Die einde van die wêreld (Of: ‘Die fokop met kettingwinkels’)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Toast Coetzer)

Dis dalk my eie skuld. Dis dalk ons almal se skuld. Maar ek wil die blaam tog vierkantig voor die outomatiese deure van gewilde kettingwinkels plaas. Die revolving doors by die banke met die groen is vir “GO” embleem het ook ‘n vinger in die nag-emmer, maar ons gaan nou nie met kak soos globalisering (nee, fok, dit het niks met spoeg, die Ghost Busters of balkleppe te doen nie, Gerrit) mors nie, want dis anyway veel meer gewild in Japan (en hulle ken jijitsu en ons weet dat jijitsu en Black Cat jou ‘n gevaar op die strate maak).

Dit het gebeur toe ek in Stellenbosch gesit het so paar maande gelede. OK, ek weet dis in die eerste plek ‘n stupid plek vir ‘n moreel stabiel Afrikaanssprekende om te wees, maar ek’t gedog ek sal dit darem kan doen, net so vir een middag en ‘n wynplaas-toer lank. Min het ek geweet. Wat ‘n onskuldige dubbel-bier en afgryslike stukkie anchovy-pizza by Die Dros moes gewees het, het skielik in ‘n onmeetbare eksistensiële (niks met ex-girlfriends te doen nie, Gerrit) krisis ontaard. Donker Hottentots-Holland miswolke het gespiraal voor die son soos die napalm-gas in die closing sequences van Platoon, of een van daai. My bier het verbitter. My anchovy het aan my pankreas begin knibbel.

Fok dit, het ek eers gesê, maar toe weer gekyk.

Neffens regs van my oogblik, op die plein tussen die voetoorgang en die bar op die tweede verdieping waar iemand netnou ‘n promotional cardboard cut-out van ‘n Savanna-bottel ingedra het, het hulle aangekom. Rye van hulle. 12, dalk 14, selfs 38. Ek kon nie verseker sê nie, want ek was verward en verblind – iets wat toegeskryf kon word aan my sonsteek van twee dae tevore of dalk het ek impulsief na ‘n wapen begin soek. Maar die pizza-mes was stomp en ek wou nie in die openbaar my bierbottel stukkend slaan om ‘n lekker lem te maak nie. Bowendien (soos my broer sou gesê het), die mense om my sou my vir ‘n mal ketter op Panados en papawer-saad geroep het.

Die sight was dalk die logiese samevloeiing van blote sinkronisiteit (is ge-sinkroniseerde swem nie die most useless Olimpiese sport ooit nie? Shit, hulle might as well jukskei toelaat in Athens 2004), dalk was dit ‘n drama-klas uitstappie, of selfs die Stellenbosch goth/hardcore sel wat na ‘n voorlesing van Marilyn Manson chill-out songs gegaan het. Maar ek twyfel. Hulle was gestuur. Deur God. Of Buddha, of Sjaka Septembir of Mike Lipkin. Om my te toets, te treiter, te folter, uit te lok, te ‘mok’ (soos my broer sou gesê het). As ek terugkyk, dink ek nou dit was bloot opvoedkundig. Dit het my Paulus-oë laat afskub soos karpskubbe wat afkrul en stink in die son by Lake Mentz anderkant Jansenville (in die agtergrond roep Asterix, “hier’s fokkol vis, ouens”).

Die linies was losweg gerangskik, casual selfs, maar hulle uniform het alles verraai. Dis wat hulle gevaarlik gemaak het. Nie soseer vir almal om hulle nie, nee, veel eerder gevaarlik vir hulleself. Hulle was grasieuse handgranate op soek na ‘n skoolbus vol ongetooides voor hulle een vir een sou ontplof soos marmotte in LG Microwaves (face of the future: hoe jou gesig lyk die oomblik as jy uitvind ‘n microwave kan R3 000 kos en jou chick wil dit net fokken hê). Opvallend ook dat hulle almal sulke semi-sexy (op daai musiekjuffrou/tandarts-sekretaresse manier) hubare meisies was. Hoofmeisies, prefekte en die wat altyd wou gewees het maar te stupid, dom, lelik, ongewild of arm was. Dalk het hulle pa’s wynplase. Dalk is hulle die kinders van netjiese voorstedelike huise in Belville en Durbanville. Ma’s wat wasgoed was en Health & Racquet toe gaan. Boeties wat 0/13 A-span speel. Boyfriends wat … nee, ons kom nog by hulle.

Hulle tabberds was netjies, ge-groom, nice rompies wat nice been wys. Toppies wat klein boobs goed laat lyk. Understated make-up wat boring gesiggies snoggable laat voorkom. Haarstyle wat nie sommer uit hulle holle getrek is een oggend nie. Nee, die tipe haarstyle wat Ernstige Erns ‘Liz Hurley-hairstyles’ sou geroep het. Selfs Gwyneth ‘Pypbom’ Paltrow sou trots gewees het.

HULLE HET ALMAL DIE FOKKEN SELFDE GELYK. ALMAL IN SWART. SWART EN SO SPANDABELRIGE TIKKIE GRYS HIER EN DAAR. HULLE KON GE-CLONE-DE SUSTERS GEWEES HET. DIT WAS VERSKRIKLIK. 1984. NEE GERRIT, NIE TOE ONS IN SUB.A WAS NIE! 1984, DIE BOEK. DIE GROOT FOKKERS MAAK ONS ALMAL DIESELFDE.

Edgars-pakkies, Foschini-toppies, Topics-skoene (sexy swart leer-nommertjies wat so fokken onprakties is as jy ‘n quick getaway moet maak by die BP Express shop met ‘n hoender-pie en dit reën buite en jy gly as jy om die draai gaan en dan gryp die Hi-Tec security guard jou aan die kraag). Die kettingwinkels beheer ons. Alles. Dit begin met jou vriende. Dan sien jy wat hulle dra en, God, kort voor lank wil jy ook cool wees. Jy wil soos die res wees, jy wil kwaai lyk by die sokkie, jy wil ouens pull met jou absolute grasie (maar verstel jou Woolworths onderklere met jou wysvinger onder die tafel, dan vat jy weer ‘n vingerhappie op ‘n stokkie), verfynde glimlaggie (wag maar, bokkie, ‘n blowjob is nie vir beginners nie), jy wil jou gat in styl swaai, terwyl dit nog tight is en jou kuite so bounce-bounce van al die hokkie speel. Jissis, jy wil IN wees, nie UIT nie. Die Alfa-female het ‘n trademark, ‘n label, sy’s so fokken trendy sy eet net chips-flavours waarvan die pakkies nie met haar klere clash nie. Sout en asyn = navy. Tamatiesous = rooi en, at a push, burgundy.

Die ouens ook. Die boyfriends. Hulle’s hier, hier in Die Dros, hier in die Hatfield Plaza, hier in Brooke’s Pavillion in PE. Daar’s nie eers ‘n cover-up nie, dis ‘n openlike surrender teen die magte van die hoereerende kapitalis en haar sweepswaaiende tolk, GELD en die ewigdurende, taai, oorklappende skermutseling om gewild te wees, hip girls te naai, TV-sterre te ken en Just Jinger lirieke te kan recite. Generaal Reitz sou in sy graf probeer omdraai het (ons weet tog dis onmoontlik om te kan omdraai in ‘n kis, veral as jy vet is. Bowendien, blaas mens nie op as jy doodgaan nie?). So much vir Magersfontein en Amajuba. Spioenkop is net ‘n pleknaam. Boet Erasmus net nog ‘n buurman. Die ouens se kruitvate is selfone, hulle voorlaaiers is hulle Corsas en Sohos, hulle khaki-toiings is muscle-tops, hulle jasse is Markhams-truie met daai stupid strepe, hulle broeke is vars roomkleur Chinos van Edgars. Hulle is die truly worthless Truworths MAN.

So slaan dit my toe, ‘n fratsgolf van emosie en woede, gepaard met patriotisme en sy gebruiklike bedmaat, voel-‘n-fok-isme. En ek sit daar, entoesiasties maar verward, soos ‘n klein kitchen-zink in ‘n pruimboom wat nou net uitge-figure het hoe om muisvoëls in ‘n sifdraad-hok te vang en dan hulle nekke om te draai, want dis goedkoper as om hulle met Swartklip Standaard kort .22 patrone te skiet.

Ek draai toe maar na my Engelse vriendin en sê “won’t you pass me my fucking shades, I can’t take this glare” en klem my tande om my bier.

Deel met jou tjommies!

    griffinDie einde van die wêreld (Of: ‘Die fokop met kettingwinkels’)

    Gooi Comment