Robbie Klay skop gat

In Snotstories deur Super Deluxe 30003 Eiertjies

robbie1Ek het onlangs ‘n draai gestap in die Jakaranda Sentrum en wat ‘n geluk toe ek op ‘n bobaas nuwe CD afkom soos robbie2gesing deur ene Robbie Klay. Nou vir diegene wat nog nie van Robbie Klay gehoor het nie – jammer om te hoor ou! Man ek sê vir julle hierdie oukie is ‘n leeu en nie net lyk hy fokken gif nie maar hy kan sing ook!!! Die album se naam is Tokolosh en ja jy’t reg geraai dit is daai liedjie wat hulle so baie op Radio Pretoria speel. Kyk ek is ‘n ou wat nogal hou van snaakse goed en dié song is snaaks. Het jy al gehoor hoe swartes praat? Het jy? Wel Gif-Robbie sing presies so in dié liedjie en ja dis fokken snaaks!

Die CD boekie is heel oorspronklik ontwerp ook met ‘n foto van Gif-Robbie wat ‘n klein leeuwelpie vashou. Robbie het ‘n rooi swetter aan en sy hare is in die nuutste 1986 pynappel-haarstyl (mullet) gekap. Zeffff! ek sê… dog stylvol. As jy die CD koop kry jy ook drie gratis screen savers vir jou rekenaar met kiekies van Rob en lirieke van sy liedjies.

Dit bring my by die liedjies op die album. Met great songs soos “Dasiefoutie”, ‘n “Bloubul” remix, “Kyk hoe lyk ons nou” van Steve Hofmeyr, ‘n duet saam met Jurie Els en “Free Electric Band” van xxx… noupraajy musiek! Giffie Klay sing ook ‘n liedjie saam met daai foefie met ‘n fluitjie, Simeon Hamman, oftewel Sonja Herholdt se seuntjie. Maar wanneer dit by haarstyle kom vat Robbie Lame die koek. Dankie sê ek vir die mense wat die visioen gehad het vir dié pragstuk Afrikaanse musiek. Dis right up there saam met Kielie my Mielie en Meraai se Hoener Pie. Wat kan mens nog sê?… Niks nie. Ek sluit af met hierdie momentale lirieke soos oorspronklik neergepen deur Danie Pretorius maar baie belangrik, gesing deur Robbie Klay…

Die Tokolosh hy ‘n loop by die nag / Net voor die hoenôr kraai

Die Tokolosh es ‘n baie te sterk / Haau die tokolosh is kwaai!   robbie3

Hy ruk hy rol / Hy twist hy jol / Hy maak hom die groot lawaai

Pasop hom vor die tokolosh / Net voor die hoenôr kraai!

Hy ‘n loop by die huis / Hy ‘n soeke die vleis / Hy ‘n praat hom die fanagalo

Hy ‘n kyke so rond / Hy ‘n skoppe die hond / Hy’s die lelike ding a jô-jô

Hy ‘n grype die kat / Hy knype die kat / Die kat sy sê: “Miaau!”

Sy oge hy brand / Ag liewe my land / Hy maak my te bang a jô-jô

Refrein:

Hau Tokkelossie (x16) robbie4

Hy ‘n pla hom die bok / By die kampe die bok / Ek hoor hom die bok hy sê: “Bêêêê”

Hy vat hom die tak / Hy slaat hom die dak / Ek skrik hom te veel amawê

Hy kom by die deur / Hy ‘n skoppe die deur / Die deur hy gaan sommer oop

Jy moet hom stil lê / Soos jy hom wil hê/ Die tokkelossie moet loop

(Poesie in mosie deur Danie Pretorius)

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 26,874 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Super Deluxe 3000Robbie Klay skop gat

Comments

  1. Prof. Bokdrol

    'n Geval van misguided justice – Danie Pretorius is die een wat eerder deur Jurie Els ge-buttfuck moes word vir hierdie musiekale fokken abominasie, nie arme Robbietjie nie..

Gooi Comment