Oxford street and beyond…(met die central line)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Helfire)

Ja, dit is seker maarso, die meeste van die Suid Afrikaners kom Londen toe om bietjie ponde bymekaar te maak. Dit net sodat hulle dit kan huis toe vat en gaan kak praat oor hoe maklik dit was om dit alles te verdien. Hoe lekker dit is om Tube te ry (by the way ook sommer hoe efficient dit is).

Fok, is ek die enigste Suid Afrikaner wat nie oor die weg kom hier nie, die enigste een wat nie doos baie geld spaar nie, die enigste een wat elke fokken dag iewers tussen iewers en nerens in 'n tonnel op 'n overcrowded trein sit (alhoewel ek meeste van die tyd moet fokken staan)? Is dit net ek of voel hierdie hele tube-ryery ongelooflik baie soos taxis by die huis?

Dan gaan die klein fokkertjies huis toe en gaan vertel van hoe lekker hulle hier in 'n (ek quote) hoe lekker hulle hier in 'n "Suid-Afrikaanse" huis gebly het. Ek meen, komaan, niks daaraan is lekker nie, 20 mense, drie slaapkamers, een fokken toilet en fokken min plek. Dit is mos lekker, so na aan die wortels waar ons vandaan kom.

Ek het nog net kak met Suid-Afrikaanse huise gehad, is al twee keer uitgegooi, fok, ek kan die mense nie hanteer nie, elke keer as ek wonder hoekom ek by die huis weg is, dan gaan ek bietjie Walkabout toe, dan kom alles met pynlike skrede op een slag terug.

Dis hoekom.

Die beste een van alles, jy loop in een of ander winkel en praat kak met die kamerade en dan skielik, soos 'n kak wat jy nie sien kom het nie: "Haai jinne, kom julle ook van Suid-Afrika af?" Nee fok, ek praat Lebanees, dit is hoekom jy my verstaan bitch! Fokkof! Dis sulke tyd wat dit voel ek moet net fokkof. Die mense irriteer die lewendige kak uit jou uit, hoekom moet hulle so wees? Dit sal niemand seer maak as hulle iewers voor 'n donnerse trein gaan inloop nie.

En dan sit jy weer op 'n dag soos vandag, staar by die venster uit, die son skyn, dit is lekker warm, jy sit by die werk met nie die geringste teken van 'n ander Suid-Afrikaner nie, en dan waardeer jy dit alles weer, dan waardeer jy die feit dat jy tussen twintig ander mense iewers oppad Pakistan toe bly (East End).

Dan trek jou hart op 'n punt en raak jy heel emosioneel, dan wil jy sommer net mens begin bedank: "Heel eerste wil ek vir my ma dankie sê dat sy my nie dood gelê het toe ek klein was nie en pa dat hy vir die geleentheid gegun het, ook vir my boetie Piet wat saam lughawe toe gekom het, my hondjie Blikkies, omdat hy altyd daar was vir my, en ook my ouma en oupa omdat hulle betaal het."

En as jy dit alles klaar gedoen het, 'n paar traantjies gepik het en alles, dan besef jy dat jy vandag nog moet by die huis kom, daar wag 'n trein vol stinkende swetende etters, almal daar tien teen een net om jou te spyt. Dit vat jou net kort van verewig om by die huis te kom, die bus-cabby hou hom snaaks en stop nie waar jy wil af nie, en dan asof dit van die hemel af kom begin reën dit ook nog.

Jy kom al klaar donners agitated by die huis aan, (heelpad maak jy jouself reg vir die wegspring blokke, dis nou om jou 6 minute in die badkamer te kan kry) daar waar jy gewoonlik nie kan loop nie van al die mense, is vandag niemand, en soos die duiwel dit wil hê is dit die dag wat jy ook nie jou fokken sleutel gevat het nie.

Nou sit jy hier op die stoep, lees watkykjy, en tik die poeslike brief terwyl jy jou Orange rekeningtjie die hoogte in laat rokoff! Dit alles net omdat jy niks beter het om te doen nie … want jy is mos in Londen.

En dis sulke tyd wat jy wens jou ma hét jou liewer destyds dood gelê.

Deel met jou tjommies!

    griffinOxford street and beyond…(met die central line)

    Gooi Comment