fight

Fok boneheads. Fok Bulldogs en fok Verwoerdburg.

In Snotstories deur Chopper Charlie3 Eiertjies

Verwoerdburgstad. Nog nooit uitgemaak van die poesplek nie, en nou is daar nog meer rede om nie jol te smaak nie. Volgende keer tune ons: 'Fok dit. Rave verby.' Maar laat ons by die begin begin.

Na wat begin het as goeie drinkdag land ons laataand op te Tings an' Times, Hatfield. Na absurde gesprekke oor Haile Selassie se pienk leeus kry ons dit in ons koppe om Pier Café toe te fok. Die Here alleen weet hoekom.

Ons slaan Centurion met 'n moerse gejuig. Stormdronk en lus vir die ding tot ons uitvind Pier Café het 'n R50 couvert charge vir een of ander donnerse foam paartie. Ons besluit toe dat die enigste foam wat ons vanaand wil sien, is daai top tipe wat jy kry saam met jou bier. Ons proceed na Bulldogs byrrie Lake.

Moerse fout.

Asof dit nie genoeg is dat die plek oorloop met about net rugbyspeler ouens nie, jol lekker doef-doef en 'n klierkop is besig om kak te soek met 'n swart bra wat ook dans. Ons team op met dié van kleur en sit saam hulle en bier drink. Fok die Voortrekkers, dis 2001 for fuck's sake.

Later raak dinge warm en die whiteys raak rusteloos. Ons sê vir die bra's ons almal moet fokof, hier kom kak.

Chopper

Ek traai die ding stop en sê vir die wit laaitie hy moenie stress nie, ons sal waai en die swart dudes saamvat as dit vir hulle 'n spies in die sy is. Klap die man my mos van my voete af. Ek steier, en met die afkomslag gryp ek my enkel. Skree die ou: iHy't 'n mes, hy't 'n mes … hy's een van hulle!'

Toe moer hulle vir hasie.

Ek hou net my kop toe en word gemoer, gestamp, gesleep en eindelik geskop totdat ek nie meer beweeg nie. Deur drie ouens waaronder so ou fightdude van Bulldogs wat die manager/ eienaar kon wees. Vet nice, cheers ouens.

Toe ek opstaan is daar 'n chick wat vra of ek OK is, en haar boyfriend wat vra dat ons fokof. Jirre tog! Asof dit nie die plan van die begin af was nie.

Ek kry vir griffin weggetrek van 'n volgende fight waar hy die ouens wat ons gemoer het staan en uitkak en fokof terug Pretoria toe. Fok boneheads. Fok Bulldogs en fok Verwoerdburg.

(en thanks vir die gebreekte rib.)

griffin

Ja ek skiem toe by die bar: 'Vier Black Labels asseblief'. Chopper sit toe klaar saam met die anner bra's en chill. Die poesneus agter die bar reken: 'Julle moet nie kak maak hieso nie'. Half dronk en moerig antwoord ek terug: 'Luister hieso bra, ek koop vir myself 'n fokken bier en nog drie vir die duikpakke wat by ons tafel sit. Vat die geld en bring my bier. Moenie vir jou fokken simpel hou nie.'

Toe ek weer sien toe breek die fight uit en voor ek myself weer kry staan ek buite tussen die arme drie swartes en sowat sewe AWB driven spierbeertjies. So 20 meter verder is hulle besig om Chopperse ribbes te breek met hulle skoene. Ek try die ouens uitmekaar hou en die volgende oomblik fokken Sprinbok-tackle so china my in muur vas en grifF val hard. Ek staan toe maar op en dit voel of my spine deur my hol getrek is. Maar 'n ou moet of braaf of dom wees as jy omring is met 'n somtotaal IK van 70 tussen sewe mense.

Tune ek toe maar: 'Jirre ou, moes dit my nou bang of seer gemaak het?' Whap! En 'n vuis bring my grond toe. 'n Vreemde chick bring my horlosie en ander goete wat gespat het vir my terug. Weer staan ek op en trek my sleeve op. Ek wys die china wat vuisbefok is 'n moerse lelike scar op my skouer van so paar jaar terug toe 'n taxi my teen so 140 k's geklap het. 'Kyk ou, dit was effens seer, maar jy sal baie fokken harder moet slaan as jy my enigsins bang wil kry. Ek slaan nie aan kak nie, maar ek kan leer, so ons kan begin rol as jy wil!'.

fight2Die ou sê toe jammer en mompel iets van hy kan nie help hy't in Nelspruit grootgeword waar almal poes trek en in 1980 leef nie. Ek vloek hom toe nog so paar stringe en tune hy's welkom om nog buddies te gaan haal laat almal 'n shot inkry. Hulle kan even van agter af kom, ons sal nie omkyk nie. Ook maar goed hulle het nie, anders het grifF dalk 'n tweede gebreekte pelvis in ses jaar gehad.

Wel, dis nou maar ons resensie van Bulldogs. So gaan kry jou daaglikse bier, gebreekte ribbes en 'n PK en laat weet ons of dit lekker was.

Vir Bulldogs wil ek nie eers deur die Hubble Teleskoop sien nie.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieFok boneheads. Fok Bulldogs en fok Verwoerdburg.

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Simpatie – ek ken daai poeslike fringe-groepie wat jy in Nelspruit (en Lydenburg, en Marble Hall, en Middelburg, en nog sulke plekke) kry. Ek het lank in Nelspruit gewerk en uiteindelik ophou uitgaan, want daar is genuine 'n faktap subkultuur wat na watergate en klubs toe gaan (altyd in 'n groep) met die uitsluitlike doel om so gou moontlik dronk te word en dan een of ander random victim (gewoonlik iemand met 'n dik bril, of 'n kruk, of 'n rolstoel…) te panelbeat tot hy lyk soos 'n rou hamburgerpatty. Konte…

    2. tommietampon

      wys my asb. net die rigting en n kort beskrywing van die naaiers asb.  ek het baie lae vriende in baie hoe plekke wat aan robin hood meet fight klub sindroom lei en ja, julle kry die idee.  hulle het nog nooit n intervensie gehou war die poese nog nie gevra het asseblief, tree op teen ons, want ons is boelies in die ergste graad en ons kan onsself nie help nie .
      hulle is self so graaf om die wat georienteer is veilig by die nodige amptelike hoedanighede te laat uitkom, te wete hospitale, polisistasie of die lykshuis.  amazing hoe rustig n joint kan raak, self maande na n ligte intervensie….

    3. TommieTampon

      ek weet van wie ddd praat. hulle baie effektief in plaagbeheer, jammer hul was nie in omgewing nie dan was dit verseker trips na hospitaal ICU, lykshuis en vir julle almal hoerhuis om wonde te laat lek…

    Gooi Comment