Satrag-aand by die drive-in

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur  Jan “Blouvisier” Bitterspanner)

Scheme, my connection Bokkie, voordat hy en sy cherrie Stukkie hulleself poeskas toe geval het teen Brakkies se treinbrug, het my altyd hierdie words of wisdom getune: “My ou,” het hy altyd gese. “Daar’s actually net drie tipe van gabbas in hierdie wereld en hulle personalities het alles te doen met location.”

“Daar’s die boys wat bly in die Wild West – dis nou jou tipe gabba van Krugersdorp en surrounds. Dan’s daar jou connection van die South Side – hulle bly in Rosettenville of Alberton – en dan’s daar ons boys wat bly in die Mystic East. En vannie drie is die boys vannie Mystic East die meanste.”

Ek altyd so halwe oor gechuck as hy my die words of wisdom getune het. Tot een Satrag aand by die Atlas drive-in op die ou Benoni Road when it all fell into place like a donsdosie wat gekletter is op vliegtuigparaffien…

Ek was besig om af te park by die huis en te scheme oor bottie vat en draatie kap toe ek Bokkie se Wildcat freeflow zorst hoor vibreer soos hy met sy Katana in die straat afgesleep kom.

“Howzit my china,” hoor ek hom brom onner sy lid. Jy kon nooit sy eyes notch nie want Bokkie het altyd sy sunnies gesport onner sy visor, dag of nag. “Klim my gabba, laat ons maak soos Rockoff, want ons moet sleep.”

Ek het natuurlik nie ‘n clue waarheen nie, maar dit maak okkie sakie want ek weet ons sal eventually eindig iewers waar daar koue dop en warm doos is.

Nou, die ou pad tussen Benoni en Kempies is waar die boys altyd op ‘n goeie Satrag-aand die aeries van Jan Smuts gedice het. Daar was alles wat jy nodig het: die Luna Plaza Roadhouse, met waitresses en rokkies net onder hulle wolsnorre op rollerskates; die Atlas drive-in, filled to the brim met poeskoetse en ‘n sekere plot in Pomona waar jy vet zol en lospoes kon score teen bargain basement pryse.

Anyways, ons sleep in by die Luna om ‘n burger en ‘n shake te graze en poes te notch en Bokkie wil bietjie sy connections vannie Unholy Few (East Rand) MCC opchat vir ‘n button of twee.

Maar for some strange reason was die gooses daai aand nie lus vir sker nie en dit rev my en Bokkie se moermeters sommer innie rooi. “Kom ons gaan notch ‘n moewie by die Atlas. Fok hierdie klomp flaffies. Dink mos nou dat hulle graft hulle is te goed vir ‘n mens,” brom Bokkie. (Soos ek reeds gese het, Bokkie was tussen-grafts en het meestal net sy bonie getune of gebuff.)

By die drive-in aangekom is daar sommer ‘n lang tou jammies wat staan en wag om in te gaan virrie late show. Ek scheme ek onthou die moewie nog goed – dit was Rocky I gewees.

“Fok almal” sê Bokkie en ry tot voor innie koor by die entrance en hy rev-rev sy bonie in tune. “‘Scuse me my boy, but that’s rather uncalled for,” hoor hier agter my. Toe ek omkyk, notch ek hierdie twee gatgabbas agter ons in mini.

“Eh?” tune Bokkie. “SCUSE ME, but that was rather uncalled for,” se die holpomper hier agter ons.

“Eh?” tune Bokkie weer. Die keer spy die oe deur sy sunnies. “Just what exactly WHERE do you think you are going?” se die gabba

Die volgende oomblik swaai Bokkie sy chain en gee die gabba een PK deur die venster. In die opvolgende commotion ry ek en Bokkie toe deur die gates en check Rocky for free, nannies.

Toe die pote eindelik opdaag is die komposkoning se oë so geswel, hy kan nie eers ‘n ID parade maak nie.

Later die aand toe ons terug sleep Brakkies toe, sing ek en Bokkie: “Brakkies ou brakkies so far away, I’m so fokken high, I’m so fokken bly I drink for enjoyment I naai to get high, so if you don’t laaik it just FOKOF AND DIE”

Ons fokkers vannie Mystic East was mean fokkers back in those days…

griffinSatrag-aand by die drive-in

Gooi Comment