Telkom – Ek slaan my oë op na die berge net betyds om voëlkak in die oog te kry.

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Ek het nog altyd gedog dis ‘n bitch om te trek. Die fokken gemors met bokse soek, inpak, uitpak, bier-break, skoonmaak, vuilmaak, skoonmaak, bier-break en finally die laaste bier-break as jy in ‘n fokken deurmekaar plek sit met nog kak wat jy voor jou siel weet jy eers oor twee weke gaan uitsort.

Dis fokkol china’s. Try om jou foonlyn uit te sorteer met Telkom die vriendelike dom telefoonkorporasie. Ek trek liewer drie huise se inhoud in die reën op my eie met ‘n Mini wat ge-lower is en op gladde tekkies hardloop.

Maar daar moet nou eers bietjie background geskets word. My sussie het besluit om by haar boyfriend in te trek omdat sy te “bang is” om op haar eie te bly. Wat die regte rede is wil ek fokken liewer nie weet nie. Griff besluit toe dis fokken shap, want dis omtrent 30km per dag nader aan die werk. Daar was net een fokop: Omdat chicks nou maar chicks is en nie regtig weet hoe telefone effektief te gebruik nie is haar lyn geklap op pre-paid. Nou griffin is nie juis jou top tipe pre-paid aanhanger nie en die modem gaan half sy kont afsukkel om voice prompts te volg en nommers in te druk net om connected te raak.

Bel toe maar vir Teldom en try alles arrange. Vat toe net ‘n record 20 minute en alles is piele. Die girlie aan die ander kant vra toe nog of ek R7-weekend kak soek. “Girlie, ek dink ons los maar die weekend storie, want grifF verloor sy brein en sy bene so teen Vrydagaand en kry dit min of meer terug so 11 uur se kant hier teen Maandag by die werk. Ek skiem my cell (17e een) sal doen oor naweke as ek die donnerse ding nie wegsmyt of in Vodka laat val nie.”

Die lyn het vir een dag gewerk en is toe fokken wragtig afgesny. Na presies 3 ure van bel en aanhou en afsny en weer fokken bel kan hulle uiteindelik vir my die rede gee: ‘non-payment’. Ek onthou die boodskap wat aan die begin speel as jy aanhou tune iets van: “This message may be recorded for quality control.” Nou hoe de fok kan ‘n company soos Telkom die woorde “quality” en “control” in een sin gebruik? Ek blaas in elk geval my top: “Hoe in Gods naam kan jy vir my sê dat die bliksemse lyn afgesny is due to non-payment!!? Watter fokken deel van pre-paid fokken verstaan jy nie?” En so fokken karring dit aan.

Ek bel nog ses keer terug, hoogs die poes in. Word deurgesit en afgepis en afgesny. Laaste oproep voor ek ‘n twee uur smoke break vat het min of meer so verloop: Telkom tannie: “Goei-e dag, Tel-kom nu-we dien-ste Ma-re-tha wat praat waar-mee kan ek help?” Griffin: “O jirre jissis, nee los maar tannie. Ek dink ek moet iets fokken sterk drink.”

Telkom se websaait is amper net so kak soos die company self, maar daar het ek darem ‘n nommer gekry om customer complaints so bietjie te roer. Dit het darem net die standard 48 uur gevat en die die lyn is eventually aangesit. Hierdie keer het dit darem vir 3 dae gewerk voor dit weer uitgefok het. Wat nou gebeur is, wanneer jy die handset optel, lui die foon van self asof ek al klaar gebel het. Natuurlik tel niemand op nie. Jirre ouens, maar Telkom weet darem hoe om ‘n man te breek. Hierdie hele proses het op 27 Oktober begin. Vandag is 9 November. As daar spelfoute in hierie storie is, is dit omdat ek nie die fokken screen kan sien deur al die trane in my oge nie.

Telkom het effektief min of meer 7 ure van my company se tyd gesteel. Ek bel toe maar fokken weer en kom by een van die plebs uit. Hierdie keer se rede het my amper laat uitpass. Ek het nie geweet dat ‘n man se kop so baie bloed kan handle nie. “Sir, ekording toe our logs, joe asket for de service toe be sispendit biekos joe are moving toe Ermelo.” Ek herinner myself aan die oproepe wat ge-record word. “Maar my God tannie, watse poes het nou sulke lot kak kwyt geraak? Ek fokken weet nie eers waar hierdie poesdorp by name van Ermelo is nie. Is julle almal fokken mal of het julle nagskool geloop by Avril Elizabeth!!!??? Ek wil hierdie fokken storie nog fokken vandag uitgesort hê, so maak ‘n fokken plan. My selfoon nommer lê die hele fokken Telkom vol en almal belowe nou al van die 27ste Oktober af om my terug te bel. Gaan jy my terugbel of moet ek maar elke fokken 10 minute self terugbel?!!!? Wat gaan julle doen!!??”

Obviously was huil heel bo aan haar lysie van wat sy kan bydrae tot Telkom.

Ek stuur toe maar die volgende e-mail uit na my baas: Telkom recently cut my land-line. Their reason was that I “am moving to Ermelo”. Seems that I’m not coming in on Monday, seeing that I have to go look for a new place in Ermelo as per Telkom instructions. I don’t even know where this excuse for a town is, but my guess is that I’ll be coming in to work at around 11 from now on.

Ek besluit toe maar om die heel hoogste level te bel: ‘Office of the Chief Executive Officer’. Snikkend en vloekend vertel ek my hartseer verhaal van die Avril Elizabeth Telkom monsters wat wil hê dat ek moet hervestig in Ermelo. Hulle gee my reference nommers en allerhande kak en belowe weereens om terug-te-bel-hulle-belowe. Nie eers 40 minute later nie bel die fokkers toe wragtig terug. Hulle rede vir die lyn se self-induced oproepe is dat ek per ongeluk gekoppel is aan ‘n emergency uitbel tiep van nommer wat polisie toe bel. “O, ja dit verduidelik alles, want die polisie tel mos nooit hulle telefone op nie. Kanseleer asseblief hierdie emergency call en bel my terug, OK?” Tien minute later bel hulle my weer terug: “Meneer ons het ‘n fout gemaak, dis nie ‘n emergency call nie, maar dit het iets te doen met ons commercial afdeling. Ek sal die saak aan hulle oorgee en hulle sal u terugbel binne die volgende uur.” Ek bly verslae stil en antwoord terug: “Ja, asseblief kyk wat jy kan doen, want ek soek asseblief fokkol verder by Telkom behalwe ‘n werkende lyn. As iemand my bel vir enige ander rede as om te sê dat my lyn reg is, gaan ek ‘n groot geel koevert met ‘n kilogram Anthrax na julle hoofkantoor toe pos, maar jy hoef nie te worry nie, want die posdiens is amper net so kak soos Telkom.”

Dis nou ‘n uur later. My foon het nog nie gelui nie, maar ek voel beter op ‘n baie fokken weird manier.

grifFin – Tel kom by die bank, want julle Teldom ouens weet minder as fokkol van niks af.

Deel met jou tjommies!

    griffinTelkom – Ek slaan my oë op na die berge net betyds om voëlkak in die oog te kry.

    Gooi Comment