Kruger en sy miljoene

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur Skipper Glen)

kruger2Self is ek in die Transvaal gebaar en met die hand grootemaak en fokken arm natuurlik. My pa vertel my altyd hoe hulle vierur in die oggend in die ryp die koeie moes gaan melk, en elke dag net stukke koue pap geeet het – nie eers geld vir suiker nie (dank God vir Hertzog). Natuurlik met die nodige respek vir ons voorvaders. Om die spesifieke rede dat ek die volgende artikel skryf (eerste in ‘n reeks). Op 10 Oktober het ons Paul Kruger, laaste president van die Transvaal sy verjaardag gevier (al die ware Afrikaners sou dit natuurlik onthou het). O, wat ‘n formidabele man. Nie een bliksemse bang haar op sy kop nie …

Maar om terug te kom by die punt. Die legende van die Kruger miljoene. Die legende het sy ontstaan tydens die krugerTweede Vryheidsoorlog (Anglo Boereoorlog) gehad. In breë trekke lui die legende dat goudstawe en goue ponde tydens die oorlog in opdrag van president Kruger êrens in die Oos-Transvaalse versteek is, en sedertdien nog nie weer opgespoor is nie. Dit ten spyte daarvan dat menige avonturier al in die geheim, of openlik, daarna gaan soek het. Hierdie verborge skat sal in vandag se terme miljoene werd wees. Die legende het so ‘n groot inslag gehad dat daar in die sestigs ‘n fliek gemaak is oor die miljoene met Gé Korsten (RIP) in die singende hoofrol.

Op die vooraand van die soutpiel besetting van Pretoria in Junie 1900, is gesien dat ‘n aansienlike hoeveelheid goud , deur Transvaalse amptenare uit die Staatsmunt verwyder is en op ‘n trein na Oos-Transvaal gelaai is. Na die oorlog het veral die soutpiel pers ywerig tot die legende bygedra met berigte oor reusehoeveelhede goud wat president Kruger gesteel het.

Maar kom ons kyk na die feite:

kruger31. Met die uitbreek van die Anglo Boere-orlog het baie van die Transvaalse goudmyne tydelik hul produksie van goud gestaak uit vrees dat die goud dalk in die soutpiele se hande sou val. Die regering het egter besluit om self ‘n paar van die myne in stand te hou met die hulp van die sjokkelade smurfies wat nie van die soutpiele gehou het nie (hulle kon natuurlik nie Engels praat nie). Die goud is toe by die Staatsmunt in Pretoria gemunt en gebruik om die staat se onkoste te dek, asook om voorrade vir die kommando’s aan te koop. Die maandelikse opbrengs was ongeveer 80 000 onse goud.

2. Gedurende Mei 1900 het die Soutpielagte na Pretoria opgeruk en die ZAR-regering (lank lewe) het besluit om Pretoria nie te verdedig nie. Op die aand van 29 Mei 1900 het president Kruger en ‘n klein gevolg per trein na Machadodorp vertrek, en aan die Staatsprokureur, Smuts, opdrag gegee om te sorg dat die voorraad goud en ammunisie so gou moontlik ook na Machadodorp gestuur word.

Smuts het egter heelwat probleme met onwillige amptenare ondervind en kon eers op Maandag, 4 Junie 1900 met die goud vertrek. In daardie stadium het die soutpiele reeds die buitewyke van Pretoria beset en is die trein met Smuts en die goud daarop onder bomme gesteek terwyl dit na Sunnyside-stasie gestoom het. Gelukkig het geeneen van die bomme egter die trein getref nie (soutpiele kan mos net krieket speel).

Op Machadodorp aangekom, oorhandig Smuts die goud aan die Tesourier-generaal. In die volgende weke sou talle skuldeisers hulle kruger4by Malherbe aanmeld om hul geld te eis. Hierdie skulde is gedeeltelik in goud en gedeeltelik in papiergeld vereffen. Namate die voorraad goud minder geword het, is die gedeelte papiergeld vergroot.

Daar is egter streng boek gehou van al hierdie transaksies, asook van die presiese hoeveelheid goud wat uit Pretoria verwyder is, sodat ons vandag met sekerheid kan sê dat daar rekenskap gegee is van élke ons goud wat uit Pretoria geneem is.

In die jare sedert die Tweede Vryheidsoorlog het daar al meer as 50 soektogte na die goud plaasgevind. Sommige mense het selfs die beroemde Bourke’s Luck Kolgate en die Sudwalagrotte ondersoek in die hoop dat die Krugermiljoene daar versteek is, maar sonder sukses. Die boer is mos ‘n genie.

In 1992 berig die Rapport dat ‘n groep van 300 persone altesaam R3,7 miljoen belê het in ‘n trust wat hulself “Die Barbertonprojek-Trust” (BPA) noem. Die trust sou dan oor vertroulike inligting beskik dat die Krugermiljoene êrens in ‘n netwerk ou tonnels in die buik van ‘n koppie net duskant Barberton begrawe lê. Die koppie is blykbaar by die plek geleë waar Paul Kruger se spoorlyn doodloop en die trust het verwag om die “fabelagtige skat van goud, sterlingsilwer en diamante” voor die einde van 1992 te ontdek, en dan van al die aandeelhouers multi-miljoeners te maak. Niks het ooit daarvan gekom nie.

As daar dus mooi tussen die lyne gelees word, moet die goud iewers wees, en is dit dus nie net ‘n legende nie. Baie gulsige mense gebruik dit egter om geld te maak. Kyk maar na Doug van Egoli. Hy het dit Bigtime gemaak. So vat jou grafie en skoppie en begin grou.

Die legende leef voort.

Hierdie post is 7 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 76,760 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinKruger en sy miljoene

Gooi Comment