Die Pretoria skou (Twee jong dames se ontberinge innie wille weste van Snor City)

In Snotstories deur griffinRek jou bek

(deur PMS)

Ons het ‘n stalletjie gehad by die “Internasionale Pretoria Skou 2000”. Heavy duur: 8900 skille vir 12 dae. Daar is vir ons belowe dat daar 350 000 voete gaan deurkom. Waarvan 10 000 busse vol skoolkinders en gestremdes sonder koopkrag sou wees. Wat ‘n pot kak!

As die statistieke omgedraai was sal ek nie verbaas wees nie. Ons raai 50% skoolkinders, 10% gestremdes, 15% krimpies en 10% ander minder bevoorregdes. Dit los ons met 15%, waarvan 99% kommen klaslose vet mense was.

Om alles erger te maak, is ons produk nie een wat homself verkoop nie. Ons moes in die gange staan en met hulle praat, so veel as moontlik sien, want ons het mos baie betaal vir hierdie stalletjie.

Dit was ‘n martelende 12 dae wat ons daar moes sit. In die ogende was die gange vol van die eersgenoemde 85% en in die aande en oor naweke die ander 15%. Gypsy tekkies, wit moccasins, Tukkie (Mullet) haarstyle, dungaree’s, body suits, vet lywe met ski pants, nighties met slagspreuke, baie groot vrouens met baie klein mans in safari pakke. You name it, hulle was almal daar!

Ons opening line was: “Het jy ‘n printer by die huis meneer?” Van die fucked-up responses wat ons gekry het was:

* “Neeeee, ek het nie geld vir sukke goed nie!”
* “Dit is my printer” (terwyl hy sy hand wys)
* “Dit is my printer.” (ruk pen uit bo- of gatsak)
* “Hoekom, is dit verniet?”
* “Wat is ‘n printer?”
* “Spring uit my pad en vermy oogkontak!”
* “Ek glo nie in daai kak nie!”
* “Neeeee, kyk die grys hare. Ons te oud vir hierie goete!”
* “As ek dit nie met ‘n spanner kan regmaak nie, het ek dit nie”. (hierie ou het ‘n safaripak aangehad)
* “n Wat? O, ‘n drukker. Ja my vrou is my drukker!”

Bottom line: Ons beveel die plek vir niemand aan nie! O ja, en hou dop, ons sal binne die volgende 2 weke vir julle die foto’s vir Spec-takel stuur. Be warned, they might shock!

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Pretoria skou (Twee jong dames se ontberinge innie wille weste van Snor City)

    Gooi Comment