Club chic (ks)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(Deur jinn)

Na amper 'n dekade van sheltered suburbia het ek dit gewaag om, op wankelrige bene, die singles scene te betree. Die opwinding om weer die watergate, hoeke, bars, shelters en shitholes die sad and single te frequent. Dinge het agteruitgaan of dieselfde gebly, I forget which.

Die glowing neon name verskil maar jy is nooit verbaas wat jy gaan vind sodra jy binnestap nie:

  • Die elektriese atmosfeer – feromene, hormone en cheap parfuum wat allerlei beloftes inhou
  • Die oë op jou – mene mene . stadig word jy dopgehou
  • En dan of course die crowd

Na vele happy hours begin jy deur die façade van ordentlikheid en die ander vorms van sosiale en kulturele brainwashing sien. 'n Typical club eco-system val as volg uitmekaar:

Hyenas
Hardloop in troppe – maklik om te spot even in 'n drive-by. Die giggling girlies met identical CK bodies en Cosmo gesiggies. As trop beweeg hulle seemingly nonchalant en unavailable in kleiner en kleiner sirkels. Die taktiek bevoordeel altyd die frenzied matriarg. Na eerste kontak is daar gewoonlik 'n kort gillende bekendstelling (club deafness – 'n sindroom van ons tyd) wat gewoonlik in 'n matter of minutes verdiep na 'n full blown tong salon. Die trop gil hul goedkeuring en beweeg aan.

Leeuwyfies
Die strategie van hierdie girlies laat die leeuwyfies van die Serengeti soos huiskatte lyk. Leeuwyfies jag twee-twee. [Statistieke toon dat 90% van hedendaagse mans wat blootgestel was aan die riské (skynbaar-)lesbian fotos van Scope en ander propaganda tydskrifte van die negentigs, onder die indruk is dat girls van hierdie inclination remotely interested is in hulle pulsing presence en dat die possibility van bevrediging vir alle partye (in this world) exist.] Skuur-skuur, soen-soen op die polsende ritme van die latest doef-doef treffer word die prospectives langs die dansvloer met smeulende katjie oë bespied. (Teen die tyd moes die prospectives al hulle T-shirts uit hulle broeke haal om plek te maak.)

Hibernating bere
Soos gouelokkies se bere is hierdie ook 'n sprokie, 'n mite, 'n fantasie oorgelewer deur die media en die Bybel. Die hibernating beer is attached, make no mistake, maar die poes aan haar arm is just that, en sy kyk voorvlugtig rond. Vir haar was die soeke na god in ook Johan, André of Willem se omhelsing weereens vergeefs. Die wentel bewegings van haar heupe en die vuur/verlange in haar oë maak jou bewus van haar ontwaking.

And all the rest is prey.

Soos elke aand kan dit die eerste of die laaste aand wees. Maar die jag is tydloos en elke aand is dieselfde.

Waar gender averages, die dwindling populasie groeisyfers en die gay pride movement dangerous inroads gemaak het op die playgrounds van die heterosexual chick met haar suitcase vol behoeftes – blyk dit tyd vir 'n bloedbad.

Survival of the fittest – our man Darwin sou trots gewees het.

griffinClub chic (ks)

Gooi Comment