Hoeveel skille wil jy hê? (‘n Kortsigtige eensydige kykie na ‘n opgerevde Sondagprogram met Mags.)

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

Nul agt drie een twee vyf. Jy mag nie naweekminute gebruik nie. Die alombekende kenwysie speel en almal weet dis tyd vir “Wie wil sy naam poes maak” op M-Net Oopketel tyd.

Tien verdwaasde deelnemers sit op ongemaklike hoë stoele en waai een na die ander vir hulle familie by die huis. Eintlik waai hulle vir hulleself ook, want die program word Saterdag gefilm en Sondag kyk die ou dit saam met sy familie. Hy is mos op TV gewees en nou tape hy dit sommer ook op die videomasjien wat hy met sy R1000 prysgeld gekoop het.

Eerste word die uitdunne gehou om die bright spark te kies wat sy 15 sekondes van shame gaan kry. Rangskik die volgende om ‘n sin te maak: (1) Dom (2) Ek (3)’n (4) Is (5) Poes.

Helfte val hier van die bus af want hulle maak ‘n vraag in plaas van ‘n sin: Is ek ‘n dom poes? Die antwoord is wel ja. Die ander ouens kry dit nie betyds reg nie, behalwe vir ou Piet Poestertjie wat dit in ‘n flinke 9.85 sekondes uitfigure.

Moerse musiek, ‘n shot na sy vet vrou in die audience en hy stap na die spot-lig. Jeremy haak af met sy afgesaagde “Are you ready to make a million Rand”. (Duh, nee ek dink ek vat sommer nou die geld en fokkof, of kan ek ‘n vriend bel vir ‘n lift?). Ou Jer stel hom dan voor aan Suid-Afrika. “Hierdie is Piet Poestertjie van Vereeniging. Hy is ‘n spoorsnyer en sê as hy ‘n miljoen koppe wen, sal hy daarvan hou om Zimbabwe te koop omdat hulle ekonomie omtrent net so fucked soos sy eie logika is.”

Weer moerse musiek en dan die eerste paar vrae tot en met ‘n 500 skille. Snaaks dat Jeremy nog nooit na die eerste vraag vir iemand gesê het dat hy die antwoord na die break gaan gee nie. M-Net sal na daai een moet kyk, hulle kan vet zak maak uit advertensiegeld in daardie eerste paar minute.

So tos dit aan totdat die ou sy eerste lifeline op R1000 gebruik. Eers probeer die siel dit hardop uitredeneer (‘n ware teken van onnoselheid) voordat hy besluit om fifty-fifty te gaan. Jeremy haak dan af: “Computer, please take away 2 incorrect answers and leave one wrong answer and the correct answer.” Wie de fok is Computer? “Sekerlik ou maat, ek doen net gou ‘n disk cleanup. Ek’s nou by jou.” Steeds is Piet ge-baffle en dis tyd om die audience te vra. Ek wonder of hulle gescreen word voor hulle toegelaat word, want 95% stem vir die regte antwoord, terwyl die ander fokkers stem vir die antwoorde wat klaar weggevat is. Hy gaan maar met die audience en kry sy R2000.

Tyd vir 5000 skille. “Die Tweede Wêreld Oorlog was: A) ‘n Groot fokkop B) ‘n Groot partytjie C) Die begin van die Nuwe Testament D) Iets wat nooit plaasgevind het nie. Oops, tyd om ‘n vriend te bel. Vir wat? Sy vriend is ‘n aspirant-spoorsnyer van Fochville en sukkel om die grappies met die prentjies in die Hustler te verstaan. Na Piet die vraag drie keer herhaal, um en ah sy tjommie tot die foon uitsny. Hy besluit op ‘B’, want hy weet dat daar baie mense was. Tatta sy kans, tatta sy millions. Hy slaap op die couch vanaand. Hy’t darem genoeg geld om ‘n bruin papiersak vir sy kop te koop.

So gaan dit in dieselfde trant aan vir ‘n uur lank totdat almal uitgeboul is. Party is meer gelukkig as ander. Carte Blanché se preview kom op en die sein cut uit vir die minder bevoorregtes. Die wat DSTV het was in elk geval vasgenael voor een van die 50 channels en slaap rustig vanaand.

Deel met jou tjommies!

    griffinHoeveel skille wil jy hê? (‘n Kortsigtige eensydige kykie na ‘n opgerevde Sondagprogram met Mags.)

    Comments

    Gooi Comment