• Jy is waterkoppie nommer sedert 1 Maart 2008. Kap 'n dratie.

Bizarre Bedonderde Donderdae – Watkykertjie kompetisie

Gewoonlik neem dit ons amper 'n dag om een van hierdie outjies vir julle te maak en ons was nogals fokken besig die laaste maand en 'n half. Dis nie die maklikste ding op aarde om te doen nie. Ons het begin timmer aan die nuwe outjie toe daar weer iets voorval. Check, ons kan hom klaarmaak, maar dit sal half stupid wees om dit op 'n Vrydag uit te sit, so hier is die deal: Ons looi julle volgende Donderdag weer met 'n lekker een en hierdie keer moet julle een maak. En ook nie vir fokol nie. Kom ons maak dit sommer 'n kompetisie.

Die wenner van die beste Bizarre Bedonderde Donderdag video sal 'n lekker klomp CDs wen, waarvan The Great Gatsby se sound track een van die pryse is (die movie begin more in SA wys en ons stick sommer by die theme van ou movies). Ons sal nog so vier befokte CD's kies om deel te maak van die package vir die main konyn en vir tweede en derde plek ook elkeen 'n CD pos. All-in-all so R1000 se pryse min of meer.

Hoe skryf jy in? Ons het klaar 90% van al die werk vir jou gedoen. Al wat jy moet doen is om ons half-gemaakte video hieronder te download (gebruik iets soos Keepvid) en jou eie stemme en so paar extra sound effects by te sit om 'n storietjie te maak. Jy upload dit weer na YouTube toe en mail vir ons die link.

Die entries moet ons voor einde Woensdag, 5 Junie bereik en ons sal die wenner se video op 6 Junie post saam met ons eie een. Pismaklik. Of is dit? Nou kan jyself sommer kyk watse graft in so iets ingaan. Have fun, jy het twee weke!

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Bedonderde Donderdae, kompetisie | 2 Comments

Watkykjy nuus round-up. Week 19.

Onderwyser geskors ná hy meisie met piesang klap
‘n Onderwyser, Jonathan Hampton, in Florida is vir ‘n paar dae geskors nadat hy een van sy vroulike studente na bewering met ‘n piesang oor die kop en nek gestreel het.

suig daai piesangDis ‘n risky en stupid move onder enige omstandighede wat nié binne jou huis en/of met jou chick/vrou is nie. Mense kyk neer op sulke kak. Maar as jy ‘n onderwyser is, kan jy dit seker regverdig deur te sê jy’t haar probeer wys hoe vrugte ruik (Chemie of iets), of jy wou vir haar die stingel wys (Biologie) of jy’t haar probeer leer om “Coco Cabana” reg uit te spreek vir die koor finals deur die uitspraak van “Banana!” in haar in te bliksem (Musiek).

Maar hier’s die kicker. Hy was besig om ‘n klas te gee oor Freudiaanse sielkunde. Jissis.

Vir dié van julle wat nie weet nie, Freud was nogal into simbole wat betref seksuele behoeftes en ondertone en sulke shit. Gaan soek dit bietjie op.

Nou, dat hy kon dink dis nie in die minste bietjie onvanpas om dit te doen nie, is ongeloofwaardig. Om ‘n onderwyser te wees moet jy seker ‘n IK van hoër as 50 hê. Hoewel, nou dat ek daaraan dink, meeste van my laerskoolonderwysers was alkies. Veral die ou wat my boekrak met ‘n blokhamer stukkendgebliksem het in Houtwerk. Fokken poes.

Anyway, die ou se lawyer tune dit was bloot ‘n piesang wat hy oorgehad het van lunch en hy wou die girl wakker maak met die ding want sy’t nie aandag gegee nie. Ja fokken right.

Die ou was ook voorheen onderwyser van die jaar by die betrokke skool.

Nou ja, daar het jy dit. Moenie enigiemand wat goed is in enigiets vertrou met enigiets nie. Veral nie vrugte en jou kinders nie.

Vir die van julle wat nog sukkel met wat die probleem is – ‘n piesang lyk nogal soos ‘n erekte voël. Wooah. Freaky. – Huffington Post

Man wat spook wou vang bust sy rondnaaiende chick per ongeluk met kamera
Julle maak uit van daai “Paranormal Activity”-flieks, né? Die eerste een was nogal poes scary. Basically is dit ‘n paartjie wat reken daar’s ‘n spook in hul huis, dan sit hulle videokameras oral op om dit af te neem en die results is broekpiswekkend.

So het ‘n bra in Tasmanië (daai plek wat op ‘n kaart lyk asof Australië ‘n kotsvlek in die oseaan gelos het) besluit hy gaan dieselfde probeer doen. Hy’t toe ‘n videokamera in sy kombuis staangemaak.

Hy het geen spoke vasgevang op band nie. Hy’t wel iets veel erger gesien.
rook hom spokie
Sy chick wat met sy seun vroetel.

Nee, jissis! Dit kan darem nie vir jou ‘n lekker gevoel wees nie.

Die chick (oftewel “partner”) is 28 en die ou se laaitie (by ‘n ander vrou, obviously) is 16. Op die video het hy gesien hoe hulle vry en cuddle. Hy’t die vrou toe gekonfronteer (groot woord vir “Wat in die fokken duiwelskont fokken doen jy fokpoesdonnerhoerfokghaaaa!” sê). Sy’t eers getune dis nie ‘n big deal nie, maar die laaitie het erken hulle het al drie keer gezaber.

Sy’t blykbaar gedink 16 is die age of consent. O, wel, okay, dan’s als reg. Lekker dag verder.

O, nee, wag. Sy’s skuldig op vyf strafregtelike aanklagte en word binnekort gevonnis.

Miskien sal hulle almal eendag as ‘n gesin oor die gebeure lag wanneer hulle rondom die krismisboom ou staaltjies vertel.

Miskien fokken nie. – The Mercury

Inbreker stop mid-chase vir ‘n bier of twee
‘n Ou het by ‘n huis in die suide van Florida (dafuq gaan aan in Florida deesdae?) ingebreek en ongelukkig vir hom het ‘n buurman dit gesien. Die cops het binnekort opgedaag en die ou het laat spat. Hy’t deur die buurt gehol en oor ‘n klomp heinings gespring terwyl die pote hom agternagesit het.

Wat sou jy doen in so ‘n situasie? ‘n Wegkruipplek probeer vind waar hulle jou moeilik sal opspoor? By ‘n ander buurt probeer kom waar jy makliker kan verdwyn? Ander klere probeer kry sodat jy inconspiciously kan rondmission? Tydens die chase by nog ‘n huis se stoep ophardloop om bier te steel?

As jou naam Andrew Robert Fatzinger is, het jy die laasgenoemde opsie gekies. Dan is jy ook nou in die tronk, jou dom naai. Nie álles is ‘n 90’s video game nie, jy kry nie extra life points of iets as jy bier swipe in versteekte hoekies nie.

Die arme Fatzinger is gebust nog voor hy die biere kon drink. In die huis wat hy probeer rob het, het hulle gevind hy’t basies die plek opgefok, mosterd oral uitgespuit en ‘n bietjie electronics gesteel.

Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… hy’t ernstige sielkundige probleme.
YEEEEAAAAAAH! – NBC Miami

Holy shit, ‘n bok wat beatbox!
Fok Idols en fok die Springbokke, check hierdie kak. Ons by Watkykjy probeer ‘n gig by die FNB Stadium reël vir hierdie bok. Sorry, die Beat Bok. Bedank ons later.

En nou vir jou nuus-oomblik van die week:
Check, almal weet Wolf Blitzer is 'n blazing idiot, maar jirre, hy't sy naam hierdie week met 'n 2×4 geslaan. Seker een wat hy na die moerse Tornado in Oklahoma opgetel het:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Wat is nuus? | 2 Comments

Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!

Ons het hierdie vir so paar mense gewys. Baie van hulle het iets te sê gehad oor die chick se skoene of die bike en die tiete heeltemal gemis. Hulle sit seker nou mekaar se piele ook en suig. Check hierdie video uit. Ons kan nie guarantee dat dit lank op YouTube sal bly nie.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken main videos | 6 Comments

Phuket, maar Thailand is kaklekker! (deel V)

Hierdie is die heel laaste aflewering oor Phuket, Thailand. Jy kan die eerste vier dele hier lees:
Deel 1
Deel 2
Deel 3
Deel 4


rock cityBangla road in Phuket is waar al die wilde dinge in die aand gebeur. Dis toevallig ook waar jou hotel se shuttle jou elke dag drop as jy uitmission vir shopping. Jy world elke dag voor Rock City gedrop. Die laaste bussie se trippie fokof 21:00, so jy sal so tussen 21:15 en 21:30 daar uitslaan. Meeste van die action gebeur eers hier na 22:00 se kant, so hier is vir jou 'n cool tip as jy eventually besluit om 'n ping-pong-poes show te gaan kyk: vat die laaste bussie uit en gaan klap so paar drinks by die naaste bar. Check, al die shows is "verniet", jy moet net vir jou eerste drink deur jou hol betaal. Dit kan wissel van enige iets tussen R100 en R200. Dis beter om eers vir cheap gekettie te raak voor die tyd.

As jy in Bangla road afloop see se kant toe, klap 'n regs in by Soi Eric. Dis omtrent reg oorkant Tiger (sulke moerse fibre glass tiere wat op die mure en dak chill – jy kan die nie fokken mis nie). Hier is waar al die lelike en mooi dinge gebeur en waar menigte alleenlopende Afrikaanse dudes al tien teen een vir chicks met zabers drinks gekoop het.

Wees gereed om deur hordes mense (en chicks met piele) lastig geval te word om hulle sex shows te gaan kyk. Kyk met jou ogies, want as jy die flyer in jou hande neem word dit as 'n go-ahead beskou en hulle sleep jou daar aan jou arm weg die donkerte in. Die "menu" lyk gewoonlik omtrent so iets:
patong
Lekker, huh? "Pussy cut banana". Knyp daai outjie af! Om-nom-nom!

Jy kan seker maar enige plek in Soi Eric kies om een van die pussy shows te gaan kyk. Hulle bied almal min of meer dieselfde waarde vir geld vir al die poes tricks. Ek en die goose het ge-settle vir 'n plek wat half links, agter in die hoek weggesteek is. Die aptly named The Secret. Dis een van die nuwer Gogo clubs en van 'n hoër standaard. Met hoër standaard bedoel ek maar net eintlik die girls is effens mooier en jonger. Make no mistake, die berghekse maak ook deel uit van die show. Jy het by enige respectable Gogo bar 'n gesoute gwap of twee (sorry vir die aaklige, graphic, intended pun) nodig om die next level tricks te doen. Daai tannies doen maar hulle rondtes by al die pussy circuits in Patong. Dit sit nie sommer enige iemand se broek om goeters in hulle geboortetonnels op te druk nie. Wel, nie vir lank nie. Wat ingaan, kom eventually weer uit…

The Secret pride hulleself daarop dat hulle models al die pad van Bangkok inkry vir hulle dance shows. Dis nou chicks wat tussen die ander shows op stage klim in allerhande skimpy outfits en soortvan 'n striptease gooi. Met poesharde musiek en baie ligte. In die meantime drink jy fooookken stadig aan daai duur drankie van jou, want dit moet omtrent 'n uur lank hou. Jy kan langer bly as jy wil, maar op 'n stadium begin die show repeat. Dis ook nou nie asof die show jou gaan jags maak nie. Miskien net die dans gedeelte. So kwart boner miskien.
the secret
Die dansgedeelte van die show hou nooit te lank aan nie. Dis eers tyd vir een van die ouer chicks om 'n show te gooi en dis nou min of meer hierso waar jy moet ophou lees as jy maklik mondkatjies maak of maklik nagmerries kry oor monstergwappe.

'n Gawe tannie verskyn op die catwalk en los die dansers af. Sy glimlag vir die audience (wat almal fooookken stadig aan daai entrance drankie drink)  en dans effens rond. Sy trek haar panty uit en buk oor met haar besigheid na almal se gesigte gedraai. Kief, sy't  at least 'n poes. Stadig begin sy 'n string blomme uit haar koek te trek. Eers so paar sentimeter en dan omtrent 'n meter. Van daai blomme wat jy in Hawaii om jou nek kry om jou welkom te heet op die eiland. Interesting. Lyk of sy nogal spasie in daai bonnet het. Sy druk die blomme weer terug waar sy hulle in die eerste plek gevind het en verdwyn van die stage af.

Die dansers keer terug in duiwelspakkies met sterte en vat aan mekaar terwyl 'n rookmasjien en tos musiek opmaak vir die res van die ambience. 'n Maer chick met 'n manga kuif maak haar verkyning in onderklere. Haar skouers hang effens – asof sy sopas 'n hele week vir The City Of Joburg se call centre telefone moes antwoord. Sy blaas haar kuif uit haar gesig (dit val terug), trek haar panty unseremoniously uit en rol dit om haar pols, soos 'n hair band en druk 'n fluitjie in haar poes op. Dit lyk soos een van daai's waarmee Elmer Fudd altyd eende mee probeer vang op Looney Tunes. QUAACK! blaas haar poes die flutjie. Sy draai na die ander deel van die audience. QUAACK! vir elke hoek van die audience. Ons vat elkeen 'n moerse klein slukkie van ons duur drink en klap hande. Oulik, hierdie poes tricks.

Bangkok se dansertjies kom weer uit. En hier moet jy nou maar besluit of jy heel voor wil sit en of jy die show vanuit 'n donker hoekie wil bespied, want die theme is laundry. Hulle trek een van die voorste manne op stage saam met hulle. Omdat elke twee uit drie mense 'n Australiaanse toeris is, is hierdie ou noodwendig ook 'n Ozzie. Die chicks is in wit lingerie en maak die ou op 'n stoel sit. Hulle gooi 'n handoek oor sy crotch en begin die ou se klere uit te trek onder die handoek. Eventually sit hy net daar, in sy sokkies met 'n towel oor sy toggos. Die girls trek hulle tops uit en begin die ou se gesig te brei met hulle tiete. Elke nou en dan loer hulle onder die handoekie in om te kyk of die man al 'n Jakob Regop het. Dan lapdance hulle die kak uit hom uit en los hom net so op stage. Met 'n hopie klere langs hom en 'n tent waar sy towel was. Skaam gryp die ou sy bondeltjie klere en hardloop kakhuis toe om aan te trek terwyl sy groep tjommies en die res van die audience vir hom sit en lag…
the secret dancers
Skaterlag word vinnig vervang deur 'n silence en dan weer musiek soos die ou, glimlaggende tannie weer haar verskyning maak. Obviously is die vraag op almal se lippe wat sy volgende uit haar hasie gaan ruk.
Yay! Skeerlemmetjies! Sommer so 20 Minora blades aan 'n toutjie word stadig uitgetrek en dit voel of iemand agter in my nek afsny met dieselfde lemmetjies soos 'n rilling my tref.
"JARRRE!" hoor ons uit so paar hoeke uit.
Aha, lyk my hier is so paar ander Afrikaanse mense ook vanaand teenwoordig. Nouma welkom, ouens. Welkom hierso by die sif poestricks aand. Trek 'n stoel nader. Daarsy! Vat 'n sluk, laat ons boekevat.
Net vir ingeval iemand dalk "bullshit" wil skree, gryp sy iemand voor die stage se strootjie uit sy drink en sny dit op in sowat agt klein stukkies. Dis regte egte egte lemmtjies wat daar versteek was.

Die tannie fokof weer en jy skiem die mooi chicks gaan nou seker weer iemand se peester kom streel. Nope, ou moeg-vir-die-lewe-Manga-kuif is weer terug. Met min of meer dieselfde entoesiasme draai sy weer haar panty om haar pols en hou 'n eier uit na die audience toe. Nie vir lank nie. Dit verdwyn in haar wolbeursie op. In en uit. So paar keer. En weer in. Dan lyk dit of sy posisie inneem om push-ups te doen, maar sy slaan haar koek so paar keer kakhard teen die vloer. WAP! WAP! WAP! En haal die eier ongedeerd uit. Almal slaak 'n sug van verligting. Die eier het dit gemaak! Yay!
*klap hande met twee vingers teen die palm asof jy by die opera is*
soi eric
Dit lyk of dit vir haar nogal intense was, want sy steek twee sigarette op en mors geen tyd om op haar rug te gaan lê nie, bene wyd oop en maan toe gepoint terwyl sy beide sigratte met haar vleismango rook. In fact, sy double clutch dit en blaas kringetjies. Sy het mos lippe. Dit trek so hoofletter 'O'. Ek kon nie eers 'n sigaret so rooi kool laat trek het in eerste pouse op laerskool nie. Respect!

Sy word weereens deur die ouer tannie afgelos wat nou ewe skielik crowd participation soek. Gelukkig word ons mis gekyk en drie Japanese meisies wat nog heel aand voor sit en giggel volunteer sommer. Hulle moet net gou vir tannie elkeen 'n ballon vashou bo hulle koppe sodat tannie dit met pyle kan uitskiet. Teen hierdie tyd hoef ek seker nie te mention dat sy die pyle by haar poes uitskiet nie. Pop! Pop! Pop! Sukses! Applous! Hierdie trick word so paar keer herhaal deur ander mense uit die audience te trek. Smaak my dis 'n wenner, hierdie ballon storie.
*maak nota vir kinderpartytjies*

Terwyl sy afkom loop die chick wat heeltyd die panty om haar pols oprol op. Sy het 'n buddie Coke botteltjie vol water in haar een hand. Almal weet teen hierdie tyd dat sy daai water nie gaan drink nie. Nie met haar mond nie, in elk geval. Gloeb-gloeb-gloeb! borrel die lug soos sy opgevul word van onder af. Dan kom alles uit in 'n glas. Maar nie water nie. Coke (so hoop ons). Dis asof haar vleismango 'n David Blaine op sy eie is. Vir good measure kry sy sommer ook so paar ping-pong balle wat sy netjies laat bons in drie drinkglase wat op 'n ry op die verhoog staan. So meter weg van haar af. Amazing kontrole wat sy tentoonstel met haar steakwatvirriepadkyk.

the secret 2Die dansers is weer aan die beurt en trek 'n audience member in hulle rigting. Hierdie keer laat hulle die drommel regop teen 'n stripper paal staan en die gehoor face. Hulle bump en grind teen die ou se voorkant. Smeer hom met tiete van alle kante af en toe sy klein toeris net lekker op aandag kom, pluk hulle die arme man se broek en onderbroek af tot op sy enkels waar hy confused vir 'n paar sekondes staan met die groot horlosiewyser op twee uur – optimale angle reguit na die gehoor gepunt. Fokken blaaint. Jy wil mos voor sit. Kry vir jou!

Teen hiedie tyd was ons randerekker drankies klaar, die show het homself begin herhaal en ons het 'n rustige halfuur stappie teen die kus af terug na ons hotel toe geneem.

En net oor poes gepraat…

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories, travel | 1 Comment