Voorblad

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

Voorblad
Chopper Charlie



Dis Dinsdagaand, M-Net is kak en ek’s reg om te gaan slaap. Maar wag, kyk net so – dis Voorblad, of Huisgenoot op TV. Asof die kak layout en tabloid artikels nie genoeg was nie, kan jy nou degenerates op die kassie sien.

“Hierdie uurlange program identifiseer buitengewone stories oor gewone mense,” sê dit op die kykNet website. I’ll fuckin’ say. Die Almagtige Afrikaanse Freak Show sou ‘n beter naam gewees het. Dis actually,’n ware blik op ‘n nasie van agterlike gemors met hulle waardes ferm gesetel in Calvinisme en ‘n blindelingse geloof in rassesuperioriteit. Sug.

Dit kick ass om Afrikaans te wees.

Vanaand is dit weer Riaan op sy beste as doospresenter van formaat. “Hoe dik was jy gewees?” vra hy vir die middeljarige huisvrou van Benoni wat 40kg verloor het deur Weight Watchers. Die kamera pan uit na ander eks-dikkes en random lelike mense. Vaal meisies en grys bewekoppe kyk beangs na ons uit die studio. Later kekkel ons favourite presenter (en Radio Sux DJ) grootpraterig oor die feit dat hy, super Riaan, die dikste kind in standard twee was. Ons voel jou pyn. Poes.

Next up ‘n eks-boemie wat twintig jaar draks gevat het maar nou hoenders oppas vir Jesus. Dis actually die beste deel van die show. Met bewende vingers en oë wat gevaarlik ronddart vertel Piet oor die parklewe waar hy “gezula” het terwyl hulle mense “byt” vir geld. Na ‘n session op dwelmskool “relapse” hy en “begin weer dwelm”. “Dis hy, dis hy,” knik hy vervaard as Riaan sy pearls of self-righteousness met ons as kykers deel. ‘n Zef slang kampioen, die Piet as jy my vra.

Ek crack nog ‘n Label en sit behaaglik terug. God,. ek’s bly ek’s ek.

But the best is yet to come. ‘n Brood en spirits word opgebring en nou-gelowige Piet demonstreer hoe die spirits-deur-‘n-brood ding gedoen word. Darem relapse Piet nie op die show nie. Hy’t blykbaar meer “opiate” gedoen. Nee, Piet, die word is hoesmedisyne en meeste Afrikaanse mense is verslaaf daaraan. Soos Thinz. En Grandpa’s.

‘n Vorige keer op Voorblad is klein tertjies en koeksisters voorgesit aan kinders en mense met akute gewigsprobleme. Riaan was ook nie links nie en het almal driftig aangemoedig om in te lê. Die dikste-kind-in-standard-twee relaas is natuurlik toe ook opgebring.

Buitengewone mense indeed. Dis soos Jerry Spinger sonder die fist fights. Gays wat baklei, mense wie se kinders hulle nie meer wil hê nie, mense wat afgerip is, mense wat lelik is, simple dose, arm bliksems, sieners en ‘n hele spul ander lae kak wat 15 minute wil hê om bietjie naam te maak. Bou nou ‘n volk met so nasie.

En dan’s daar Riaan. Bombastiese, uitkruitende Riaan. Maar ek moet stem dat hy reg is om die mense so te behandel. Hulle soek regtig daarvoor en mens moet vir hulle lag.

So hard as moontlik. En vinger wys.

Doen so voort Voorblad.

Die freaks verdien dit.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieVoorblad

    Gooi Comment