Ode aan Sam – Deel II in die Ode aan-reeks

In Snotstories deur Super Deluxe 3000Rek jou bek

sab1Daar's heelwat dinge wat die tagtigs opgelewer het waaroor ons nou nog spyt is. Ek meen hoe gaan sab2ons nuwe geslagte in die oë kyk oor iets soos leg warmers, shoulder pads en snow jeans. Hoe verduidelik ons goed soos headbands, gypsies en wit hofskoene aan ons kinders. Helaas ons kan nie… Maar gelukkig is daar 'n handjievol dinge waarop ons werklik trots kan wees. Ek praat van die gloriejare van popmusiek. Dit waarvoor Pieter van der Lugt sy Voëlvry dae vir ewig verruil het en sy siel aan Huisgenoot verkoop het. Hey… ek was nie daar nie ek sê maar net wat ek al die jare in Pop-Opskop gelees het. Ek praat van popprinsesse soos Samatha Fox, Madonna (Like a Virgin) en Sabrina. Ons storie begin in Genoa, 'n klein dorpie in Italië, 15 Maart 1968 toe Sabrina Salerno skaam-skaam haar ogies oopgemaak het vir hierdie wye wêreld. Nes haar Europese spanmaat (Samantha Fox) het Sabrina op 'n baie jong ouderdom haar talente ten toongestel. 'n Wunderkind if you may… 'n tipe child prodigy. Sy was sestien jaar oud toe sy as Miss Liguria gekroon is waarna sy werk gekry het op die Johnny Dorelli TV program as vertoonmeisie (showgirl) en gasvrou. Haar eerste deurbraak het gekom in 1986 met haar treffer "Sexy Girl" en in 1987 het "Boys" nog beter gevaar. Daar was televisiefilms soos Professione Vacanze, Ferragosto OK en Tutti in Palestra. Haar eerste album takties getiteld "Sabrina" het ook in daardie jaar jillende skoolseuns hul sakgeld gekos. "Boys" het daardie jaar nommer een in Europa, Skandinawieë, Suid-Amerika en Australië (go figure) gehaal. sab3Uiteindelik in 1988 kom haar langverwagte tweede album getiteld Super Sabrina met die eerste single "Like a Yoyo". Die musiekvideo het 'n prentjie in my kop ingehamer wat ek tot vandag toe nie sal vergeet nie… Sabrina wat op en af spring en gepas sing "Like a Yoyo", dit was beautiful man. In 1989 tree Sabrina voor 50 000 brandarm dog jillende Russiese skoolseuns op in die Olimpiesky sab4Stadion in Moskow. Waar was julle? Stuck in Suid-Afrika nes ek en uitgelewer aan TV1 waar ons na Anneli van Rooyen in sequence op Muzic A la Carte moes kyk… Damn die Nasionaliste… damn! Arm Russiese skoolseuns verkoop hulle fietse 'n maand later om die video Sabrina Salerno Live in Moscow aan te skaf. Suid-Afrikaanse skoolseuns kry die video vyf jaar later in die hande weens sanksies teen ons en besef nie Sabrina is nie meer cool nie… Damn die Nasionaliste… damn! Soos vir baie ander popprinsesse (behalwe Patricia Lewis natuurlik) was die eighties die einde van 'n era… die laaste bladsy in hulle vol jeugdige boekies. Ja, Sabrina het wel voortgegaan maar helaas te gou het almal van haar begin vergeet. Sy is vandag nog besig… in fact verlede jaar het sy 'n nuwe album in Spanje en Italië laat los. Maar kom ons wees nou eerlik, watse kans staan sy teen Britney en Christina? Geen… Al wat ons oorhet het om te ontou is die halfnaakte kiekies aan die binnekant van ons kasdeure en 'n vergete gerekte tape tussen Technotronics aan die een kant en Kylie Minogue aan die ander. (Hou die Ode aan-reeks dop vir meer oor popprinsesse van die jare tagtig en negentig. Volgende keer… Kylie!)

Deel met jou tjommies!

    Super Deluxe 3000Ode aan Sam – Deel II in die Ode aan-reeks

    Gooi Comment