Die Wit Buffel val – ‘n kort en kragtige geval van ‘n KO met ‘n PK. (teen ‘n KS.)

In Snotstories deur Chopper CharlieRek jou bek

buffel1Ek sou daarvan hou om te kon sê dat die Wit Buffel na ‘n helddadige geveg vir die swaargewig wêreldtitel met grasie gesneuwel het. Dit klink mooi en almal hou tog van mooi goed. Die waarheid is natuurlik bietjie anders. Die waarheid is dat Lennox Lewis vir Francois Botha in die tweede ronde so hard gedonner het dat hy gat-oor-kop halfpad uit die fokken kryt gebliksem het. Hard. Die waarheid is ook dat Botha se laaste shot vir greatness nou basically verby is.

Dit was ‘n Saterdagaand en daar was groot boks om na uit te sien. Ek en my pa het verdraagsaam deur die kak voorfights gesit, ons verdraagsaamheid grootliks aangehelp deur ‘n bottel rum en menige Black Labels wat vinnig besig was om op te raak. Die kamstige Europese swaargewig kampioen van die Ukraine was veral teleurstellend. Alhoewel hy herinner aan Drago van Rocky IV (dieselfde meganiese Russiese gevoelloosheid) en fokken groot en mean lyk, sal hy heel moontlik kak teen ‘n competent bokser soos Lewis of Holyfield. Wys jou wat ‘Europese bokskampioen’ beteken.

Om ons verder op te psyche het ons ook na Botha se fight (op tape) teen Tyson in Januarie 1999 gekyk. Dis Botha se commendable buffel2performance in hierdie fight wat aanleiding gegee het tot sy shot teen Lennox Lewis. Teen al die odds het Botha op stadiums vir Tyson outbox, en gemanage om vir vier rondes te bly staan. Die probleem is egter dat as Tyson jou raakslaan jy gaan val, en dis ook wat gebeur het in die vyfde ronde. KO met ‘n PK, met komplimente van Tyson.

Terug na die main fight. Na die fighters se respektiewe entrances (en die profetiese ‘The Final Countdown’ wat Botha se song was) kry ek vir my ‘n vars Black Label. Kyk, ‘n man wil nie sommer van die aksie mis net om nog ‘n bier te loop haal nie. Verras was ek toe die manne teenoor mekaar staan en ek sien hoe poes groot Lewis eintlik is. Maar een ding moet jy vir die Wit Buffel gee – die man se hart is reg. Terwyl die ref met hulle praat (en die fighters mekaar se colours check), kyk ek vir Botha se oë en dit sê net een ding: ‘Ek’s skrik jou fokkol, ou.’

buffel3Klang-klang. En die manne kom voel-voel uit, Botha die heel tyd op die agtervoet. Lewis is duidelik aan die stuur van sake, soos hy bewys met ‘n vroeë fuck-off regter wat Botha gevaarlik laat steier. So ‘n rukkie hou die belaglike kat-en-muis speletjie aan tot in die die tweede ronde. Lewis besluit dis tyd en haal vir Botha uit met ‘n regs-links-regs kombinasie van klipharde PK’s. Soveel dat Botha soos ‘n vrot vel deur die toue val en wankelrig op die count van ses opstaan. Skeidsregter Larry O’Connel kyk die Wit Buffel diep in die oë en besluit dis oor. Niks meer nie en Lewis bly die champ.

Vir die soveelste keer teleurgesteld daardie aand het ek na my halfvol Black Label afgekyk en innerlik geween vir die soveelste val van die wit Afrikaner. Nog ‘n Great White Hype op sy knieë, en die term ‘white heavyweight contender’ lyk meteens soos ‘n wrede grappie.

Tot siens, Wit Buffel. Ons sal jou goeie hart mis.buffel4

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieDie Wit Buffel val – ‘n kort en kragtige geval van ‘n KO met ‘n PK. (teen ‘n KS.)

    Gooi Comment