Oorlog op Toerisme Nou In Volgende Fase

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Toast Coetzer)

Washington – Ons politieke buro hier berig dat President George Bush die naweek bekend gemaak het dat die oorlog op toerisme nou ook in ander wêreld dele gevoer sal word.

"I'm quite positive that those people in Africa, especially in countries like Mozamnabwe and South Arizona.. erm.fokkit. Africa, are also fed up with these tourists infiltrating their countries. We will not stand for that. We are now taking the fight to the tourists. We are cowboys and they are warmongering paedophiles. They must die. Dead or Alive. Fokkit, dead, bring hulle koppe White House toe."

Die Pentagon beplan om toeriste te slaan waar hulle dit nooit sal verwag nie. Strande, curio-stalletjies, hotelle en groot toeriste-aantreklikhede word as voorlopige teikens gebrandmerk. Die aankondiging het skokgolwe deur die Suid-Afrikaanse toerismebedryf gestuur.

"Ons is mal oor toeriste, toeriste is ons lewe," het Gerrit M, bordeel-eienaar van Groenpunt gesê. Meeste Suid-Afrikaners is lankal gewoond aan die toeriste en dit pla hulle blykbaar glad nie. Sommiges verwelkom hulle self in hulle huise. Daar word selfs vermoed dat toeriste waardevolle buitelandse valuta die land binnebring.

Ons kon teen laat gisteraand egter niemand opspoor wat vir ons kon sê wat valuta beteken nie, so ons reken dit moet 'n bedreiging wees.

"They've already destroyed one of the world's most famous landmarks," lui Bush se verklaring, "and we're not about to let them destroy any others. I've seen pictures of the pyramids – or at least, my wife has – and it looks like those Italians did a pretty nice job on them – us Americans would like to keep it that way. That's what we are: Americans."

Die USS Engelbert Humperdinck word reeds teen die einde van die maand in Kaapstad verwag. Die vliegdekskip sal by die Waterfront vasmeer en van daar af operasies na Clifton en Kampsbaai uitvoer. Van die vliegtuie se petroltenks is so groot dat hulle selfs bomme in PE en Oos-Londen sal kan gooi. Die Navy Seals sal ook snags deur die kroeë en nagklubs gaan om seker te maak daar's geen toeriste nie.

"Those Germans won't know what hit them," het Generaal Colon Powell laat val.

Skokkende dokumente wat gister aan die media gelek is, bevat planne om van die wêreld se "minder belangrike" besienswaardighede te vernietig, om die toestroming van toeriste stelselmatig te verminder oor die volgende vyf jaar. In Suid-Afrika betrek dit die Kruger-Wildtuin (diere sal geskiet word – McDonalds het die kontrak), die Voortrekkermonument (wat egter wel op kleiner skaal in 'n manskoshuis op die Tuks-kampus herbou sal word), die Groot Pynappel buite Bathurst in die Oos-Kaap (omdat niemand in elk geval soontoe gaan nie) en die hele Plettenbergbaai.

Die Kango-grotte sal ook definitief vernietig word, want volgens intelligensie wat in Afghanistan verkry is, skuil toeriste dikwels in grotte. Mens kan skynbaar toeriste uitken aan hulle lang baarde, sloffies (met wit kouse) en vuil naels. Vroue-toeriste skeer nie hulle beenhare nie.

"It's going to make me so happy to see all those dead tourists," het Bush gesê, "you better believe it."

Deel met jou tjommies!

    griffinOorlog op Toerisme Nou In Volgende Fase

    Gooi Comment