Klap, Klap en nog Klap in Oudtshoorn – Watkykjy interview Steve Hofmeyr

In Watkykjy Interviews deur Chopper CharlieRek jou bek

WKJ? : Dink jy die pers kom met te veel weg onder die guise van vryheid van spraak?
Steve
: Jep. Te veel vryheid vir enige groep is die basis van fascisme.

WKJ? : Sal jy weer fisies inklim as jy dink dis nodig, en is jy enigsins spyt oor jou aksies?
Steve
: Ek is spyt. Geweld is nooit reg nie. Daarom het ek die man nooit gevoeter nie. Net bang gevloek!

WKJ? : Dink jy nie fisiese geweld is alreeds so groot probleem in SA dat jou aksies 'n slegte voorbeeld stel nie?
Steve : Om iemand te wil voeter eenkeer in 16 jaar se slegsê resensies, is nie 'n kultuur van geweld nie. Mens kweek ook 'n kultuur van geweld as jy stilstaan en kyk hoe jou familie, vrinne, fens, taal, kultuur en standbeelde opgeneek word. Geweld is ook slegs 'n simptoom van woorde. Roekelose woorde.

WKJ? : Een van jou griewe was die verwysing na jou fans as "common". Sou jy sê dis 'n recurring theme as na Afrikaanssprekendes verwys word en hoekom pla dit so erg?
Steve : Omdat dit nie 'n kriterium is vir enigiets behalwe snobisme nie.

WKJ? : Jy het heelwat positiewe terugvoer gekry na die insident. Is mense oor die algemeen gatvol vir die critics, of is dit dalk net die lojaliteit van jou fans spesifiek?

Steve : Nee, ek het 'n positiewe reaksie van Kanada, Duitsland, Frankryk, Australië en NZ gekry, baie wat net wil hê wat ek wil hê, nugter inligting in 'n Inligtings Era. Sover ek weet is Anna-Mart, Kerkorrel en Dan Roodt ook nie eintlik fens nie, maar hulle verstaan die konteks.

WKJ? : Enige volgende kandidate vir 'n klap van Steve?
Steve : Stephanie Nieuwoud, Kobus Burger … nee, wat. Ek sê mos die drang kom net een keer elke 16 jaar.

WKJ? : Thanks vir jou tyd en samewerking. Gee hulle hel.
Steve : Pervsryheid maak jou nie God nie. Dis 'n voorreg, 'n dissipline en 'n verantwoordelikheid. Thanks

Chopper CharlieKlap, Klap en nog Klap in Oudtshoorn – Watkykjy interview Steve Hofmeyr

Gooi Comment