Dinge om te doen in Rivonia

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Toe maak ons 'n draai by Hewlett Packard die anner aand. Hulle het fokken baie geld, want hulle het hulle eie tenpin bowling alley. Hulle het fokken baie geld, want ons het kos gekry. Hulle het fokken baie geld, want hulle het vir ons drank gegee. Punt is: hulle het fokken baie geld.

Die hele idee was om so kwart voor vier se kant by die werk te duik HP toe vir so bietjie pret. Mot en Goose duik so twintig voor vier se kant, maar kom heel laaste by die plek aan. Ek verstaan nie hoe mens 'n joint so dik soos jou piel in peak traffic kan rook oppad na 'n werksfunksie toe nie. Mot en Goose het dit reggekry.

True to my nature fokken verdwaal ek na die fokken plek toe, maar manage om net betyds van die heel linkerkantse baan af 'n regs te pull oor 'n rooi lig. Die arme kont aan my regterkant het homself fucked geskrik en gevloek en getoet. Dit was my baas. Ek het lekker gelag. Dit was snaaks.

Aangekom by HP is dit eers 'n ge-fokken introduction en 'n ge-ons-doen-nou-fokken-dit-en-dat-blah-blah-shut-the-fuck-up-ek-wil-suip-asseblief. Shot. Houtie gooi vir ons Chivas en Coke (net om hulle af te pis) en ons raak aan die kuier. Mot en Goose pitch so 30 minute later, gerook soos Kaapse bergies op suspect rocks. Hulle oë lyk soos daai Cabbage Patch mannetjies s'n en hulle loop stadiger as wat hulle praat. Ek vat vir Goose buitentoe. HP het sulke fucked-up pienk stuffed flaminke by so klein dammetjie. Ek tune Goose HP het gevra hy moet asseblief die flaminke oppas en my kom roep sodra hulle move. Die china het fokken lank daar buite by homself gestaan. Hy het my actually na 'n halfuur geroep en hoog en laag gesweer dat die goed gemove het. Fokken aap.

Eventually begin ons die bowling ding. Wat 'n fucked-up alley! Nou normaalweg is dit nie moerse cool om sulke goed hardop te sê nie. Veral nie by ryk plekke soos HP nie. Ek probeer myself justify: "Die pins kom af met toue, die balle kan in my skrotum pas en die alley is maerder as Kate Moss na 'n stewige enema." Anyway, ek en Houtie het baie gelag. Te veel eintlik. Ons het almal verskriklik baie kak gegee (ons het meeste mense nie geken nie). Ek kon eventually nie fokken staan nie (van die lag en die drank). Actually kon die kokipen waarmee ons score gehou het ook iets daarmee uit te waai hê want ons is deur vier van "hulle"(lekker dikkes – die blou is veral sterk.). Ons het fokken stone dead laaste gekom. HA HA HA. Fok dit, wie gee om? Die drank vloei soos modder. Een of ander dom poes van ons 'toria branch kom met lyn op:"Wel ten minste het ons probeer en probeer is die beste geweer." Tune ek die man: "Lysterhieso china, probeer skiet soos 'n fokken AK47. Verskriklik vinnig, hard en lawaaierirg en meeste van die keer mis."

Toe fokkof ons en sê ons "koebaais en baie baie drankies virre lekker aand, dit was vet-nice". Twintig minute later slat ons die Rivonia jol. Rhapsodies van alle plekke. Kyk, jy sit nie 'n zeftige persoon soos grifF in 'n lanie spot soos daai nie. Die mense raak veral afgepis omlat ons doosdronk is en nie nice is met die Willem Prinsloo's om ons nie. Ek skiem hy sou heavy uitgefreak het, want ek, Mot en Houtie slaat uit soos maaifoedies met vier chicks van ons ons graft wat FHM se voorblaaie soos kort vet kaalkop mans laat lyk. Wat dit even beter maak is dat hulle vir ons drank score heel aand. Nice. Cool as simpel rugby-freaks dink hulle koop drank vir oulike meisies om hulle in die bed te kry. Fokken snaaks om die disappointment op hulle smoele te sien as die drank aangepass word na poese soos ons. Disse vieslike wereld waar almal mekaar gebruik. I like.

Vandag is 'n ander storie. Ek word wakker en my asem ruik soos bosmossel. Dis nogal skrikkerig want ek is nie die tipe ou wat op my stukkie cheat nie. Toe onthou ek geliukkig dat Blondie vir my calamari gekoop het.

Na dronkbestuur oppie highway en allerhande derglike goed is ons terug by die werk. Lynx (asof ek haar regte naam vir julle gaan gee) het 'n pragtige streep oor haarself opgegooi oppad werk toe. Nou het sy sulke opgooi oor haar boobs. Ek is te bang om toilet toe te gaan en Blondie se verhouding is op die rotse omlat sy by die huis ingestap het toe die son tune "Issit?"

Die baas is darem nie meer kwaad vir my omdat ek soos 'n poes gery het nie. Hy is kwaad omdat ek dronk by die werk is.

Elke wolk het 'n silver cunt.

Hou die blink cunt bo.

Deel met jou tjommies!

    griffinDinge om te doen in Rivonia

    Gooi Comment