Wat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

In wat krap jou deur griffinRek jou bek

wat krap jou?

kom huil op griFfin se skouer


krap

Wat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

Iemand het my onlangs gevra wie my probleme vir my oplos. Nog iemand het geskryf en gesê dat ek ‘n groot fokken skroef los het. Afgesien van die skroef probleem en ‘n plat beursie is ek oraait. Wat is jou probleem? Kom kla by griffin.

Vir vleis en drank…

Ons kyk vandeesweek na ‘n probleem wat menigte Suid-Afrikaners teister: drank. Ons land het net nie genoeg nie. Miskien koop ons te veel tanks en bomme en vuurpyle en helikopters en watse kak nog.Nietemin, Elegante Katanka het ‘n probleem en griFfin wil graag sy lyding verlig…
Liewe griFfin, Ek het ‘n moerse heavy probleem. Altyd as ek vleis saamvat na ‘n braai toe, raak ek getor voordat my vleis gaar is. Dan braai ek fokkol.

Dit krap my.

My een gabba, Duifmasjien het voorgestel dat ek slet baie ertjies eet voor die tyd, maar ek weet nou hy het kak gepraat. Die goed sit net in jou neus vas as jy vomeer. As ek net my rum saamvat , dig die chicks dit nie so kwaai nie.

Verder kyk ek altyd vir girls se pecks – is daar iets fout met my ?

Ek het al vir Moenie Worry Janson geskryf, maar hy ignore my soos ‘n tampon in ‘n gladde gwarra.

Shot vir jou speedy reply.

Elegante Katanka.



Beste Elegante Katanka,griFfin het self vir ‘n lank tydjie met hierdie einste probleem gesit. Soms ondervind ek dit steeds (soos byvoorbeeld die afgelope Saterdag – gelukkig het ‘n mede-padgebruiker my deur die venster reg gesien met ‘n PK).

Die probleem is dat jy te vinnig dronk raak as jy nie eet nie en jou lewer kan opfok. Ek weet dis lekker om om die vuur te staan en kak te praat (veral met rum), maar kry ‘n tipe hout wat vinniger brand sodat jy jou vleis vinniger kan braai en iets in jou maag kan kry.

Jou vriend, Duifmasjien klink vir my na groot kakprater. Waar de fok het jy nou gesien dat jy ertjies by ‘n braai eet? Hy moet sy fokken kop laaat lees.

Jy kan dalk ook probeer om jou drank te verander. Try ‘n bottel Blue Grass. Daar’s deesdae ‘n special by sekere drankwinkels waar jy ‘n 340ml Coke en ‘n glas verniet saam met die bottel kry (R29.99).

Ek het nie ‘n probleem dat jy vir girls se pecks kyk nie. “Pecks” klink net half soos bystekies. As dit die geval is, moet jy probeer om nie te veel met standerd 6 meisies uit te hang nie. Jy kan in groot kak beland (veral as jy elke keer dronk is in hulle teenwoordigheid).

Ek verstaan nie jou vergelyking met die tampon en die gladde gwarra nie. Dit maak fokkol sense.

Hou moed.

(deur griFfin)

(gedra jouself op drank. dis nie nodig om fokken goor te raak nie)

Laas week: Bosberaad

Smaak my meeste mense het probleme met seks. Gelukkig is hulle nie skaam om dit met ons te deel nie. Ons hou vandeesweek bosberaad met Jaap Uys. Hy’t blykbaar die grootste probleem sover. Lees en besluit maar self.
Liewe griFfin, Ek het ‘n groot probleem. Oraait, elke ou dink seker sy probleme is die ergste, maar ek scheme myne is erger as die meeste. Ek sal my storie kort hou.

Ek het iets wat ek vir my cherrie wil sê, maar ek weet nie hoe om die saak te benader nie. Verstaan, ek wil nou nie haar gevoelens seermaak nie, sy is ‘n ordentlike girl, en als. My cherrie het ‘n moerse hot lyf, en sy is gepas wellustig.

“What’s the problem,” hoor ek jou sê, maar wag. Die probleem is die volgende: My girl het ‘n bos, soos jy nog nooit gesien het nie. Ek bedoel, pubic hair is so seventies, en ek is immers ‘n ‘nuwe millenium’ man. En soos elke ander man hou ek daarvan om te sien wat ek doen. Die feit dat ek niks anders as die swartwoud kan sien nie, is nie die grootste probleem nie, daarmee kan ek cope.

Dis die wrywing wat my pla. Ek is seker elke warmbloedige man het in ‘n tyd van droogte al die kussing of die duvet nadergegryp, en homself verbeel dis Jennifer Lopez tussen sy lende. Goed en wel, dis normaal. Maar ek wonder of iemand al die Goldilocks staalwol gegryp het. Ek weet nie van ander mense nie, maar ek het wel. En glo my, die effek was maar so-so, en die gevolge op my manlikheid was skrikwekkend.

En om terug na my probleem te kom. My girl is moerse hot, maar om haar te service beteken jy moet niks minder doen as die goeie ou Goldilocks-roetine nie. Here, ek kan nie meer nie. Het jy al ooit gesien hoe lyk ‘n voëlkop wat deur die Moulimex-shredder-liquidizer is. As jy wil sal ek ‘n foto vir jou stuur. Maar ek dink dit sal mense in ‘n gestig laat beland.

Ek is raadop, help my. Ek het al geïnsinueer dat sy haar gwar moet skeer, maar sonder enige gevolge. Wat kan ek doen?

Help my.

Jaap Uys


Beste Jaap, GrifFin het groot begrip vir hierdie krapperige situasie waarin jy (of is dit nou jou zaber?) jouself bevind.

Ek hoop regtig vir jou part dat jy wel ‘n chick het. Vir al wat grifFin weet, het jy die Goldi-Locks scenario dalk te ver gevat. Maak eers seker dat jy wel ‘n meisie het en nie ‘n poster van Pomelo Anderson met Goldi’s al oor die gwarra geplak nie. Vir die doel van hierie oefening neem ons aan jy praat die waarheid.

Dit is my (en baie ander pornsterre) se oortuiging dat die swartwoud moet uitgekap word. Sy mag dalk nie van die idée hou nie. Either way: Die hare gaan waai! Probeer om dit ‘n spanpoging te maak. Kry cheap wyn en maak ‘n lekker speletjie daarvan. Kry ‘n ontharingsroom soos Imac en verwyder eers bietjies op ‘n slag. Maak byvoorbeeld ‘n punkstyl of teken ‘n ou man se gesig bo die bos. Die aim hieso is om dit prettig te maak. Julle kan natuurlik die hare gebruik om ‘n pragtige collage te maak ter herrinnering van hierdie romantiese gebeurtenis.

Wanneer alles oor en af is sal jou piel ‘n ander mens wees. Doos net om gods naam die Imac weg voor julle te dronk raak en besluit dat dit die perfekte lubricant is. Daai goed kan nogal ‘n kakshot brand. Jy sal sien dat dinge heel gladder sal verloop van hier af vorentoe. Dit kan actually in fact dalk te lekker wees en voor jy jou voël kan afvee sit jy met ‘n ander probleem: “Jy’s ‘n vroeë komkommer”. Moenie worry nie, ek sal jou met daai probleem ook kan help.

As jou meisie glad nie te vinde is vir my oplossing nie, kry ‘n ander een met ‘n beter lyf en ‘n gladder skyf. As jy nie ‘n ander meisie kan kry nie, doen die Pamela poster ding. Los net die Goldi Locks uit vir jou eie beswil. (‘n gladde gwarra is ‘n gawe gwarra)

griffinWat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

Gooi Comment