honk if you're ready to die."

Chopper CharlieMoenie met my padgemeen raak nie .

Gooi Comment