Etiket met GriFfin (Hoe om jouself op ‘n Boeing te gedra enige plek in die wêreld)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Voorrit inspeksie:
Maak vir jouself ‘n brick van gedroogde origanum of enige ander spice wat soos dagga lyk. Vacu-seal dit en sit dit iewers in jou tas waar airport officials dit maklik sal kry. Maak ‘n moerse bohaai as hulle jou arresteer en probeer om die vlug te mis.
Sue hulle asses vir fokken baie geld en gaan later verniet oorsee met vet zak.

Jy wil gewoonlik nie langs ‘n vreemde bewekop sit nie. Jy gaan defnitief nie move nie, maar daar’s ‘n paar surefire maniere om ‘n oop seat langs jou te hê:

* Sorg dat jy jou sifste Gypsies (daai tekke vannie eighties) aanhet. Trek hulle uit sodra die eerste ete geserve word. Al julle watkykertjies is in elk geval sif, so jou voete behoort ‘n kakshot te pong.
Onthou net dat atletiese voete jou nie noodwendig ‘n vinnige vaartbelynde persoon maak nie. Ek is self ook nie jou top tipe Lewis nie. As Health & Racquet volgens jou ook ‘n sportwinkel is, is jy op die regte pad.
* Trek die komplimentere vliegtuigkouse oor jou ore en praat net Afrikaans met die persoon langs jou. Dit werk natuurlik net vir internasionale vlugte as ‘n uitlander langs jou sit. As dit ‘n Nederlander is, vra hom/ haar: “Hebben jouw kinderen een zeer mooie poes?”. As hulle Afrikaans is kan die dieselfde vraag in Afrikaans gevra word.
* Of vertel hulle van wkj? se content in detail. Steeds met die kouse oor jou ore kan jy ook dieregeluide maak in ‘n bewerige stem. Onthou om slegs Afrikaans te gebruik.
* Maak of jy ‘n aanval kry en uitpass elke vyf minute. Rock vorentoe en agtertoe terwyl jy aanhoudend sê: “Are we there yet? Are we there yet? I can’t feel my legs! Are we there yet?”
* ‘n Meer subtiele manier (en trust my hierrie een het my en my vriend die vier seats in die middel gewen) is om ‘n boek met ‘n hoogs gewaagde cover (met die cover natuurlik na die medepassasier se kant toe) vas te hou. As dit ‘n nice chick is en jy soek bietjie inflight spyker, kan jy Hustler ‘n go gee. Al hierdie chicks gaan mos oorsee om hulleself te “vind”. Nou maa kyk nou wat bied jy haar!
My persoonlike leesstof keuse (ons het langs fokken heavy snotty snobby Britte gesit) was ‘n boek genaamd “In the name of Satan”. Ek het hom spesiaal gekoop vir hierdie doeleinde en tot vandag toe nog nie gelees nie.
Oë rek? Oë reg met Eye-gene!

Die vliegtuig styg nou eers op… En kyk hoe sit jy soos sy Eksellensie die Posmeester-generaal! Befok. Nou virrie inflight entertainment en dies meer.

* Skree op jou heel hardste terwyl jy regop staan: “Ag verskoon my mense, maar WAT DE FOK IS AIR-RAGE?”
* Drink die ekwivalent hoeveelheid drank as die koste van jou vliegtuigkaartjie. Ek weet dit klink moeilik, maar kom ek skets gou ‘n scenario: Dit vat 14 ure vanaf Jan Smuts Lughawe to by Perth waarin ek 8x Four X biere (XXXX), 2x Tueysnew (ek kan regtig nie ‘n fok onthou hoe mens dit spel nie, maar ek dink daar was ‘n prentjie van ‘n bok op of iets), basically 1x van elk van die ander soorte bier (daar’s omtrent nog so 6 soorte gewees), ‘n dubbel Blerry Mary (hulle gooi net Absolut) met elke bier, ‘n rum en Coke en ‘n dubbel brannas.  Dit kom neer op omtrent…ag fok ek was doosdronk en dit was die moeite werd.

Punt van die storie:
As jy op ‘n internasionale vlug is en eventually jou bestemming bereik en die plek lyk soos Benoni, is jy hoerdronk en het my raad gewerk. Ek weet nie mooi van binnelandse vlugte nie. Die erries is maar bra klein en skop heavy decibels uit.
Dis in elk geval te kort om al die bogenoemde goed te doen. Jy kan wel die voorrit inspeksie try. Die enigste ding wat my gehelp het om van ‘n krimpie ontslae te raak oppad Kaap toe was toe hulle die sogenaamde “lunch” serve.
Die phrase: “‘n FOKKEN PECANUT PIE? YOU GOTTA BE FUCKIN’ KIDDING ME!” word bleikbaar as air-rage beskou en is strafbaar met die dood of seks in die toilet.

Meer as dit kan ek nie bied nie. Ek ry gewoonlik in my fucked-up Golf rond. As God wou gehad het dat die mens moes vlieg, sou Thabo Mbeki heroïen legal verklaar het.

Span daai vlerk!

Deel met jou tjommies!

    griffinEtiket met GriFfin (Hoe om jouself op ‘n Boeing te gedra enige plek in die wêreld)

    Gooi Comment