Ge-nooit-ge-sien-a

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek



Dis nou wel nie die stad van die toekoms nie, maar dis darem vet nice. GTi. GSi. Hier is karre alles, mense fokkol. No fear, bru, no fuckin fear: this is Bad Boy country.

Skiet uit. Gaan groot in Gezina.

Ek stap by AutoZone in wat veronderstel is om alle moontlike spares op aarde te hê. By the way, hoekom “spares” as mens nooit spaar het nie en moet gaan koop? In elk geval, die snor is vriendelik en ernstig Afrikaans.

Ek koop jumper cables. “Jy kan ‘n 10-ton trok met hierdie outjies start,” deel die snor my goedgunstelik mee. Dat ‘n Corolla 1.3L (1986) ‘n donnerse far cry van ‘n 10-ton trok is, faze hierdie dude blykbaar fokkol. Hy mompel nog kak oor trokke terwyl hy my wiper blades kry.

Vir bubbles (blykbaar windshields in die bedryf) word ek verwys na Black Rock Racing, net af met Voortrekkerweg. In Amerika het jy die Sunset Strip, in Gezina die Drag Strip oftewel Voorries.

Saterdae behoort egter aan die krimpies van G-Town. Fokken Cressidas en plooie en wheelchairs op karre en wit bewekoppe en ‘n gefokkensukkel en gepis en getalm en voor mens inry en stop voor jy draai en stop vir geen rede nie en ek bekak my pantie amper in die halwe km drive.

Red Rock Racing. Weereens is “racing” ‘n far cry van said Corolla, maar ek park hom netjies tussen die onherkenbare body kits op wiele voor die plek. Plasic orals. Bulldog stickers. Casper, Bart en ander cartoons wat zaps gooi. Man/vrou bumper stickers. Seks bumper stickers. Bad Boy. No Fear. Bad Girl.

Stickers ad infinitum. Styl ad nauseum.

Ek koop die outjie hieronder terwyl ek daar is. Die wit Afrikaner se ewige gekerm. Ek beplan stilletjies om dit op Skipper Glen se Mazda te plak as hy snorkel. He he he vir Skipper.

He he he.

Na vele stelle bubbles aangepas is, settle ek daarvoor om ‘n stel te bestel vir my raar-maar-waar model Toyota. Net R200. En ek koop ses biere vir die ou wat vir my ‘n customised bumper sticker maak wat lyk soos die “Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder” petrette – “Wat is ‘n kar sonder ‘n turbo”.

Golf Pappa. Ten four.

Chopper uit.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieGe-nooit-ge-sien-a

    Gooi Comment