Wat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

In wat krap jou deur griffinRek jou bek

krapAlmal van ons het probleme. Jy het probleme by die werk. Dit gaan sleg op Varsity. Jy huil elke keer as jy kom. Jou maag raak seer as jy Noot vir Noot kyk. Die hare op jou handpalms wil nie verdwyn nie. Jy vloek kompulsief. Jy kan lepels met jou gedagtes buig. Jou meisie wil dit nie in die chutney hê nie. Jou boyfriend wil hê jy moet sluk. Jy het gister nog ‘n tong gehad, maar iemand het dit afgesny terwyl jy geslaap het. Almal vertel jou hoe fokken onnosel jy is. Die TV lisensie mense hou aan om jou op te spoor. Die stemme in jou kop wil jou nie uitlos nie.

Jammer om te hoor.

Stuur enige pyne grifFin se kant toe. Ek sal maak of ek belangstel en omgee. Let wel dat enige brief gepubliseer mag word. Daar bestaan nie so iets soos privaatheid nie, so fokken watch wat julle sê, ons weet waar julle almal bly. As julle vloek is julle innie kak. Gebruik mooi suiwer Afrikaans. Enige vrae is welkom. Probeer dit net korter as 200 woorde hou sodat die ander watkykertjies nie hulle arms af scroll wanneer hulle jou brief lees en vir jou lag nie. Hoe meer briewe, hoe beter. Daar word net drie per week gekies. Werk saam.

Ek wil nie my fokken tyd mors nie.

Laat die trane rol.

Brief #1

Dagsê al julle depressielyers en kleptomane (om nie eers te praat vannie anner nie). Ons praat hierdie week oor seks lyk dit my. Loslyf het vir my hierdie week ‘n baie oulike emosiebelaaide briefie ingestuur waarin sy haar probleme met die res van die watkykertjies deel:
My ou ketotter,My probleem is nie ‘n unieke een nie…

Ek is ‘n 22 jarige girl met oorgroot borste (nee, dit is DEFINITIEF nie my probleem nie!) wat klam lieste kry as sy jou geskrewe woord lees. Dit is nou al so erg dat my computer stoel verruil moes word vir ‘n ou muf plastiek tuinstoel (die nattigheid word dan mos lekker maklik opgevee). Ek het gisteraand as huldeblyk my middelvinger (nee, sommer my hele hand!) GriFfin gedoop. So ek gaan neer op my knieë vol carpet burns en smeek jou vir slegs een aand van cheap, meaningless fokken rowwe gemeenskap. Jy’t gesê jy sal help met ons probleme…(‘n stukkie oorspronklike prosa of poësie vanuit jou pen sal ‘n groot hulp wees)

Ek wag in spanning, my eiervrug

Liefde

Loslyf


Liewe Loslyf, GrifFin is jammer om van jou groot probleem te lees. Dit is wel nie ‘n unieke probleem nie, aangesien ek sukkel om ons honde van my bene af te hou en ek belowe ek vee mooi af.

Wat jou oorgroot borste aanbetref: Hulle behoort heel styf in ons watkykjy T-shirts te pas, so besoek ons Negosiewinkel en bestel sommer vandag een.

Die plastiek stoel is ‘n ja en ‘n nee: Dit vee wel makliker af, maar jy staan ‘n fokken groot kans om af te gly as jy al my kak lees en jou nek te breek of jou steakwatvirriepadkyk te kraak. Ons is besorgd oor ons watkykertjies en wens hul geen leed. So gaan haal maar weer die muf stoel (ek is nie seker of jy dit nou met een of twee f’s spel nie. Miskien het jy net ‘n spelfout gemaak) en probeer mooi stil sit soos ‘n soet dogterjie.

Die fokken rowwe meaningless gemeenskap klink glattie kakkie. Dis die cheap deel wat my pla. Kan ek vir jou ‘n posorder stuur vir R3-50?

Deel met jou tjommies!

    griffinWat krap jou? – weeklikse rubriek waar griFfin (gekwalifiseerde en gesertifiseerde skisofreen) graag hulp bied.

    Gooi Comment