Check hom

Yardbird deur Michael Spiccia

In Saterdag Shorts deur griffinRek jou bek

yardbird michael spicciaA meisie met ‘n geheime verlede moet na vore tree om een van die dorp se boelies op te fok met die wapen waarvoor sy die bangste is – haarself. Hierdie short film het die potensiaal om in ‘n befokte vollengte film omgesekp te word.

Australiese director, Michale Spiccia het reeds op 21-jarige ouderdom naam gemaak as ‘n senior designer by agencies in die UK waar hy te doen gekry het met baie musiek en film directors. Hy het mettertyd sy aandag meer by film begin vestig en ‘n hele string befokte TV commercials gemaak. Sy interests het oorgespoel na die langer formaat van video (langer as TV ads in elk geval) en sy eerste short, Yardbird was in 2012 by Cannes genomineer en het ook met die prys vir beste Live Action Film gewen by die Sydney Film Festival awards.

Deel met jou tjommies!

    griffinYardbird deur Michael Spiccia
    Check hom

    Ninjas is die shit!

    In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

    Paspoort gestamp, donner ons een Saterdagaand Tjoerras toe om die Black Cat Bones te gaan check. Ons bra, Bheki, het so week of wat gelede by ‘n Wolmer party vir die eerste keer in sy lewe die Bones live gesien en soos dit nou maar die geval met meeste Bones virgins is, is eenkeer nooit genoeg nie.

    Hy het iewers die CD in die hande gekry en wou met alle geweld weer Andre Kriel se kitaarsnaar in lewende lywe ervaar. Bkeki het soos ‘n mal marabs uitgefreak – al was dit in Cafe Barcelona waar jy hoofsaaklik op jou gat moet sit en luister. “Black Cat Bones Bru!” tune die man en hy het dit seker 750 keer die naweek herhaal.

    Die plan was actually om Bittereinder se album launch by Arcade te gaan check. Noddefok. Bheki wou Bones kyk en dit was nou maar so. Veertien tequilas en ‘n Bones T-shirt  later (die nuwes designs lyk befok) kon ons uiteindelik die bra by die bar weglok. Ons was net betyds vir Bittereinder se set en hoewel die ou tunes befok geskop het, was van die nuwer stuff dalk bietjie te veel aan die elektro kant vir ons ouer manne.

    Piele jol overall, en credits vir die Arcade bar staff. Die plek was packed en ek kan nie dink dat ons ooit moerse lank vir ‘n dop moes wag nie. Bheki paas toe na die tyd sommer agter op die bakkie uit en so appear daar, out of fokken nowhere, ‘n Ninja. Sy was lank, sy was slank en het soos soos ‘n lentebriesie wat vir so halfuur in ‘n moshpit was geruik. Sweaty en nice all rolled into one. Al wat ons nie vandag weet nie is hoe sy in die double cab beland het.

    Wat haar laat besluit het om ‘n lift saam ons te vang het net bevestig – sy was Ninja delux my bra, ‘n tjerrie met ‘n lus vir avontuur. Sy sê toe sy woon in Waterkloof en studeer iets moerse belangriks by Tuks. Skat haar seker so 21, 22 en duidelik ‘n getroue lid by die local gym want sy is, nes die original Kortbroek, soos ‘n township brak gebou.

    By haar huis gestop, lekker gevry en voor ons kon sê nipplestand toe scale sy die muur (met electric fencing) soos net ‘n Ninja kan. Ja, ek was so bietjie aan die dronk kant van die game, maar dit was beslis meer as sesvoet. Fokkit dit was iets om te beleef! Die sprong was so effortless, so elegant, so Ninja ek wens ek kon dit op Youtube gooi.

    Op die punt van Ninja’s kom ons praat gou so stukkie rappie. Nuweland sal voortaan as Ninjaland bekend staan.

    Elke keer as Cheslin Kolbe aan die bol vat maak drie outside defenders hul broeke so bietjies bietjies nat. Om te side-step is een ding. Om dit teen 190km/h te doen is totally Ninja vibes. Pure Bok, my bra!

    Die Lions is beswaarlik doosbly Gio Aplon jol deesdae oorsee. Province sou meer spoed as ‘n 90’s rave party gehad het as Appels ook daar was en kom ons wees eerlik, die so-called nuwe style of play wat ons die laaste tyd op Ninjaland gesien het was aansienlik beter as enige iets wat in Super Rugby gebeur het.

    Enter Ninja 2: Seabelo Senatla. Nog ‘n sevens-produk en nog ‘n man wat soos ‘n nat gwar verby verdedigers gly. Senatla is alles behalwe ‘n slak en tussen hom Kobus van Wyk en Kolbe is die Ninja back-three mooi gebalanseer. Nic Groom like ook van Ninjabombs rondom die ruck fringes gooi en as daar ooit ‘n Ninja leier aangestel moes word, het Scarra Ntobeni dalk net die job gekry aangesien hy ook deesdae orals appear waar niemand ooit geskiem het hy gaan wees nie.

    Tog kan daar in Ninjaland genip word voor die game. Boys, twee finals in die Kaap in twee jaar is befok, maar as ons volgende jaar moet praat van twee Province chokes in ‘n ry gaan julle noddefok weer saam met ‘n Blou Bul kan braai nie. Nie dat mens in any case in die Kaapse wind kan braai nie. But hey. Die belangrikste game van die seisoen is so half die belangrikste. In die tweedewêreldoorlog het ons gesien hoe die Yanks die Ninjas met ‘n atoombom moes uithaal.

    Die Lions vlieg so een af en sy naam is Jako Kriel. Kriel laat my soms aan oorlede Ruben Kruger dink. Never-say-die attitude, hande wat kan paas en ‘n duikslag wat jy twee dae na die tyd nog gaan voel. So gevaarlik soos die sewes manne wat spoed het is, is daar ook net soveel gevaar in ‘n sewes voorrie soos Warren Whiteley. Die Lions kaptein speel ‘n shot en is ‘n inspirasie vir al sy forwards. Dit is asof die Lions in 2013, toe hul nie kon Super Rappie jol nie, net skrums in hul training sessions gedoen het.

    Donner, dit gaan dalk net een van die lekkerste finals in jare wees en ons het mos nou gesien Katrakielies en Bossie maak uit van skepskop. Maar as ons nou oor die jaar se rappie terug kyk, was dit alweer ‘n geval van useless refs wat die game vir ons almal kakker gemaak het. Kom ons hoop dit is nie die geval nie. Kom ons hoop die beste span wen vir ‘n slag en die ref het niks met die score uit te waai nie.

    Intussen kan julle die ou classic gaan luister. Dit was toe een span die Currie Cup in 1950 gewen het:

    My drank word warm, check julle by die game.

    Deel met jou tjommies!

      Kaptein KortbroekNinjas is die shit!
      Check hom

      Press Record – Nuwe doccie or local musiek

      In Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

      Die aanvanklike idee was bloot net om met die kwaai oom van Idols, Randall Abrahams (hy is toe actually moerse nice), te gaan chat oor musiek, maar toe kom die idee op om sommer ‘n hele doccie reeks te doen oor die local music industrie. Daar is seker at least een mens daarbuite wat wil weet hoe dinge werk binne ‘n record label, so ons gaan oor die volgende paar maande bietjie tyd spandeer by een van hierdie plekke en by so paar ander mense en bands ook aanklop met so paar vragies. Ons het besluit om dit Press Record te noem. Heel fokken eenvoudig. Druk die fokken rooi knoppie. Ons sal try om die episodes nie langer as 8 minute te maak nie – die average tyd voor ‘n ad break op TV inskop voor jy moet gaan pis of tee maak vir jou goose…

      In die eerste episode het ons so paar algemene vrae na Randall se kant gegooi en met die volgende episode sal ons bietjie kyk na vinyl en die dood van music channels op TV.

      Deel met jou tjommies!

        griffinPress Record – Nuwe doccie or local musiek