Hallo, dis Kobus!

In Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

 

Almal tune heeltyd van Kobus!, die nuwe band met Theo (ex-Springbok Noodles) en Francois (ex-Voice of Destruction) wat die Kaap op horings het. Tune grifF mos vir Francois ‘n paar vrae en die man enlighten ons.

kobus00

WKJ? : Waarvoor staan Kobus!?

Francois : Party idiote gee voor dit staan vir Kom Ons Besing U Satan. Nee, die naam was eers “Kobus Zoid” maar toe raak iemand anders famous met daai naam.

WKJ? : Is dit heavy metal?

Francois : Nee, dis die soort musiek wat jou ma na luister. Jy kan headbang op “Die Kruis”.

WKJ? : Kan mens headbang daarop?

Francois : Net op die song “Hoenderman”.

WKJ? : Waaroor gaan die tunes van Kobus!?

Francois : Grootmensdinge en braaivleis..

kobus01

WKJ? : Is dit net Francois en Theo innie band? Waar’s die res?

Francois : Daar is geen res nie. Ons is die mainste en coolste. Ons speel met ‘n drumbeat op CD.

WKJ? : Is iets al release en waar kry mens dit?

Francois : Ja ons debut CD is nou uit. Jy kan dit by enige shop koop waar jy Steve Hofmeyr kan kry. Ons het ‘n deal met ENT entertainment met Sony International as verspreider.

kobus02

WKJ? : Kan ons een kry as ons julle ruil virre watkykjy skippie?

Francois : Hang af wat is ‘n skippie.

WKJ? : Wanneer moer julle Gauteng mette toer offe ding?

Francois : Ons speel ‘n show in Pretoria en Joburg (Bassline) 23-26 April. Ons is ook geconfirm vir Oppikoppi en Aardklop in Potch.

WKJ? : Dink Kaapstad se mense nog steeds dis cool as hulle hulle oë starig knip en starig praat?

Francois : Jip. Veral in Observatory. (The Lentil Belt, my broe.)

WKJ? : Dink julle ook daar is te veel Dopper kerke in Suid-Afrika?

Francois : Nee daar’s te min. Ek hou van Dop.

kobus03

WKJ? : Hoe gaan dit met jou ma-hulle?

Francois : Cool. My ma is Kobus! se nommer een fan. Sy het ook ‘n befokte swembad.

WKJ? : Wat het van VOD se bra’s geword?

Francois : Hulle is almal wimps. Behalwe ek en my broer Paul wat baie main en cool is. Mens kan sien wie is die regte musikante en wie is losers as jy tien jaar later kyk en sien wie maak nog musiek en wie maak babies. Maar ek sal nie a one-off reunion show mind nie.

kobus04

WKJ? : Kan mens nog Uncle Vinnie erens kry?

Francois : Ja, by my eksklusief. Wil julle hê? R100 virre CD of 70 minute video. Mail my by Francois, 27 Mountain Crescent, BonnieBrae, 7570. Postage and blessings included. Dieselfde vir “Die Kruis”.

WKJ? : Gee ‘n kort definisie van zef en wat dit vir julle beteken vir 5 punte.

Francois : Christmas decorations. Dit beteken absoluut fokol. Hoeveel punte kry ek?

WKJ? : Wat is die kakste TV program wat jy al gesien het en hoekom?

Francois : Felicia, want dis plain kak. En miskien Stoute Boude.

kobus07

WKJ? : Enige laaste woorde aan enige fokkers daar buite?

Francois : Julle is almal dose as julle nie ons shows kom kyk en ons CD’s koop nie.

WKJ? : Is that your final answer of wil jy ‘n vriend bel?

Francois : Ek sal vir Uncle Vinnie bel met Die Kruis as backup.

 

griffinHallo, dis Kobus!

Gooi Comment