Stempaal
Loading ...Kom-petisies
Dinge om te doen
Inligting met trots verskaf deur:
Kief Tunes
WatkykjyTubes
-
Die week se top 10
Afdelings
WKJ op jou Garmin
Ouer Koeie
-
Onlangs op WKJ
- Phuket, maar Thailand is kaklekker! (deel V)
- Life on The Road – Learn Guitar with David Brent
- Laasweek se zefspotters
- Sondag. Skêre met skietgoed.
- Dis naweek, kom ons fokken duik!
- Score tickets na Park Acoustics se derde birthday!
- Totally verskillende predictions vir die naweek se SuperBru
- Mission Metallica: Accomplished.
Interwebsradio.com
WKJ SuperBru team
-
Watkykertjies Tune
- HOT LIPS on Hoe om te naai… week#1 van 4
- einafok! on Life on The Road – Learn Guitar with David Brent
- Alibaba on ‘I’ve always got a yell in my pocket’ – Wat Kyk Jy? interviews Metallica’s James Hetfield.
- Bokbal se Oupa on Laasweek se zefspotters
- Belhamel on Bittereinder – Kwaad Naas feat. Shane Durrant
- kleinattie on Dis naweek, kom ons fokken duik!
-
-




RSG fok dit op: Die ‘hulle’ in plaasarbeiders .
Dis partykeer nie maklik om Afrikaans te wees nie. Blameer dit op apartheid of op whatever de donner jy wil. Dis partykeer net nie maklik nie. Luister nou maar na Radio Sonder Grense – of RSG in die volksmond.
Wat ek wel kon aflei is dat een van hulle sogenaamde 'projekte' betrekking het op plaasarbeiders in die Kaap. Opheffing en die tipe ding – wat anders? Asof dit nie genoeg is dat Calvinistiese huisvrouens heeldag op hulle dik gatte sit , Huisgenote lees en wag dat Pappa by die huis kom vir sy bord kos en verkleinerings nie moet die mense hulle dan ook in gemeenskapsontwikkeling begewe.
Seker alles met goeie intensies, maar ons het al gesien in waste ongelooflike kak dit die fokken wereld gekry het. Vat nou maar die Tweede Wereldoorlog, die eighties of Hyundais. Alles goeie intensies, alles met hewige repercussions.
Moet dit altyd so ver gaan?
Een 'been' van dié spesifiek projek word genoem 'Voluit Vrou' en leer die plaasarbeiders se vrouens hoe om met geld te werk, en regte kos te
koop en huiswerkies effektief te doen en dies meer. Goeie bliksem. Dis nou 'n fokken skill wat meer in aanvraag is as MCSE wees, ek's seker.
Mense het nie sulke kak nodig om beter te lewe nie Martie Kritzinger. Hulle kan hierdie 'goedjies' maklik doen as daar geld, facilities en dies meer is om dit mee te doen. 'Ek het nie 'n fokken sent op my naam nie, maar die Here hoor vir my, as ek geld gehad het sou ek dit effektief kon spandeer.'
En dit hou nie hier op nie, o nee. 'Jy weet, hulle wil ook net partykeer praat en ook net bietjie mens wees.' My top blaas dwarsdeur my kar se dak. Hoeveel "hulle" is daar in plaasarbeiders? Hoeveel Martie? wil ek skree terwyl ek alles in my vermoë doen om nie 'n ongeluk te maak nie.
Blind van woede kalmeer ek myself met die gedagte. 'Hulle' vat tien-teen-een die Kaapse tannies virre ride. Ek kry my kar in die regte baan en ry rustig voort.
Hulle het gewen.