Grapgat, Maart 2001

In Grapgat deur griffinRek jou bek

Grapgat
Want jy tune mos van snaakswees.


Die rand klim al hoe hoër en as ons almal duim vashou sal hy een van die dae deur die R10-grens se broek bars. Dan gaan jy net sien tollie spat. Gelukkig kan ons lag daaroor, want die nuwe trend is om allerhande kak te koop oppie net met denkbeekdige geld soos Blue Bucks. Natuurlik praat ek berge stomende kak en dieselfde word van julle watkykertjies verwag, so stuur jou kak mette posduif na ons toe. Onthou net om die koevert mooi af te lek. En jou lippe ook.

Nuwe Tunes

Petrolprobleme
Bles

Krisjan pull in by Zenex eendag met sy battered bakkie gedress in khakis, velskoene, snor en ‘n slaprandhoed. Hy sweef die petriljoggie sy sleutels med die vierkleur sleutelhouer en sê “Goeie more, maak vol met super, asseblief.”
“How much?” vra die petrol outjie.
“Vol asseblief.”
“I only speak english!” insist die astrante bliksem.
Krisjan dink so rukkie hard en skiem toe dissie ‘n probleem nie: “Good day to you Sir, I currently feel a profound desire to replenish the propellant of my motorised chariot. Therefore, I cordially request
you to transfer, from your subterranean reservoir, a sufficient quantity of combustable fluid of the highest octane rating to fill the appropriate receptacle of the said means of conveyance to the brim.”
“Hau?!”
“Do you have a problem Sir? I thought you said you spoke English?”
“English! That is not English!”
“My dear Sir, are you veritably attempting to insinuate that you do not even recognise the language which you allege to be your singular means of communication?”
“Hau?!”
“Let me attempt to elucicate in the most elementary forms, your paltry grasp of English vernacular is frittering away the time at my disposal or as I would put it in a civilised intelligible language – Dit is so duidelik soos daglig dat jy aboluut FOKKOL van Engels weet en jy mors my bliksemse tyd! Verstaan jy nou?”
“Ja meneer, ek moet hom vol maak meneer. Afrikaans, hy is beter meneer.

Van Boere en Britte
Chopper

‘n Boer en ‘n Ingelsman was goeie pelle wat gereeld op mekaar se plase ‘n draai gegooi het. Bring die Brit mos eendag sy 17-jarige doggie saam vir die naweek. Ware English Rose, soos hulle sê.

Die Boer se laaitie is 18 en obviously moerse ingedruk met dié storie. Hy vra die chick uit na die coolbox dance Satrag oppie dorp en sy tune van ja. Opsluit is hulle weg in die Boer se Nissan LWB.

Soos hulle maar altyd doen, kuier die manne by die huis oor ‘n bottel brannies en los baie van die wereld se probleme op. Julle weet mos. Hier by middag begin hulle die hek dophou vir die twee kinners, maar daar’s fokkol.

Dis naderand eenuur en die Engelsman begin benoud op en af stap en stress. Teen vieruur join die Boer hom. Hulle praat nie ‘n woord nie, stap net op en af en vryf hulle hande.

Dit raak hier sesuur se kant en die lug kry daai ligroos tint soos voordat mens moet opstaan. Tune die Brit “The dawn is nigh!”

Retort die Boer “Fok, ek weet die donners naai, maar waar?”

Plaasdief
girfFin

President Mugabe visit eendag een van die klasse by ‘n laerskool in Benoni. Hulle is besig om oefening te doen met woorde en betekenistoekenning toe Rob ingewals kom. Die juffrou vra hom toe of hy nie wil deelneem in die gesprek nie. Die woord onder bespreking is “tragedie”. So die bliksem staan toe voor in die klas en vra hulle om ‘n sin te maak met “tragedie”. Klein Smittie staan eerste op: “As my oupa in Zim besig om aartappels te plant en ‘n war-vet kom aan en moer hom oor die kop met ‘n paal sal dit ‘n tragedie wees”. “Nee, tune Magabe, “dit noem mens ‘n ongeluk”. Phumzile steek haar hand op en sê: “As 2 boeings in die World Trade centre vasvlieg en almal in die vliegtuie en die die gebou sterf, sal dit ‘n groot tragedie wees.” Skud Rob sy kop en sê: “Nee, ek’s bevrees mens sal dit ‘n groot verlies noem”. Die klaskamer word heavy stil en niemand anders volunteer nie, tot klein Kaballas sy hand opsteek: “As ‘n jet waarop Mnr en Mev Mugabe travel deur missiele afgeskiet word sal dit ‘n tragedie wees.” Mugabe se gesig helder op “Fantasties! En kan jy my dalk vertel hoekom dit ‘n tragedie sal wees?” Kaballas staan regop en skree:”Wel, dit sal defnitief nie ‘n ongeluk wees nie en dit sal ver-fokken seker nie nie ‘n moers verlies wees nie!”

Hasie

Naked van Dubai

Hasie draf eendag deur die woud toe hy vir kameelperd ‘n lekker vet daggazol sien rol. Hasie check haar hier van onner af uit: “Giraffe, my bra, hoekom rook jy dagga? Kom draf saam met my deur die bos man. Dis baie meer gesond. Jy sal sien jy voel baie beter na die tyd.” Kameelperd check vir Hasie, check die jont uit, gooi dit weg en begin saam met hasie draf. Rukkie later kom hulle by olifant wat besig is om stywe lyne cocaine te snuif deur ;n R200 noot. Hasie begin toe hanna aan olifant ook: “Ag nee Olifant, los daai Coke, jou neusbrug sal dit nie hou nie. Kom draf liewer saam met ons. Jy sal Check jy voel honnerd keer beter ou maat” Olifant check hulle uit, kyk na sy Visakaart en die spieëltjie, moer dit weg en begin saam te hardloop. Die drie diertjies draf ‘n kakshot deur die bos en kom toe op leeu af met sy padkaart-oë besig om heroin te spike. “Leeu!” sê Hasie. “Wat maak jy ou? Wil jy nie sa…” Skielik gee Leeu vir Hasie ‘n oorverdowende poesklap teen die regterwang en spike verder. Verlsae kyk Olifant en Kameelperd vir Leeu aan. “Hoekom die fok het jy die arme outjie so hard gebliksem?”, vra Olifant eindelik. Antwoord Leeu toe: “Daai klein poes laat my elke keer soos ‘n dom donner saam met hom deur die bos hardloop as hy op Exstacy is!”

griffinGrapgat, Maart 2001

Gooi Comment