Gooi ‘n strike, my Kroon

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Dis Vrydagaand, jyt gefokof by die graft en die saak is reg. Want 'n man is ook nie 'n klip nie, hy moet relax. So jy mors met 'n skuimkoppie of twee, kry die troepe bymekaar en sak af na die plek van konings. Nee, nie Valhalla, Olympus, Vigiti Magna of Atlantis nie – dis Kingsleys bra, fokken bowl1Kingsleys.

Kingsleys is 'n joint in Arcadia net oorkant Sterland. Hier kan mens ten pin bowling, pool, arcade games en alkohol geniet (nie noodwendig in daai volgorde nie). As jy net wil suip kan jy so doen vanuit 'n versonke bar wat amper ooghoogte met die bowling baan se vloer is.

Luuks.

bowl2Moenie eers begin met fokken Brooklyn of ander malls se bowling alleys nie. In die eerste plek lyk Kingsleys regtig soos 'n alley. In die tweede plek is dit regte bowling, sonder neon en veertienjarige flossies en sewentiejarige angsballetjies met gelhare. Jy wag nooit om te bowl nie en die skoene fokken rock.

Hier's regte sout-van-die-aarde, Spur mense with a taste for life. Verseker. Jy pas in deur te suip, die game te jol, te check dat niemand jou selfoon sluk nie, bier om te stamp en in general net fokken bos te gaan. Ek sien 'n nuwe hemel kom … bowl3

Die hoofaim van die aand is natuurlik om die Koning van Kingsleys te wees, m.a.w. om te fokken wen en dan 'n doos te wees daaroor. Hierdie is 'n eer wat my al toegekom het, en eintlik maar altyd myne is. Want ek is die beste. [Sien, dis hoe mens 'n doos is.]

Om dit te doen vermy liefs die volgende shots:

 

Die griffin Geen pins word getref nie met een van jou twee shots op 'n frame nie.
Die dubbel
griffin
Geen pins word getref nie met beide van jou shots op 'n frame nie.
Die CHopper Geen pins word getref met al drie van jou shots op 'n frame nie. Ja, drie van jou shots.
Die CHopper
CHarlie
'n Shot wat in die gulley afrol en op die laaste ent uitspring en een pin tref.

So daar het jy dit – hoe om te jol by Kingsleys. En dan sê mense Arcadia het niks om te bied nie. Ek laat julle met hierdie wyse woorde: 'Wie nie bowl nie, kan nie wen nie.'

Strike!

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieGooi ‘n strike, my Kroon

    Gooi Comment